Psalm 5

 

The upright soul is constant in his profession, and does not change his behavior according to his companions. — George Swinnock

 

Psalm 5

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.]

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Hoe moet ek reageer as mense my deur misleiding en bedrog afkraak? Hierdie psalm stel ‘n manier voor waarop ons kan bid. Hier is geen aanduiding van die persoon vir wie gebid word of van die konteks nie. Vers 4 mag aandui dat hierdie ‘n oggendpsalm is.

 

5:2 – 3: Hierdie pleidooi bestaan uit woorde wat gehoor kan word: Luister tog … verstaan … slaan ag op. Dit gaan nie hier oor innerlike nadenke nie, maar die psalmis skreeu om hulp. Hy kan dit doen, want die Here is my Koning en my God. As die Here Koning is, is ek sy dienaar en staan onder ‘n sekere verpligting.

 

5:4 – 8: Ons kry nou ‘n belydenis van vertroue in God en sy oordeel. Die psalmis se situasie word eers later vir ons duidelik. Die Here hoor die psalmis nog voordat hy Hom aanroep: in die oggend hoor U my stem. In die oggend lê ek my saak aan U voor. Die oggend was natuurlik een van die tye wat daaglikse offers en gebed gebring is. Dit was ook die begin van ‘n nuwe dag met al sy probleme.

 

In vers 5 – 6 lees ons van almal wat onreg pleeg. Hulle kan nie die Here soos die psalmis nader nie. God duld nie goddeloosheid en boosheid nie. Die Here verdeel ook grootpraters. Mense kan baie skade deur hulle woorde aanrig. Mense se woorde van veroordeling kan mense uit die samelewing druk; God se veroordeling lei tot vernietiging en verwerping. Maar die psalmis kom na God se huis op grond van u oorvloedige troue liefde.

 

5:9 – 10: Die psalmis is bewus daarvan dat die Here luister na gebed en dat Hy teen mense wat verkeerd doen, is. Dit lei tot ‘n spesifieke pleidooi. Die psalmis is bewus dat hy teenstanders het. Daarom sy pleidooi: lei my deur u regverdige optrede, maak u pad voor my reguit. Die psalmis spel nou die implikasies vir hierdie teenstanders uit. Hulle is boos deur en deur. Daar is niks betroubaar in hulle woorde nie; hulle binneste huisves vernietiging, hulle keel is ‘n oop graf, hulle tong praat vleitaal.

 

5:11 – 12: Die psalmis begin met ‘n pleidood dat God sy teenstanders sal laat boet – laat hulle deur hulle eie planne tot ‘n val kom. Hulle moet vir hulle baie oortredings betaal. Hoekom? Hulle aanval is nie net op mense nie, maar hulle is teen U in opstand. Maar die psalmis volg dit op met ‘n pleidooi dat almal, nie net die psalmis nie, wat by die Here skuil, bly sal wees.

 

5:13: Die psalm het na ‘n situasie waaruit die psalmis gered moet word, verwys. Die Here sal alle regverdiges as ‘n skild omring… met welwillendheid.

 

Wat leer ons uit hierdie psalm? As ons onder druk is, kan ons ons na die Here draai. Jy kan Hom vra vir verlossing en seën vir jouself. Die psalm aanvaar dat ons vir God kan sê wat ons wil hê. Dit is beter om ons begeertes uit te druk as om dit te onderdruk. Dan laat ons dit aan God oor. Hy kan besluit wat Hy met ons gebed wil doen.

 

 




Interpretasie van die Bybel

 

Being a Christian is less about cautiously avoiding sin than about courageously and actively doing God’s will – Bonhoeffer

 

Interpretasie van die Bybel

Hierdie is ‘n verdere artikel in Mel Lawrenz se reeks oor hoe om die Bybel te lees.

 

Baie mense glo dat omdat daar so baie verskillende interpretasies van die Bybel oor die eeue was, dit onmoontlik is om die werklik betekenis te bepaal. Nie waar nie. Daar sal altyd probleme wees om kleinere besonderhede te verstaan, maar die basiese betekenis van die Bybel is toeganklik vir almal. Die skrywers wou sekerlik gehad het hulle lesers moet verstaan wat hulle geskryf het. Die Bybel is die woord van God en Hy sou sekerlik wou hê dat ons Hom moet verstaan.

 

Daar is ‘n paar basiese beginsels om die Bybel te interpreter. As ons hulle in gedagte hou, sal dit makliker wees.

 

  1. Die eenvoudigste en natuurlikste verduideliking van ‘n teks is altyd die beste

Dit is tog hoe jou vriende verwag dat jy ‘n brief of e-pos sal lees. Dit is wat die skrywers van die Bybel verwag. As die teks sê dat Jesus en sy dissipels van Galilea na Jerusalem gereis het, is dit wat hulle gedoen het.

 

  1. Die Bybel is sy eie beste interpreteerder

Meeste van dit wat vir ons uitdagend voorkom, word ook elders in die Bybel hanteer. Kyk na kruisverwysings en die betekenis word duidelik.

 

  1. Weet hoe figuurlike taal werk.

Die metafore, gelykenisse en simbole was kragtige maniere waarmee die skrywers gekommunikeer het. Simboliese en figuurlike taal is nie ondergeskik aan letterlike taal nie.

 

  1. Aanvaar die uitdrukking as letterlik as die natuurlike manier om die teks te lees is om die woorde in hulle gewone betekenis te verstaan

Jesus was nie letterlik ‘n deur nie, maar as Johannes sê die dissipels het agter ‘n toe deur bymekaar gekom, beteken dit letterlik ‘n deur.

