Die wêreld van die Nuwe Testament

 

Man was never meant to be a god, but he is forever trying to deify himself. —Martyn Lloyd-Jones

 

Die wêreld van die Nuwe Testament

Ons gaan verder met Mel Lawrenz se reeks oor hoe ons die Bybel moet verstaan.

As ons van die Ou na die Nuwe Testament oorgaan, betree ons ‘n hele nuwe wêreld. Die gaping tussen die twee Testamente is 400 jaar, maar wat in daardie tydperk gebeur het, is die toneel waarop alles in die lewe van Jesus en die uitgebreide sending van sy volgelinge sou plaasvind.

 

Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word (Galasiërs 4:4 – 5). Jesus, die Messias, is gebore toe God dit bedoel het.

 

In die evangelies ontmoet ons Romeine, Sadduseërs, Frasiseërs, Jode, skrifgeleerdes, Herodiane en baie ander. Ons moet weet wie hierdie mense was as ons die rol wat hulle in die groot drama, die Nuwe Testament, gespeel het, wil verstaan.

 

Die wêreld van die Nuwe Testament sluit Israel in, maar in Handelinge en die briewe betree ons die groter Grieks-Romeinse wêreld rondom die Middellanse See. Jesus se lewe word grotendeels beperk tot Judea en Galilea. In Jerusalem kry Jesus met Romeine en Joodse godsdiensleiers te doen. In Galilea is dit gewone plattelandse mense. Paulus reis per boot en te voet deur Sirië, Klein Asië, Kreta, Griekeland en Italië. Die epiese verhaal van sy lewe sluit in kettings, tronke en verhore wat in preke verander.

 

Die wêreld van die Nuwe Testamente is ‘n botsing en vermenging van Joodse, Griekse en Romeinse kulture. Die ballinge keer uit Babilon terug en herbou Judea – baie kleiner as wat Israel op sy hoogtepunt was. In 330 vC verower Aleksander die Grote die hele gebied. Die Griekse kultuur was moeilik om te weerstaan. Die Griekse taal was dominant – al die boeke van die Nuwe Testament was oorspronklik in Grieks geskryf. Teen hierdie tyd was die Ou Testament ook reeds in Grieks vertaal – die Septuagint. Hierdie Griekse Ou Testament is deur baie van die skrywers van die Nuwe Testament gebruik.

 

Aleksander se opvolgers het die ryk verdeel. Ons kry die opstand van die Makkabeërs en Joodse onafhanklikheid wat ongeveer 100 jaar duur (dit begin in 166 vC). In 63 vC verower die Romeinse generaal Pompeiï Jerusalem. In 37 vC word Herodes die Grote koning van die Jode. Die Romeine met hulle leër bly in beheer. Meeste mense wat gewag het op die koms van die Messias het ‘n sterk leier wat die Romeine uit Judea sou verdryf, verwag.

 

In die Nuwe Testament loop ons twee belangrike groeperings raak – die Fariseërs en die Sadduseërs. Hulle het hulle oorsprong gehad in die tyd toe Judea onafhanklik was – ongeveer 150 jaar vantevore. Hulle doel was om die Joodse identiteit te bewaar insluitend sy geestelike integriteit. In Jesus se tyd was baie van die Fariseërs egter behep met selfgeregtigheid, geestelike blindheid en wettisisme.

 

Die wêreld van die Nuwe Testament is ‘n verwarrende massa godsdienste, filosofieë, politieke partye, godsdiensgroepe en etnisiteite. Daar was baie gode in die Grieks-Romeinse wêreld, maar mense wag vir die werklike waarheid. Dit is presies wat ons in die evangelie van Jesus Christus kry.

 

 

 

 




Die jonger vroue

 

To love means loving the unlovable. To forgive means pardoning the unpardonable. Faith means believing the unbelievable. Hope means hoping when everything seems hopeless.” G.K. Chesterton

 

Die jonger vroue

Ons het reeds gehoor wat Paulus vir die ouer mans en ouer vroue in Titus 2:1 – 6 gesê het. Nou lees ons van die jonger vroue: Sodat julle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.

 

Hierdie is een van daardie gedeelte wat mense graag gebruik om te wys dat die Bybel eintlik maar outyds is.

Goeie huisvrouens –  beteken dit dat Paulus hier sê dat vrouens se plek in die huis is? Hierdie siening ignoreer baie ander gedeeltes waar vroue geprys word vir hulle werk buite die huis. Wat beteken dit dan? Daar is ‘n neiging by jong vroue om van hulle God-gegewe verantwoordelikhede weggetrek te word. en vervulling elders te kry. Dit gebeur byvoorbeeld as vrouens hulle beroep belangriker ag as hulle kinders. Ons moenie vervulling in selfverwesenliking soek nie, maar in getroue diens aan God. Dit mag opoffering vereis – aanvaar dit. Jesus kry vervulling deur sy dissipels se voete te was. Hoekom? Dit is wat die Vader van Hom verwag het. Ons kry vervulling in getroue dienaarskap en nie in die lof van die wêreld nie.

