Wie se oë is belangrik?

Wie se oë is belangrik?

Aan die begin van hierdie finale siklus lees os die nou reeds bekende: die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here (rIGTERS 13:1) Die resultaat klink ook bekend: die Here gee hulle vir 40 jaar oor aan die mag van die Filistyne. Baie dinge wat die Israeliete gedoen het, was nie verkeerd in hulle eie oë nie. Volgens hulle was hulle gedrag aanvaarbaar.. in God se oë was hulle gedrag verkeerd.

Dit leer vir ons twee waarhede oor sonde:

  1. Die definisie van sonde. In die oë van die Here –  dit staan teenoor ons eie oë. Dit leer vir ons dat sonde nie primêr bestaan uit jou gewete skend of jou persoonlike of die gemeenskap se standaarde verkrag nie, maar dat ons God se wil vir ons skend.

Moderne mense glo dat net jy kan besluit wat reg of verkeerd is vir jou – jou gevoelens en jou persepsies is die enigste manier om te bepaal wat reg en verkeerd is.. Algemene kennis weerspreek dit. As verkeerd net deur ons oë bepaal word, hoe kan ons die Nazi’s oortuig dat uitwissing van die Jode verkeerd was. Hulle het gedog hulle bewys ‘’n guns aan die mensdom. As ons erken dat ons eie oë nie voldoende is om sonde te definieer nie, moet ons vra wie se oë is dan voldoende? Is dit die oë van kundiges of van die meerderheid. Die Bybel se antwoord is reg. Sonde is as ons God se wil vir ons verontagsaam. Wat God as sonde sien, is sonde, maak nie saak wat ons dink of wat die kultuur dink nie.

2. Dit herinner ons aan die misleiding van sonde. Dit herinner ons aan hoe maklik ons onsself mislei. Die Israeliete het sielkundige en kultureLe rasionalisering vir hulle sondes gehad. Hulle was in groepsontkenning. In hulle eie oë en persepsie het hulle niks verkeerd gedoen nie. Maar op die bewuste vlak het hulle nie skuldig gevoel nie. Daar was ‘’n diep maar onderdrukte kennis dat hulle God se wil verwerp het. Hulle het baie verduidelikings vir hulle lewenswyse.aangevoer.

 

Ons weet nie watter redes hulle aangevoer het nie. Ons moet egter onthou dat die kern van alle sonde afgodery is. Afgode is nie noodwendig slegte dinge nie. Dit kan goeie dinge wees wat ons omskep het in ons uiteindelike doel en hoop. ‘’n Afgod is van nature misleidend. Dit sê vir ons ons doen die regte dinge, wanneer ons dit in God se plek as afgod geplaas het. Dit beteken ons moet ons geduig evalueer deur nadenke oor die Bybel en deur persoonlike aanspreeklikheid teenoor ander. Ons kry altyd maniere om ons sondes te rasionaliseer. Hulle lyk nie te sleg in ons oë nie:

Satan paints sin with virtue’s colors (Thomas Brooks).




Jou Geneesheer ken jou pyn

Jou Geneesheer ken jou pyn

15 Februarie 1921. In die Kane Summit Hospitaal in New York is ‘n geneeheer besig met ‘n blindederm-operasie. Die pasiënt het van erge buikpyn gekla. Die diagnose was duidelik; ‘n ontsteking van die blindederm. Dr Evan O’Niell Kane was die chirurg. Hy het reeds amper 4 000 blindederms verwyder.

Die operasie is uitsonderlik vir twee redes:

  1. Die gebruik van plaaslike in plaas van algemene narkose. Dr Kane is ‘n kruisvaarder teen algemene narkose. Hy glo dat plaaslike verdowing veiliger is. Baie kollegas stem in beginsel met hom saam, maar hulle sal eers in die praktyk met hom saamstem as hulle sien dat dit gedoen word. Uiteindelik het hy ‘n vrywilliger.

Die pasiënt word voorberei; die plaaslike verdowing word toegedien; die snit word gemaak en die blindederm word verwyder. Tydens die operasie kla die pasiënt van ongemak. Hiermee bewys dr Kane dat plaaslike verdowing ‘n moontlike, selfs verkieslike, alternatief is.

