Ons is moeg vir vermaak

 

To obey the cravings of sin is to be alive to sin;  but not to obey the cravings of sin or succumb to its will, this is to die to sin –  Origenes

 

Ons is moeg vir vermaak

Baie gemeentes skep ‘n kultuur van vermaak in hulle pogings om ‘n gemeente te bou. Maar hulle sal gou die negatiewe gevolge van hierdie benadering ondervind. Dit lei tot ‘n etos van vermaak wat deur die hele gemeente versprei. Die deelnemers aan bedienings word nou vermaaklikheidsterre. Diegene in die kerkbanke is toeskouers – betalende kliënte – wat net wag om vermaak te word.

 

Those big stages and flashy lights have a way of honoring te wrong presence (Cheryl Bridges Johns). Mettertyd word mense se bywoning bepaal deur die kwaliteit van die produksie, watter liedere gesing word en hoe die prediker hulle laat voel. You cannot build a church on consumers (Alan Hirsch).

 

As ons eredienste daarop fokus om die massas te vermaak en om te verseker dat baie mense dit bywoon, is ons van koers af. Om van ‘n lewe van vermaak te lewe is soos om van lekkers te lewe – jy sal gou honger word vir iets meer. Net so word lidmate wat op vermaak gevoed word gou wangevoed, swak – hulle kan nie meer bydra tot die lewe van die kerk nie.

 

Dit is tyd dat ons ons byeenkomste weer op die persoon, lewe en getuienis van Jesus fokus. Dan is dit nie meer nodig dat ons bedien moet word nie – ons kan nou ander dien. Jesus maak geloof lewend.

There is only one singularity that matters and if this singularity is in place everything else coheres. And that singularity is Christ. In everyone’s life, in the life of the church, when Christ is made the single, supreme focus—when the person of Jesus himself becomes that supreme, singular focus—then everything comes together (Leonard Sweet)

 




Volg My (8)

 

Prayer is the key that unlocks all the storehouses of God’s infinite grace and power. All that God is and all that God has, is at the disposal of prayer – R. A. Torrey

 

Volg My (8)

David Platt het ‘n kort boekie: What did Jesus really mean when He said: Follow me? geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie boekie spandeer.

 

Dissipels van Jesus lei ook ander mense in die wêreld om hierdie nuwe lewe in Christus te ondervind. Jesus het vir sy eerste vier dissipels gesê dat hulle Hom moet volg en Hy sal hulle vissers van mense maak. Hulle moes die evangelie oor die wêreld versprei. Matteus eindig met Jesus op die berg wat vir sy dissipels ‘n finale opdrag gee: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels; doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

 

Tussen Matteus 4 en 28 het Jesus hierdie dissipels verander in nuwe soort vissers. In Matteus 28 is hulle gretig om vir almal van die lewe, dood en opstanding van Jesus te vertel. Hulle gee hulle lewens, nie net om dissipels te wees nie, maar ook om dissipels te maak. Dissipels van Jesus kan nie help om dissipels van al die nasies te maak nie. As ons Hom waarlik glo, is ons verplig om dissipels te maak. Ons maak nie dissipels omdat ons daartoe gedwing word nie, maar omdat ons graag wil sien dat meer en meer mense Jesus ken.

 

Wat beteken dit om dissipels te maak? Dit begin deur mense te lei om Christus vir hulle verlossing te vertrou. Ons deel die goeie nuus van God se genade en nooi hulle uit om op sy roepstem te reageer. Maar dit is nie waar dit eindig nie. Ons moet ook vir mense wys hoe die lewe van Christus in aksie lyk. Ons moet doelgerig lewens leef wat Christus naboots. Ons moet as modelle vir Christus se karakter dien, die waarheid van Christus praat, die liefde van Christus wys aan alle mense om ons in die proses van die maak van dissipels.

 

Om dissipels te maak, beteken ook dat ons mense leer om te gehoorsaam wat Christus ons beveel het. Elke volgeling van Christus moet sy woord in sy verhoudings uitleef. Jesus se opdrag om dissipels te maak en hulle te leer, geld vir al sy dissipels. Hierdie leer vereis nie spesifieke opleiding nie. Ons doen dit daar waar ons werk en leef en speel.

 

Om ‘n dissipel van Jesus te wees, beteken om dissipels te maak. Dit was waar vir die eerste vier dissipels en is steeds waar.

 

 




Hoe moet Christene op armoede reageer?

 

I learned more about Christianity from my mother than from all the theologians in England. —John Wesley

 

Hoe moet Christene op armoede reageer?

Anne Bradley en Art Lindsley (For the Least of These: A Biblical Response to Poverty) sê dat die mensdom nog nooit ryker was as nou nie. Daar was ook ‘n afname in armoede in meeste lande. Maar daar is nog baie mense wat nie toegang tot skoon water, genoegsame kos en skuiling het nie. In die Bybel kan ons leer wat om te doen en hoe om dit te doen.

