Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeel

Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeel

Een van die skatte in die Christelike kerk is die Psalms – 150 inspirerende liedere waarvan baie deur Dawid geskryf is. Maar is dit toepaslik om al die Psalms te sing? Wat van daardie psalms wat vra dat God die vyande moet oordeel. Hier is ‘’n paar voorbeelde:

  • Mag die dood my vyande oorval. Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk (Psalm 55:16)
  • Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God! (Psalm 58:7)
  • Skraap hulle name uit die boek van die lewe dat dit nie saam met die regverdiges opgeskryf staan nie (Psalm 69:29)
  • Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen ‘’n klip verbrysel (Psalm 137:9)
  • Mag sy kinders wees word, sy vrou ‘’n weduwee (Psalm 109:9).

 

Daarteenoor staan Jesus se woorde in sy bergrede: Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, sodat julle kinders kan weet van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes ’n goeies en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen (Matteus 5:43 – 45).

 

 

As Jesus sê: Julle het gehoor dat daar gesê is, haal Hy ‘’n rabbynse tradisie aan. Dit is die houding wat God van sy mense verwag teenoor die mense vir wie sy oordeel ryp was: Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘’n weersin hê in mense wat teen U in opstand kom nie? (Psalm 139:21)

 

Toe Jesus sê: Julle het gehoor dat daar gesê WORD: ‘’n Oog vir ‘’n oog en ‘’n tand vir ‘’n tand, haal Hy Eksodus 21:24 en Levitikus 24:20 aan Hy gaan dan voort: Maar Ek sê vir julle; Julle moet julle nie teen ‘’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na Hom toe. (Matteus 5:38- 39). Hierdie plaas nie vir Jesus teenoor Moses en die wet nie. Dit wys net na die wonderlike waarheid dat Jesus die wet vervul het. God se koninkryk is nou nie mer ‘’n geo-politieke staat nie, maar is ‘’n internasionale koninkryk.

 

In die psalms wat vervloek beroep die psalmis hom op die verbond en druk nie sy eie wraak uit nie. Maar in Hebreërs 8:13 lees ons: deur van ‘’n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn. In die tyd tussen Christus se eerste en tweede koms is daar ruimte vir versoening en geloof

Dit is interessant dat as Jesus in sy eerste preek (Lukas 4:17 – 19) Jesaja 61;1 – 2 aanhaal,  Hy die gedeelte die dag waarop ons God sy vyande straf as deel van sy sending uitlaat. Toe Jakobus en Johannes vuur op die Samaritaanse dorp wat Jesus afwys wou afroep, het Jesus hulle skerp tereggewys (Lukas 9:54 – 56) Hoekom het Jesus hulle tereggewys en mie aangemoedig nie? Dit is nie omdat Jesus die “goeie God” van die Nuwe Testament is teenoor die “kwaai God” van die Ou Testament is nie. Nee, dit is omdat ons nou in die nuwe verbond is – in die tyd van grasie voor die finale oordeel.

 

Nou verkondig ons die goeie nuus en roep sondaars, wat soos ons dit nie verdien nie, op om hulle te bekeer en te glo. Die bose is steeds daar en ons pleit dat Christus weer sal kom om alles reg te stel. Dit sal uiteindelik ‘’n werklikheid word in die finale oordeel. Wie is ons om vuur op ons vyande af te roep as God ons verwelkom het.

 

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (Efesiërs 6:12). Psalm 69 is vol vervloekings. Jesus haal Psalm 69:5 tydens sy kruisiging aan (Johannes 15:25): hulle het my sonder rede gehaat, maar sonder die verbvloeking.

 

Daar is vervloekings in die Nuwe Testament. Jesus roep di vervloekings van die verbond af op die Fariseërs in Matteus 23. Toe Simon die Towenaar vir Petrus geld aanbied om ook die heilige Gees te ontvang antwoord Petrus hom: Gaan na die verderf met jou geld en al (Handelinge 8:20). Hulle raai hom aan om hom te bekeer en tot die Here te bid dat Hy die gesindheid van Simon se hart sal vergewe. Ook Paulus spreek ‘’n vloek uit: As iemand aan julle ‘’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het, die vloek van God sal Hom tref i(Galasiërs 1;9). Nie een van hierdie vervloekings roep God se oordeel af op individue sonder om ook ‘’n uitweg – bekering en geloof in Christus – aan te bied nie.

 

As vervloekings toepaslik is, sou dit vir die wrede Romeinse keisers gewees het Beide Paulus en Petrus vra Christene om vir de heersers te bid (1 Petrus 2: 19 – 25; 1 Timoteus 2:1 – 3). As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte (Romeine 12:20).

1

 

  1. S. Lewis was korrek toe hy gesê het: “The ferocious parts of the Psalms serve as a reminder that there is in the world such a thing as wickedness and that . . . is hateful to God

Daar is boosheid in die wêreld. Maar soos Paulus in Efesiërs 6 sê: ons wapens is geestelik: die woord van God, geloof in Christus, die vryspraak deur God en verlossing. Die verkondiging van die evangelie van vrede is die skoene aan ons voete.