  1. Die operasie was uniek, want plaaslike verdowing in plaas van algemene narkose is gebruik. Nog iets was uniek aan die operasie – die pasiënt. Die pasiënt was Dr Kane self. Hy kon nie ‘n vrywilliger oorreed om die operasie onder plaaslike verdowing te laat doen nie.

Hierdie verhaal van die dokter wat sy eie pasiënt was is maar gering in vergelyking met God wat mens geword het. Maar Jesus het dit gedoen, sodat ons kan glo dat die Gneesheer ons pyne ken. Hy het Homself in ons posisie geplaas. Hy het ons pyne ondervind en ons vrese gevoel. Verwerping? Hy het dit gevoel. Versoeking? Hy het dit geken. Eensaamheid? HY het dit ondervind. Die dood? Hy het dit geproe. Spanning? Hy weet wat dit is.

Hoekom het Hy dit gedeon? Sodat wanneer jy seerkry jy na Hom toe sal gaan en Hom sal toelaat om jou te genees. Hy is jou Vader en Geneesheer




DIE lewe wat jy nog altyd wou gehad het.

DIE lewe wat jy nog altyd wou gehad het.

Wat ons nodig het, is nie ‘n lys dinge om te doen as ons ‘n goeie Christen wil wees nie, maar ‘n padkaart na ware transformasie. Wat nie by jou begin nie, maar by die Persoon aan die einde van jou reis –Jjesus Christus. Sukses op enige gebied vereis oefening, toewyding en die vermoë om uit terugslae te leer. As iets die moeite werd is, moet ons alles doen om dit te bereik. As ons geestelik volwasse wil wees, geld presies dieselfde.

 

Paulus het dikwels uitdrukkings gebruik wat hy by die sporttwêreld geleer het – hardloop om te wen, oefen jou liggaam, ens. Hierdie uitdukkings wys vir ons dat geestelike groei dieselfde mate van toewyding vereis as om in enigiets anders suksesvol te wees.

The good news as Jesus preached it is that now it is possible for ordinary men and women to live in the presence and under the power of God… It is not about the minimal entrance requirements for getting into heaven when you die. It is about the glorious redemption of human life — your life. It’s morphing time. ~ John Ortberg

Om getransformeer te word, beteken om te verander. Transformasie vind oral om ons plaas – die hele tyd. Ons moet kyk na wat vereis word voor transformasie kan plaasvind.

Ons gebbruik dikwels die woord “geestelike transformasie.” Ons moet nerskryf wat dit vir ons beteken en wat die indikatore van gestelike transformasie is – hoe weet ons ons transformasie was suksesvol.

 




Die weduwee gee alles

Die weduwee gee alles

Dink jou in: hier is ‘’n weduwee en ‘’n seuntjie. Haar man is dood en sy en haar seuntjie is besig om van honger dood te gaan. Hulle is slagoffers van ‘’n wydverspreide hongersnood. Hulle kon niks doen om hulle lot te verbeter nie.  Al wat sy het, is ‘’n handvol meel en ‘’n bietjie olie in ‘’n erdekan. Sy maak houtjies bymekaar dan gaan sy en haar seuntjie eet. Daarna moet ons maar doodgaan.

 

Wat sou jy gedink het as dit jy was? Wat sou jy dink oor God? Wat sou jy vir jou seun gesê het? Wat sou jy gedoen het as iemand wat jy nie ken nie na jou toe gekom het en gevra het vir die bestanddele van jou laaste maaltyd?

 

HierdIe is die verhaal van di weduwee van Sarfat (1 Konings 17:8 – 24). Plaas jouself in daardie weduwee se skoene. Soms vergeet ons dat die karakters in die Bybel mense net soos ek en jy is,

Hulle het ook hoop en drome gehad; hulle het ook geglo en getwyfel; hulle het ook vreugde geken en wanhoop ervaar. Hoe kan die toestand van hierdie weduwee enigsins erger gewees het? Sy het erge pyn ondervind, maar sy het nie geweet wat volgende gaan gebeur nie.

