Het jy hoop

 

“I will have no forcing and compelling. Faith and baptism I commend: no one, however, may be forced to adopt it, but only admonished and then left free to choose.” –  Desiderius Erasmus

Het jy hoop

Frances Jane “Fanny” Crosby (1820 – 1915) was ‘n sendeling. In haar lewe het sy meer as 8000 liedere geskryf. Sy was blind. Daarom is dit merkwaardig dat een van haar gewildste liedere juis Blye versekering was. As ons dit in die konteks van 1 Johannes 2:28 – 3:3 lees, staan verse 1 en 3 uit:

 

1. BLYE VERSEEKRING, JESUS IS MYN,   O, WATTER VREUGDE, HEERLIK EN REIN!    WEDERGEBORE, REIN DEUR SY BLOED,   SMAAK EK SY VREDE IN MY GEMOED.  KOOR:   DIT IS MY ROEMTAAL, DIT IS MY LIED,   LOF WAT EK JESUS EWIG SAL BIED.   DIT IS MY ROEMTAAL, DIT IS MY LIED,  2. VOLLE BERUSTING, HOE SWAAR MY LOT,   HEIL’GE VERRUKKING, BLYE GENOT;   ENG’LE WAT HERWAARTS BOODSKAPPE DRA,   TYDINGS VAN LIEFDE EN VRYE GENA.  3. VOLLE VERSEEKRING, VREDE EN RUS.   HEERLIK VAN JESUS LIEFDE BEWUS;   MET MY GELOOFSOOG OPWAARTS GEHOU,   RUS EK IN JESUS LIEFDE EN TROU.

 

Soos Fanny Crosby in haar blindheid gerus, gewag en gekyk het, moet ons ons oë rig op die hoop wat ons het, naamlik dat ons eendag vir Christus sal sien. Dit is een van die seëninge van in Christus te bly.

 

 

 




Nuuskierigheid

 

Grace is glory begun, and glory is grace completed – ­Jonathan Edwards

Nuuskierigheid

Mary Jo Asmus sê dat nuuskierigheid die brandstof vir kreatiwiteit is en die fondament vir goeie verhoudings. Dit ignoreer die aannames en oordele wat ons oor ander mense maak. As leier moet jy respekvolle nuuskierigheid bevorder deur:

  1. Teenwoordigheid

Wees doelgerig oor waar jy aandag gee. Draai jou rug op afleidings as jy met ‘n gesprek besig is. Gee al jou aandag aan die persoon voor jou. Fokus volledig op hom.

 

  1. Luister

Probeer verstaan wat die ander persoon vir jou sê. As jy begin om hulle te oordeel of aannames oor hom te maak, gaan jy nie van hom leer nie. Probeer so luister dat jy sy siening verstaan.

 

  1. Vra

As jy so op iemand fokus, wil jy meer weet. Vra vrae en begin met “wat” en “hoe”. Vra toestemming as jy vrae vra. Mense wil graag gehoor en gerespekteer word.

 

Jou nuuskierigheid is ‘n goeie manier om ander betrokke te kry en verhoudings te bou – mits jy dit met respek doen.

 

 




Moenie net toekyk nie … doen iets

 

Faith and obedience are bound up in the same bundle. He that obeys God, trusts God; and he that trusts God, obeys God (Charles Spurgeon).

 

Moenie net toekyk nie … doen iets

In 1993 het vryskutfotograaf Kevin Carter die burgeroorlog is Sudan gedek. Op daardie stadium was daar ‘n erge hongersnood in Sudan. Kort na hy in Ayod geland het, het hy die ikoniese foto van ‘n uitgehongerde kindjie wat vooroor gebuig in die stof sit, geneem. In die agtergrond was ‘n aasvoël wat gewag het vir haar om dood te gaan. Die kindjie het nie genoeg energie gehad om by ‘n VN voedingsentrum uit te kom nie.

 

Carter sê dat die dogtertjie gekreun het toe hy daar aangekom het. Hy wag 20 minute om ‘n goeie foto te kry. Hierdie foto is die eerste keer in die New York Times gepubliseer. Die reaksie van die lsers was verbasend. Honderde skryf om te hoor wat met die dogtertjie gebeur het. Die antwoord wat hulle gekry het, was: “Ons weet nie.”

 

Die St. Petersburg Times in Florida skryf:”The man adjusting his lens to take just the right frame of her suffering, might just as well be a predator, another vulture on the scene.” Hierdie kritiek het Carter ontstel. Die gedagte dat hy dalk iets  vir ‘n kind met ‘n groot behoefte kon gedoen het in plaas daarvan om te kapitaliseer op die geleentheid vir die perfekte foto, kon hy nie meer verduur nie. Twee maande nadat hy sy prys ontvang het, pleeg hy selfmoord. Hy was 33 jaar oud.

 

Sal ons nie eendag voor God rekenskap oor ons apatie moet gee nie? ‘n Gewete gepla deur berou en skuldgevoelens as gevolg van iets wat ons nie gedoen het nie, is iets vreeslik.

“The hottest places in hell are reserved for those who, in times of great moral crisis, maintain their neutrality.” Dante Alighieri

 

 

 

 




Aleksander die Grote

 

The Bible was not given tot increase our kmowledge but to change our lives – D. L. Moody

 

Aleksander die Grote

Na baie jare diens nader ‘n generaal vir Aleksander die Grote met die versoek om vir sy dogter se huwelik te betaal. Aleksander stem toe en sê die generaal moet die geld by sy tesourier kry. Kort daarna is die tesourier by Aleksander. Hy kla dat die generaal misbruik gemaak het van Aleksander se vrygewigheid. Hy vra vir buitensporige hoeveelhede geld – genoeg om die grootste huwelik ooit in Griekeland aan te bied.

 

Aleksander dink na oor die situasie, waai sy hand en sê: “Gee vir hom alles wat hy vra.” Die tesourier is verbaas. Aleksander sê vir hom: “My generaal gee vir my twee komplimente: hy glo dat ek ryk genoeg is om aan sy versoek te voldoen en tweedens, dat ek vrygewig genoeg is om dit te gee. Deur hierdie twee dinge te aanvaar, eer hy my.”

0