 

Die ongelykheid aan inkomste is ‘n onderwerp wat algemeen bespreek word. Natuurlik is dit soms waar dat die rykes die armes uitbuit. Maar hoe kan die Skrif ons help om hierdie probleem te oorbrug?

 

God het ons na sy beeld gemaak. Hy het alles uit niks gemaak nie. Ons as mense kan net iets uit iets anders skep. God het ons gelyk, maar nie dieselfde gemaak nie. As ons almal dieselfde was – dieselfde talente en vaardighede – was dit geen probleem nie. Maar, ons het unieke gawes en verskillende sterkpunte. Dit is hoe God alles gemaak het. Ons moet die kwesbares help om te wees wat God hulle gemaak het om te wees. Hoe?

 

Om vir die armes te sorg het sekerlik met geld te doen, maar ook veel meer as net geld. Die kern van armoedeverligting is om weer ‘n Godgegewe waardigheid in hulle harte wakker te maak deur hulle te bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik. Armoedeverligting gaan oor verhoudings. Jesus het die armes liefgehad en vir hulle gesorg. As iemand ‘n onmiddellike behoefte het en ons kan hulle help, moet ons dit doen. Maar dit is net die begin.

 

Hier is ‘n paar riglyne.

  1. Armoedeverligting is die kerk se verantwoordelikheid. Dit is die taak van die kerk om met passie en opregtheid die armes te versorg.
  2. As ons doen dit waarvoor God ons gemaak het, help ons ander. Tree as vrywilliger op; dien in jou gemeente; werk elke dag hard. Jy moet jou gesin, vriende en bure liefhê.
  3. Die stryd om armoede uit te roei, begin in jou gemeenskap. Dit begin by die bou van langtermyn verhoudings. Hanteer werklike behoeftes. Maak jou hande vuil.

 

Is armoedeverligting nog vir Christene ‘n prioriteit?

 




Volg My (7)

 

Prayer is not overcoming God’s reluctance. It is laying hold of his willingness –  George Mueller

 

Volg My (7)

David Platt het ‘n kort boekie: What did Jesus really mean when He said: Follow me? geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie boekie spandeer.

 

As ons volgelinge van Jesus word, kom daar ‘n breek met ons ou lewenswyse en ons volg ‘n nuwe lewenswyse. Soos Christus in ons begin leef, begin alles verander. Ons denke verander – ons besef wie God is en wat Jesus gedoen het en hoeveel ons Hom nodig het. Ons begeertes verander – die wêreldse dinge wat ons eenmaal liefgehad het, haat ons nou; die dinge van God wat ons eenmaal gehaat het, het ons nou lief. Ons wil verander – ons gaan waarheen Jesus sê en doen wat Hy ons beveel. Ons verhoudings verander – ons lê ons lewens in liefde vir mekaar af. Ons rede om te leef verander – besittings en posisie is nie meer belangrik nie. Ons wil God se heerlikheid sien.

 

As ons Christus volledig volg, sal ons sy kerk liefhê. Op die pad na Damaskus vra Christus vir Saulus waarom hy Hom vervolg het. Saulus het nie vir Jesus nie, maar die kerk vervolg. Jesus identifiseer Hom hier met die kerk. Mense leef vandag geïsoleerd van mekaar. Maar dit is nie hoe God op ons reageer nie. Ten spyte van ons sonde agtervolg Hy ons steeds. Soek ons nie mense wat ons lief genoeg het om na ons om te sien as ons op die pad van sonde loop nie? God bring sy kinders bymekaar in ‘n geloofsgemeenskap. Hierdie gemeenskap aanbid gereeld, dien mekaar, pas mekaar op, gee vir mekaar en sorg vir mekaar.

 

In die kerk behoort volgelinge van Christus aan mekaar en sorg vir mekaar op so ‘n manier dat hulle verantwoordelikheid vir mekaar aanvaar. Hierdie gemeenskap behels meer as om een maal per week langs mekaar te staan en ‘n paar liedere saam te sing. Dit beteken ons besef dat ons vir mekaar verantwoordelik is om as dissipels te groei. As ons ons lewens vir mekaar in die kerk aflê, illustreer ons God se liefde vir mense. Jesus het gesê dat die mense sy dissipels sal herken weens hulle liefde vir mekaar. Die kerk is Jesus se bruid gekoop deur sy bloed. Dit is ‘n voorreg om aan so ‘n gemeenskap te behoort. Dit is prakties onmoontlik om ‘n dissipel van Christus te wees sonder totale toewyding aan die familie van Christene.

 

Maar dit is nie net die kerk wat verander nie – die wêreld verander ook. Daarna kyk ons volgende keer.