Plaas jou in haar plek. Haar man is dood en sy besef dat sy en haar seun ook binnekort gaan sterf. Die lewe kan tog nie donkerder wees nie.

Wat sy nie geweet het nie was dat God betrokke was. God het reeds besluit sy sal deel van iets wonderliker wees as waarvan sy kon droom. God het hierdie swak en gebroke vrou gekies wat geloofsmense deur die eeue heen sou beïnvloed. Deur haar verklaar Hy dat hy die opstanding en die lewe is.

 

Ons ontmoet haar by die stadspoort waar sy besig was om houtjies op te tel. Elia vra vir haar ‘’n bekertjie water om te drink. Haar reaksie verbaas ons. Sy vergeet van haar eie swaarkry en gaan haal die water. Elia vra nog meer – hy wil ook ‘’n stukkie brood hê. Sy het nie brood nie, net ‘’n handvol meel en ‘’n bietjie olie in ‘’n erdekan. Besef Elia nie dat daar ‘’n hongersnood is nie. Sy beplan haar en haar seuntjie se laaste maaltyd – daarna moet ons maar doodgaan. Nou sê Elia vir haar: SO Sê DIE Here, die God van Israel: die meel in die kruik sal nie opraak nie en die olie in die kan sal nie minder word nie totdat die Here laat reën het op die land. Die storie eindig op ‘’n positiewe noot: van toe af het hulle genoeg gehad om te eet.

Hierdie is een van die geloofskeuses wat ons dwarsdeur die Bybel kry: sal die weduwee doen wat sin maak en die meel en olie vir haarself hou of sal sy die laaste ding wat sy op aarde het an die sorg van God oorgee. Deur in geloof op te tree, mak sy vir Elia ‘’n roosterkoek en ook vir haar en haar seuntjie, dit was vir haar moontlik om nog baie maaltye voor te berei, want die meel en olie het nie opgeraak nie. Hierdie seëning is ‘’n beeld van die God wat lewe gee wat haar met sy genade aangeraak het. God vra dikwels vir ons om dit wat ons het te offer om  darmee meer te doen as wat ons beperkte denke ooit kon dink.

Ons storie is nog nie verby nie. Die seuntjie word siek en hy sterf. Hoekom sou God toelaat dat die gebeur?  Dit maak tog nie sin om genoeg kos te gee en dan die seuntjie te laat sterf nie. Moes God haar nie vir haar getrouheid beloon het nie. Nee, God het hierdie weduwee en haars euntjie gekies as profesie oor die betekenisvolste gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld – Jesus se kruisdood en opstanding. Deur die weduwee van Sarfat verklaar God dat Hy Nie net lewe gee nie (Hy maak voorsiening vir die behoeftes van kinders), maar Hy is ook die God wat lewe gee – Hy don iets wat niemand nog ooit kon doen nie – Hy oorwin die dood.’

 

Elia gaan lê op die kind ’n bid tot die die Here om die lewe weer terug te bring na die kind.  Die Here antwoord sy gebed en die kind leef weer.

Het hierdie verhaal enige toepassing op ons? Hierdie is nie net ‘’n storie in ‘’n boek nie, maar ‘’n profetiese oomblik vir elke kind van God. Hierdie is ‘’n profesie van ‘’n ander enigste Seun wat sou sterf en weer sou opstaan. Hy staan op uit die graf en oorwin sonde en die dood. En Hy gee lewe aan almal wat hulle vertroue in Hom plaas.

Toe sy uitgegaan het om houtjies vir haar laaste maaltyd op te tel, het die weduwee geen idee gehad van die radikale verandering van haar lewe wat op haar wag nie. Dit sou nie haar laaste dag wees nie, want wat oor haar gehang het, was nie die skaduwee van die dood nie, maar die Gewer van lewe.. Hy sou nie net aan haar lewe gee nie, maar lewe aan almal wat in Hom glo. Dit alles begin by die verregaande versoek van ‘’n vreemdeling en haar optrede van gehoorsamheid