Leiding deur my roeping: Elemente

 

The first Reformation … was about creeds; this one’s going to be about our deeds. The first one divided the church; this one will inify the church – Rick Warren

 

Leiding deur my roeping: Elemente

As ons besluite moet neem ooreenkomstig ons roeping weet ons dat God ons deur ons denke en gebede lei- mits ons Hom toelaat om ons te lei. Deur ‘n proses lei God ons om te besluit – Hy is die Herder wat sy skape lei en versorg. Watter metodes gebruik God om dit te doen? Die neem van groot/belangrike besluite word voorafgegaan deur voorbereiding en iets wat dit veroorsaak. Dit word gevolg deur volhoubaarheid en koersaanpassing. Ons gaan na die voorbeelde van Moses, Nehemia en Paulus kyk.

Voorbereiding vir diens

Oor die langtermyn berei God mense voor vir die doel wat Hy vir hulle bepaal het,

Moses: Hy word groot in die paleis van die farao. Hy het waarskynlik die geloof en identiteit van die Jode by sy moeder geleer. Daarom het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter (Hebreërs 11:24). Hy was ontsteld deur Israel se slawerny. Hy slaan ‘n Egiptenaar dood omdat hy ‘n Israeliet geslaan het. Hy vlug na die woestyn. Dit alles berei Moses voor om die farao in die openbaar teen te staan en om 40 moeilike jare as Israel se leier te dien.

Nehemia: Hy was ‘n Jood aan die Persiese hof. Hy was die koning se skinker. Dit was ‘n gevaarlike beroep, maar ook ‘n beroep met baie voorregte. Konings gebruik dikwels skinkers as vertrouelinge en raadgewers. Artasasta, die koning, het van Nehemia gehou en hom vertrou. Deur hierdie verhouding tussen koning en Nehemia berei God vir Nehemia voor om sy roeping – die herbou van Jerusalem – te vervul.

Paulus: Hy was ‘n Fariseër wat die vroeë volgelinge van Jesus vervolg het. Hy was geleerd en toegerus vir ‘n bediening onder Jode, Grieke en Romeine. Hy was selfs ‘n Romeinse burger. So is hy ook toegerus om uiteindelik ongeveer ‘n kwart van die Nuwe Testament te skryf.

 

God se langtermyn voorbereiding vir ons diens is steeds ‘n werklikheid. Ons sien dit egter dikwels eers as ons bediening begin.

 

Veroorsakende faktore

God orkestreer al die omstandighede wat lei na ons verpligting in hierdie lewe. Daarom kry ons dikwels ‘n beslissende gebeurtenis wat in die persoon se gedagtes die werklikheid van sy roeping beklemtoon.

Moses: Sy ontmoeting met God by die brandende bos en God se bevel dat hy na Egipte moes terugkeer. Dit was ‘n gebeurtenis wat hy nooit sou vergeet nie.

Nehemia: Die koning vra vir Nehemia: Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan? (2:2). Nadat Nehemia die nuus van Jerusalem se verval ontvang het, wag en bid hy vir ‘n geleentheid om met die koning te praat. Oënskynlik het niks gebeur nie Nou, uit die bloute, word sy gebed vervul en God open vir hom ‘n deur.

Paulus: Wat met hom op pad na Damaskus gebeur het, sal Paulus nooit vergeet nie.

 

Volgende keer kyk ons na twee verdere elemente van ons roeping: volhoubaarheid en regstelling.

 

 




Emosie kan nie aanbidding ondersteun nie

 

Beware of despairing about yourself; you are commanded to place your trust in God, and not in yourself – Augustinus

 

Emosie kan nie aanbidding ondersteun nie

There are times when it is really easy to follow Jesus, and then there are times when it is really difficult – Perry Noble

As ek in die erediens sit en ons sing ‘n kragtige lied is dit maklik om Jesus te volg. As ek op die strand sit en na die branders luister, is dit maklik om Jesus te volg. As ek in die Wildtuin sit en die sonsondergang sien, is dit maklik om Jesus te volg. Maar: as die taxi voor my inry? As ek in die verkeer vassit? As ek familielede verloor? Dan is dit nie meer so maklik nie.

 

Om Jesus te volg word nie bepaal deur hoe ek voel nie – dit is ‘n daagllikse besluit om Hom te volg al is dit moeilik. As ek probleme ondervind, beteken dit nie dat ek ongelowig is nie. Dit beteken net dat ek menslik is. As dit gebeur, is die beste ding om te doen om ‘n psalm oor en oor in ons gedagtes te sing. Moeilike tye moet ons nie van Jesus Christus wegstoot nie, maar ons nader aan Hom trek.