 

 




Die evangelie is goeie nuus, nie goeie raad nie

 

Christmas is a necessity. There has to be at least one day of the year to remind us that we’re here for something else besides ourselves. – Eric Sevareid

 

Die evangelie is goeie nuus, nie goeie raad nie

Matteus begin nie sy evangelie met: “Eendag …” Dit is hoe feëverhale begin. Dit beteken dat dit nie die waarheid is nie. Wat Matteus sê staan vas in die geskiedenis; dit het gebeur.

Raad is wat jy moet doen; nuus is ‘n verslag oor wat reeds gebeur het.

Raad moedig jou aan om iets te laat gebeur; nuus moedig jou aan om iets te erken en daarop te reageer.

Raad sê dat jy moet optree; nuus sê dat iemand anders reeds opgetree het.

Die engele sê nie dit is wat julle moet doen nie, maar sê dat hulle die blye tyding bring van iets wat gebeur het wat alles verander.

 

Die verhaal van Jesus se geboorte is nuus oor wat gebeur het. Dit vertel nie vir ons wat ons moet doen nie, maar wat God reeds gedoen het. Ons moenie onsself verlos nie … God het gekom om ons te verlos. Ander godsdienste sê vir ons wat ons moet doen en watter reëls ons moet nakom. Dit is raad. Die Christelike godsdiens sê vir ons wat God deur Jesus Christus gedoen het. Dit is nuus.

 

Die Christelike geloof gaan nie primêr oor selfverbetering nie. Dit is nie die plek waar ons leiding vir ons lewens kry nie. Natuurlik het die Christelike geloof massiewe implikasies vir hoe ons lewe. Dit is egter eerstens ‘n boodskap dat jy verlos moet word en jy word nie verlos daardeur wat jy doen nie – jy word verlos deur wat Jesus Christus reeds gedoen het. Jy begin deur te glo wat in die geskiedenis gebeur het.

 

Die Kersverhaal is die beste nuus wat ons nog ooit gekry het. Glo dit.




Die Lig het gekom

Look for Christ and you will find Him. And with Him, everything else. – C.S.Lewis

 

Die Lig het gekom

Die volk wat in donkerte geleef het, het die groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ‘’n lig geskyn … Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring (Jesaja 9:1, 5 – 7).

Een van die eerste indikasies dat Kersfees nader kom, is die verskyning van ligte – op bome, in vensters, ens. Maar hierdie liggies is nie net dekoratief nie, maar ook simbolies.

 

Die donkerte van die wêreld

Ons moet besef dat die wêreld ‘n donker plek is en dat ons nooit ons pad sal kry of die werklikheid kan sien tensy Jesus ons lig is nie. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Hy was in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie (Johannes 1:9 – 10). Hoe is die wêreld donker? Donkerte verwys beide na die bose en na onkunde. Die wêreld was en is vol boosheid – geweld, ongeregtigheid, magsmisbruik, vlugtelinge, families uitmekaargeruk, haweloosheid …  Niemand weet hoe om hierdie donkerte – boosheid en lyding – te genees nie.

Hoekom was hierdie lig nodig? In die tyd van Jesaja, soos tans ook die geval is, kyk mense

na hulle kundiges, die mark en tegnologie vir die antwoorde – ons is in die donkerte, maar ons glo dat ons self daar kan uitkom. Ons aanvaar dinge is donker, maar met ons intellek en innovering kan ons dinge regstel.

 

Die werklikheid van Kersfees

Die boodskap van Kersfees is nie dat ons ‘n wêreld van eenheid en vrede  bymekaar kan sit nie. Dit is presies die teenoorgestelde – ons kan onsself nie red nie. Geen politieke stelsel of ideologie kan dit doen dit nie. As ons net na die wêreld en menslike hulpbronne kyk, is die wêreld inderdaad donker. Die Bybel sê nooit dat ons onverskillig teenoor die magte van die donkerte moet wees nie – ons moet hierdie magte weerstaan. Die Bybel maak dit egter baie duidelik dat ons dit nooit in ons eie krag kan doen nie. Christene sê nooit dat ons alle probleme kan oplos as ons net hard genoeg probeer nie. Christene sê wel dat dinge donker is, maar dat daar hoop is. Jesaja sê dat hierdie lig nie uit die wêreld maar oor die wêreld gekom het – dit het van buite gekom.

 

 




Wat is Kersfees?

 

Wat is Kersfees?

Kersfees vandag is basies twee feesvierings – ‘n sekulêre en ‘n godsdienstige vakansiedag. In baie van die feesvierings word Christus nie eers vermeld nie. Dit word ‘n verjaardag vir die familie, vir gee en vir vrede in die wêreld. Daar is natuurlik niks hiermee verkeerd nie, maar dit is beslis nie die volle boodskap van Kersfees nie.

Kersfees is vandag ‘n kommersiële noodsaaklikheid. Daarom sal dit ‘n sekulêre vakansiedag bly. Die vrees is dat die ware redes vir en wortels van Kersfees mettertyd verborge vir meeste mense sal wees. Die versorging van armes tydens Kersfees is goed – ons moet onthou dat Jesus deel van ‘n arm familie was.

Die samelewing word toenemend minder bewus van die historiese wortels van Kersfees. Baie van hierdie wortels is fundamentele deel van die Christelike geloof. Maar tydens Kersfees word hierdie waarhede toegankliker vir ‘n groter gehoor. Om Kersfees te verstaan is om die basiese Christelike geloof – die evangelie – te verstaan.