Wandel met God

 

“Recall the face of the poorest and weakest man you have seen, and ask yourself if this step you contemplate is going to be any use to him.”
― Mahatma Gandhi

 

Wandel met God

Ons lees in die Bybel dat God met Abraham, Josef, Dawid en Hiskia was. Ons lees dat Henog naby God geleef het. Wat kan ons van hierdie ondervindings sê?

  • Dit was ‘n genadige ondervinding. Deur sonde het die mens hom van God afgesny, maar God, in sy genade, het Hom met die mens versoen. God het hierdie manne nader getrek en hulle met sy teenwoordigheid gevul. Hulle het vergifnis ondervind.
  • Dit was ‘n geestelike ondervinding. God was nie fisies met hulle nie, maar geestelik. Deur sy inwonende Heilige Gees was God aan hierdie manne verbind.
  • Dit was ‘n persoonlike ondervinding. Dit was nie ‘n krag wat by hulle was nie, maar ‘n persoon – die Heilige Gees. Daar was ‘n gesprek tussen die Here en diegene in wie die Heilige Gees was.
  • Dit was ‘n transformerende ondervinding. God kan nie by iemand wees sonder dat daardie persoon verander nie. God se teenwoordigheid produseer innerlike kwaliteite van heiligheid, vrede, tevredenheid en moed in hulle.
  • Dit was ‘n vreugdevolle ondervinding. Dit was God, hulle vriend, wat saam met hulle loop op hulle lewensreis.
  • Die ondervindig het verskil. God verlaat nooit die gelowige in wie Hy woon nie. Soms voel dit egter vir ons of Hy afwesig was. Ons lees dat God vir Hiskia verlaat het: Dit was om hom te toets en hom sy eie hart te laat ken (2 Kronieke 32:31). Hiskia was nie bewus van God se teenwoordigheid nie.
  • Die was ‘n ondervinding wat oral ondervind was. Dit was nie tot die tempel beperk nie. Waar hulle ook al was, kon hulle God se teenwoordigheid geniet.

 

As hierdie Ou Testamentiese gelowiges God se teenwoordigheid ervaar het, hoeveel te meer sal ons as Nuwe Testamentiese gelowiges dit nie ervaar nie. Jesus Christus maak immers hierdie toegang tot God makliker en die Heilige Gees woon in die gelowiges.

 

 




Ek het jou gestuur!

 

Only the Gospel goes deep enough to effect real hard change. Everything else is just behavior modification. —Jared Wilson

 

Ek het jou gestuur!

’n Student loop eendag huis toe na haar klasse. Op ‘n straathoek staan ‘n klein dogtertjie en bedel. Haar klere was dun en vuil; haar hare was deurmekaar en vuil; haar wange was rooi van die koue. Die student gooi ’n paar muntstukke in die dogtertjie se beker. Sy glimlag so effens en stap verder.

 

Soos sy verder loop, voel sy skuldig. Sy dink: “Hoe kan ek nou na my warm kamer teruggaan, waar ek genoeg geld, baie kos  en klere het om my warm te hou. En dit terwyl hierdie klein dogtertjie op die straathoek staan en bedel en van die koue bewe.”

 

Die student raak kwaad vir God. Sy vra: “God, hoe kan U toelaat dat sulke dinge gebeur? Hoekom doen U nie iets om hierdie klein dogtertjie te help nie?”

Diep in haar hart hoor sy God antwoord: “Ek het iets gedoen. Ek het jou gemaak en jou na daardie dogtertjie toe gestuur.”

 

 

 




Is jou gemeente ‘n vliegdekskip?

 

To pray is to accept that we are, and always will be, wholly dependent on God for everything. —Tim Keller

 

Is jou gemeente ‘n vliegdekskip?

Baie mense is verveeld in die kerk. Dit voel vir hulle dat hulle iets behoort te doen; dat daar ‘n betekenisvolle sending is waarvan hulle veronderstel is om deel te wees. Hulle is nie seker wat dit is nie en daarom sit hulle maar in die kerk, luister, gee hulle bydraes, gedra hulle so goed as wat hulle kan … Baie van hulle kan nie onthou wanneer laas ‘n volwasse bekeerling na Jesus in die gemeente gekom het nie. Hulle was beslis nie deel van iemand se persoonlike storie nie.

 

Meeste studies toon dat meeste Christene nog nooit hulle geloof met iemand anders gedeel het nie – behalwe miskien hulle familie. In die VSA groei net 20% van gemeentes en net 1% groei omdat hulle “verlore” mense bereik.

 

Hierdie twee probleme – Christene wat nie weet hoe om hulle geloof met ander te deel nie en gemeentes wat krimp – hou verband met mekaar. Tog dink gemeentes nie dat dissipels wat ander dissipels maak ‘n prioriteit vir die gemeente behoort te wees nie.

 

Ons moet weer nuut dink oor die sending van die kerk. J. D Greear vergelyk dit met drie soorte skepe:

  • Sommige Christene sien die kerk soos ‘n passasiersboot. Dit bied weelde vir die passasiers – die hele gesin. Dit gaan veral oor vermaak en die bediening van kinders. Preek die leraar boodskappe wat hedendaagse probleme en my behoeftes hanteer? Hoe lyk die fasiliteite vir kinders? Wat van die musiek? Die gemeente moet altyd onthou daar is nog baie ander passasiersbote beskikbaar.
  • Sommige Christene sien die gemeente soos ‘n oorlogskip. Die gemeente is gemaak vir sy sending. Sy sukses word beoordeel deur hoe hard en dramaties hy vir die sending veg. Die rol van die lidmate is om die leraars te betaal om die teikens te identifiseer en op hulle te vuur. Hulle sien die programme, dienste en bedienings as die primêre instrumente vir die sending van die gemeente.
  • Sommige Christene sien die gemeente soos ‘n vliegdekskip. Vliegdekskepe neem ook deel aan gevegte, maar op ‘n ander manier. Hulle rus vliegtuie toe om elders te gaan veg. Die vliegtuie moet die geveg na die vyand neem. Lidmate moet leer om die evangelie te deel – sonder die hulp van die leraar. Gemeentes moet fabrieke vir dissipels word wat dissipels toerus en dan uitstuur om teen die vyand te gaan veg.

 

As ons dit wil doen, moet ons ‘n ander meetinstrument behalwe grootte kry. Ons moenie net tel hoeveel mense inkom nie, maar ook hoeveel mense uitgaan. Ons moet opgewonde wees oor hoeveel mense uitgaan.

 

 




Die grootste les wat ek geleer het

 

If you walk closely with God forty years, you will have a much lower opinion of yourself than you have now. – John Newton

 

Die grootste les wat ek geleer het

Hoe meer jy waag, hoe groter is die moontlike resultate. Die hoofrede waarom baie kerke krimp, is omdat die leiers nie bereid is om te waag nie. Hoekom wil leiers nie waag nie? Is dit vrees? Of is dit omdat ons nie genoeg na God luister nie? Kerkleiers kies dikwels die maklikste pad vorentoe – en dit lei altyd tot mislukking.

 

Daar is een baie belangrike les om te leer: Gemeentes wat groei gee meer om vir die behoeftes van hulle gemeenskap as vir die behoeftes van hulle gemeente. As jy wil hê die gemeente moet groei, moet jy op die gemeenskap fokus en vra: “Hoe kan ek die gemeenskap dien en hulle tersefdertyd aan Jesus Christus bekendstel?” Die probleem is dat die antwoord op hierdie vraag jou sal dwing om te waag.