 

  1. Die metodes wat ons gebruik om die Bybel te verstaan is basies dieselfde as dit wat ons gebruik om enige geskrewe teks te verstaan

Ons kry die betekenis van die woorde, hoe woorde saam werk, die agtergrond van die teks, ens. Daarom kan gewone gelowiges die Bybel lees en verstaan.

 

  1. ‘n Besondere Bybelse teks het ‘n spesifieke betekenis

Dit mag op verskillende maniere toegepas word, maar die betekenis is spesifiek aan die bedoeling van die skrywer. Dit verhoed dat ons tekste kan gebruik om te beteken wat ons graag wil hê hulle moet. Dit is nie wat God bedoel het nie.

 

  1. Die Bybel het groot temas en dit help ons om die verskillende dele te interpreteer

In die Ou Testament kry ons God se beloftes, die verbond, die mense van God, die land, ens. In die Nuwe Testament is die sentrale tema Jesus Christus. Hieruit besef ons dat die koms van die Messias in die Ou Testament ook ‘n belangrike tema is.

 

Om die Bybel reg te interpreteer is die manier waarop ons die skrywers respekteer, God aanbid en onsself help om die waarheid van God te ken.

 

 

 

 




Aanvaar foute

 

Wherever the sick, the needy, the naked, the poor, and the hungry are, Matthew 25, there are the afflicted, those who suffer anguish. That is where one must extend and distribute his own bounty to those in need. That’s what it means to relieve the afflicted. — Martin Luther

 

Aanvaar foute

Rick Warren sê dat Christene foute as ‘n werklikheid moet aanvaar en dan probeer om dit te herdefinieer. Die probleem is dat ons moderne mense sukses verafgod. Daarom word foute as ‘n “onverskoonbare sonde” gesien. Op een of ander stadium maak almal foute. Die probleem is dat Christene steeds toelaat dat vrees hulle lewens beheer. Nie alleen het ons in die verlede foute gemaak nie, maar sal ook in die toekoms foute maak. Daarom wil sommige mense niks waag nie.

 

Christene moet aanvaar dat hulle nooit volmaak sal wees nie. Daarom moet hulle die vrees vir foute maak, vergeet en God se genade aanvaar. Goed en wel: hoe kan ek my vrees dat ek foute sal maak vergeet? Herdefinieer dit. Baie bekende mense in die geskiedenis het al foute gemaak. Wat hulle onderskei is dat hulle nooit tou opgegooi het nie.

 

Suksesvolle mense is nie mense wat nooit foute maak nie. Hulle is mense wat opstaan en weer aangaan met hulle lewe. Hulle weet nie hoe om die handdoek in te gooi nie. “”Great people are simply ordinary people who have an extraordinary amount of determination. They just keep on going. They realize they’re never a failure until they quit” (Warren).

 

Jy is nooit ‘n mislukking totdat jy tou opgegooi het nie. Die teenmiddel teen mislukking is volharding. Jy oorwin jou mislukkings as jy dit aan God erken en aanhou doen dit waarvoor Hy jou geroep het. “The Bible reminds us that God specializes in using failures.”

 

 




Nooi iemand uit om ‘n erediens by te woon

The church doesn’t need members. It needs disciples. If people want to be members but not disciples, their absence is a blessing, not a curse. – Jim West

 

Nooi iemand uit om ‘n erediens by te woon

Jy kan ‘n verskil in iemand se lewe maak deur hom/haar uit te nooi om ‘n erediens saam met jou by te woon. Soms voel dit ongemaklik. Daar is drie dinge wat jy in gedagte moet hou as jy iemand uitnooi.

 

  1. Almal van ons gaan ons ewigheid iewers deurbring

Iemand sal jou eendag bedank omdat jy hulle nie aan hulleself oorgelaat het nie. Die ewigheid is ‘n werklikheid – hierdie feit moet ek met erns bejeën. Maar kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek … Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus (Romeine 10:14, 17).

 

Jakobus stel dit so: Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn … Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Alle grootpratery is verkeerd. As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde (Jakobus 4:13 – 17).

 

  1. Ek moenie “NEE” vir iemand sê nie

Ons weet nooit wat in hulle lewens aangaan nie. Miskien is dit juis nou die beste tyd om hulle te vra. So dikwels besluit ons sommer dat dit geen doel gaan dien om iemand uit te nooi nie – hy gaan in ieder geval nee sê. Dalk dink hy ek is gek om met hom oor sulke dinge te praat. Dalk bid ek dat iemand anders hom sal uitnooi. Baie mense is net een uitnodiging weg van ‘n erediens bywoon. Moenie nee sê om mense uit te nooi as Jesus ja sê dat ons hom moet uitnooi nie.

 

  1. Ek is aanspreeklik om mense te nooi, maar ek is nie verantwoordelik vir hulle antwoord nie

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Filippense 4:13). Ons weet nooit wat God besig is om te beplan nie As jy iemand in gedagte het, is dit God se stem wat met jou praat. As God my roep, sal Hy my deur dit alles lei. Die resultate van jou bediening hang nie van jou af nie.

 

Skep jou gemeente ‘n omgewing waar mense kan kom en die boodskap van Jesus Christus kan hoor op ‘n manier wat hulle verstaan? Gee ons genoeg om vir hulle wat nog buite die gemeente staan om hulle in te nooi? Spandeer tyd in gebed en vra vir God wie jy moet uitnooi om ‘n erediens by te woon.