 

 




Kleingroepe en visie

 

I had rather stand against the cannons of the wicked than against the prayers of the righteous. —Thomas Lye

 

Kleingroepe en visie

Sonder rigting sal jou kleingroep ‘n rustige dood sterf. Goeie kos en alledaagse gesprekke kan nie die fondament wees waarop jy ‘n kleingroep kan bou nie. Baie groepe kom gereeld bymekaar sonder ‘n duidelike mandaat – hulle weet nie of hulle hulle doel bereik nie.

 

Daar is sekere kernvrae wat ons moet vra: Wat definieer ons bymekaarkom? Is dit die moeite werd om tyd saam te spandeer? Kleingroepe het ‘n visie nodig – wat is die funksionele doel van ons byeenkomste. Wat wil julle bereik? Om ‘n visie te ontwikkel verenig en inspireer ‘n groep.

 

Gewoonlik kan ons die doelwiite van die kleingroep sien as:

  1. Ken en dien mekaar voortdurend. Ons bid saam, ons vra vrae, ons dra mekaar se laste, ons leer van mekaar, ons bemoedig mekaar.
  2. Vertrou op die Here in gebed. Gebed is die middel tot alles. Ons kyk na God vir alles wat ons nodig het.
  3. Ontmoet God in sy woord – getrou en vol verwagting. Die Bybel speel ‘n sentrale rol in die byeenkomste. Lees gereeld met geloofsoë; verwag dat God met ons sal praat elke keer as ons sy woord lees.
  4. Maak dissipels vir Jesus. Ons opdrag van Jesus is duidelik. God het ons gered om ons te stuur. Ons is sout en lig in die wêreld. Ons is die manier wat Hy verkies het om sy goeie boodskap te versprei.
  5. Rus met vertroue en in nederigheid in die evangelie. Alles wat ons doen en sê, moet op die fondament van die evangelie gebou word. Ons verdien nie God se liefde nie, maar deur Christus het Hy dit vir ons gegee.
  6. Leef jou verlossing met vreugde uit. Ons moet meer em meer soos Christus leef.

 

Hierdie is ses dinge wat ons as groep wil ondervind as ons onsself in mekaar belê.

 




God se woord en die kerk

 

Winning arguments does not create spiritual transformation. —Paul Wartman

 

God se woord en die kerk

Baie kerke verkeer in ‘n krisis. In baie gevalle kan ons nie tussen die kerk en die wêreld onderskei nie. In kerke val die klem al hoe meer op geld, aktiwiteite en baie mense. ‘n Mens kan hulle amper ‘n spesiale soort klub noem. Hoekom het dit gebeur? Kerke het hulle liefde vir en vertoroue in God se woord verloor. Hierdie mense dra steeds Bybels; hulle gebruik steeds Bybelverse vir hulle preke. Die Bybel is nou ‘n bron van selfhelp advies. Kerke wat nie meer die woord ernstig opneem nie, sal vind dat God hulle verlaat het.

 

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing (Kolossense 3:16). Paulus sê nie net dat die woord van God in ons moet bly nie, maar wys vir ons hoe dit lyk.

  1. Word deur die woord onderrig; leer en onderrig mekaar; word met wysheid gevul

Die woord moet geleer en toegapas word. Die kerk moet sulke leer en onderrig fasiliteer deur sy prediking, Bybelstudie of gesprekke. Dit gaan nie net oor inligting wat ons uit die woord bymekaarmaak nie. Ons sal so sy wil duideliker leer ken (Kolossense 1:9). Hierdie wysheid sal ons prioriteite herrangskik. Uit die Bybel leer ons alles wat ons nodig het vir ons verlossing.

 

  1. Paulus roep ons op om die woord tot eer van God te sing

Sang is ‘n manier om die wysheid van God diep in ons harte en gedagtes te plaas. Sang help ons om die waarheid en ons emosies met mekaar te verbind. Dit is waar ons dikwels die verborge skatte van wysheid en kennis ontdek. Daar is egter ‘n voorwaarde: die inhoud van ons liedere. Oppervlakkige liedere wat mekaar herhaal, is van min waarde. God het aan ons ‘n liedboek gegee – die psalms.

 

  1. Die gevolg van die woord is toenemende dankbaarheid

As die woord van God in ons leef, sal ons lewens van dankbaarheid leef. As ons leer en nadink oor alles wat Christus vir ons gedoen het, sal ons met dankbaarheid gevul wees.

 

Ons het vandag meer as ooit tevore nodig dat die woord van God in ons lewe. Dan sal kerke weer die ware liggaam van Christus word soos God dit bedoel het.