 

 




Modelleer

 

If the Lord’s bearing our sin for us is not the gospel, I have no gospel to preach – Spurgeon

 

Modelleer

Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen (Johannes 13:15)

Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel (Filippense 3:17).

Mense boots mense na. Dit is dikwels onbewustelik. Ons wil graag soos iemand anders wees. Om ander mense as rolmodelle te kies, kan voordelig wees, want dit motiveer ons om gedurig te verbeter.

 

God as model

God vorm ons en rus ons toe om die regte besluite te neem. In Psalm 23 is die psalmis ‘n skaap in God se kudde. Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. Soms kry ons die indruk dat die herder niks doen nie, maar die psalmis stel dit duidelik: Hy lei. God lei my deur elke dag. In die proses stel Hy ons bloot aan invloede wat ons meer volwasse sal maak. Hy doen dit onder andere deur modelle voor ons te sit. God stuur gelowiges oor ons pad sodat ons van hulle kan leer.

Ek wil jou insig gee, ek wil jou die pad leer wat jy moet loop. Ek wil jou raad gee, my oog oor jou hou. (Psalm 32:8). Hier kry ons werkwoorde – leer …insig gee … raad gee – wat in ‘n klaskamer tuishoort. Hoe moet ons leer?

  • Deur die Skrif te lees en te verteer. Ons moet wysheid kry uit dit wat ons lees.
  • Modelle wat ‘n impak op verskillende vlakke het.

 

Wat doen modelle?

Modellering is nie dieselfde as heldeverering nie. In heldeverering fokus ons op die persoon wat bewonder word. As God egter modelle voor ons bring fokus ons ons denke op God wat ons modelle in staat gestel het om te leef en te dien. Ons fokus nie op die persoon self nie. Modelle help ons om die grootheid en goedheid van God duideliker te sien.

  • Modelle vergroot ons visie. Modelle laat my die morele en geestelike ideale wat Christene so hoog aanslaan, duideliker sien. Abstrakte ideale kry lewe as ons sien hoe hulle uitgeleef word. Natuurlik is Jesus Christus die beste model ooit. Kyk na modelle om jou en sien hulle nederige liefde. Dit fokus en vergroot ons visie van liefde.
  • Modelle laat ons besef wat kan en behoort te wees in ons lewens. Modelle wys vir ons moontlikhede waaraan ons nooit gedink het nie.
  • Modelle kan ons in ons roeping help. Baie sendelinge is deur die voorbeeld van ander sendelinge getrek.

 

Die primêre model vir alle Christene is Jesus Christus. In sy voorbeeld kry ons die krag om ons lewens te verander.

 




Oordeel: nie so maklik nie

 

The church is the traveller’s inn where the wounded are healed – Augustinus

 

Oordeel: nie so maklik nie

If only it were all so simple! If only there were evil people somewhere insidiously committing evil deeds, and it were necessary only to separate them from the rest of us and destroy them. But the line dividing good and evil cuts through the heart of every human being. And who is willing to destroy a piece of his own heart? -Aleksandr Solzhenitsyn, The Gulag Archipelago

Solzhenitsyn plaas die vinger op die problem: ons harte is maar ‘n mengelmoes. In Matteus 25 lees ons van die Seun wat by sy wederkoms die skape en bokke sal skei.  Maar wat van diegene wat soms soos bokke en soms soos skape optree?

 

Hierdie ontleding is akkuraat. Nie een van ons is altyd vriendelik met die geringstes onder ons nie, maar ons ignorer hulle darem ook nie altyd nie. Beteken dit nou ons goeie en slegte dade word opgetel en bepaal watter groep is in die meerderheid? Ons kan sê dat ons nie weet hoe God oordeel nie. Tog vertel Hy hierdie verhaal in Matteus 25:31 – 46. Kyk net hoe eindig Hy: En hierdie menses al die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.

 

Gregorius van Nicea sê dat dit hier gaan oor elke siel, en nie  een siel teenoor die ander nie. Die oordeel is ‘n skeiding tussen goed en kwaad wat ons in elke hart kry. Dit is God se redding van sy skepping in slawekettings. Die skape en bokke is so ingeteel dat ons hulle nie van buite kan onderskei nie.

 

Wees baie versigtig om te oordeel.