Die wysheidsboeke in die Ou Testament

 

The commands of God are given, not to rob me of joy, but lead me into the fullness of joy. —Matt Chandler

 

Die wysheidsboeke in die Ou Testament

[Ons gaan voort met Mel Lawrenz se oorsig van die Bybel.]

Die spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle weet wanneer iemand verstandig praat … Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom.

Hierdie is die openingsverse van die boek Spreuke een van drie wysheidsboeke in die Ou Testament (Spreuke, Job, Prediker). Daar is ander boeke (soos Psalms) wat wysheidsgedeeltes bevat.  Hierdie is boeke oor die werklike lewe.

 

Spreuke is ‘n boek van praktiese wysheid; Job is ‘n epiese verhaal wat lyding en God ondersoek; die Prediker gee vir ons ‘n skerp perspektief op die harde werklikhede van die lewe. Weereens sien ons die absolute eerlikheid van die Skrif. Ons sien die wanorde in die wêreld en die menslike natuur en dan kry ons leiding oor die soek na die orde van God.

 

Spreuke bestaan uit kort, kernagtige stellings oor die waarheid en praktiese leiding. Hulle hanteer sake soos gesindheid, spraak, seksualiteit, armoede en voorspoed, die huwelik en gesinsake. Hulle bevat dikwels beeldspraak en daarom moet ons die kern van die stelling verstaan.

 

Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn (Spreuke 3:9 – 10). Jy is dalk nie ‘n boer nie, maar die punt wat die skrywer oordra, is tog verstaanbaar: Eer God met alles wat jy besit; as jy gee ‘n top prioriteit in jou lewe maak, sal jy goed doen in die lewe.

 

As jy Spreuke lees onthou altyd dat hierdie algemene stellings is wat oor die algemeen waar is. Die skrywer sê nie dat dit waarborge is wat altyd waar is nie. Die oorspronklike lesers het geweet dat droogtes gereeld gebeur; diewe steel. Maar oor die algemeen is die stelling van oorvol skure en parskuipe wat oorloop waar.

 

Baie ouers vertrou op Spreuke 22:6: Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef en hy sal ook as hy oud is nie daarvan afwyk nie. Daarom staan sommige ouers verbaas as hulle kinders hiervan afwyk. Hulle aanvaar onmiddellik dat hulle iets verkeerd gedoen het. Die spreuk is nie ‘n waarborg nie – dit help en is duidelik. Ouers moet die leiding wat hulle aan hulle kinders gee ernstig beskou.

 

Ons moet die boek in afdelings lees en nie een vers op ‘n slag nie. Deur ‘n vers buite konteks uit te kies, lei tot misverstande – dit verhoed ons om die geheel te sien.

 

Job is ‘n hartverskeurende verhaal van ‘n man wat ongelooflike lyding deurgaan. Die hoofkarakters sê baie dinge wat nie waar is nie – byvoorbeeld dat lyding die direkte gevolg van sonde is. Maar uiteindelik vind Job troos by God en nie in filosofiese antwoorde nie.

 

Baie mense lees die Prediker as ‘n stelling van hopeloosheid. Dit is ‘n baie eerlike beskrywing van die donker kant van die lewe wat ons laat koester in God se genade.

 




Evangelisasie verander nooit nie – die metodes wel

 

Adam wasn’t lonely because he was imperfect but because he was perfect. The ache for friends is not the result of sin. – Tim Keller

 

Evangelisasie verander nooit nie – die metodes wel

Die boodskap van die evangelie verander nooit nie, maar die maniere waarop ons dit aanbied mag wel verander. Evangelisasie is nie werwing nie. Evangelisasie is nie uitreik nie, alhoewel uitreik tot evangelisasie mag lei. Evangelisasie is wanneer mense direk uitgedaag word met die evangelie en uitgenooi word om te reageer.

 

Evangelisasie sluit altyd ‘n kruis en ‘n leë graf in. Sonder hierdie boodskap is daar geen evangelisasie en geen goeie nuus nie. Evangelisasie is transkultureel en universeel. Dit gaan oor mense wat opgeroep word om Jesus Christus te vertrou en te volg; wat glo dat die krag van die evangelie hulle verander as hulle hulle sondes bely.

 

Maar hoe ons evangelisasie doen en hoe ons die evangelie verkondig, word beïnvloed deur die kultuur. In die verlede het ons die groot saamtrekke gekry – dink maar aan Billy Graham. God gebruik steeds sulke saamtrekke dwarsoor die wêreld. Vandag is daar mense wat die doeltreffendheid van sulke saamtrekke bevraagteken.

 

‘n Algemene vorm van evangelisasie is waar die huis as basis gebruik word. Jesus Christus is ons enigste hoop. Ons eer en vreugde is om met Hom deel te neem aan die evangelisering van ongelowiges op doeltreffende maniere. Een van die beste maniere is om mense uit te nooi na jou huis om saam te eet.

 

Ons moet baie sensitief wees vir die verskillende metodes van evangelisasie sodat soveel mense as moontlik die geleentheid kry om die goeie nuus te hoor.

 

 




Geestelike groei en sang

 

To know that God knows everything about me and yet loves me is indeed my ultimate consolation. —R.C. Sproul

 

Geestelike groei en sang

Daar is sekere gewoontes – geestelike dissiplines – wat sinoniem is met geestelike groei. Hier dink ons aan Bybelstudie, gebed, vas en ander. Dit is interessant dat mense gereeld in die Skrif aangesê word om te sing. Dit lyk asof sing in die Bybel nie ‘n opsie is  nie, maar ‘n opdrag. Hoekom sou dit so wees.

  1. Ons moet sing, want ons vergeet

Ons is geestelik vergeetagtig. Ons hoor van al God se beloftes – ons lees hulle, bestudeer hulle, dink na oor hulle. Maar kom daar die geringste probleem in ons lewe begin ons twyfel. Is God wie ons dink Hy is? Daarom moet ons sing. Sang lig die oë na bo. Vanaf die begin was een van die belangrikste instumente om teologie te leer musiek.

 

  1. Ons moet sing, want ons is emosioneel

Emosies is ‘n gawe. Ons harte word wakker as ons sing. Ons kan nie deur ons emosies beheer word nie, maar as ons nooit emosioneel met God verbind nie, is ons geloof maar vaal. Dit is waarom ons opdrag kry om te sing – wanneer ons denke onthou maar ons hart vergeet.

 

  1. Ons moet sing, want ons is trots

Sang, vir meeste van ons, is onwaardig, want ons het nie juis groot stemme nie. Ons stemme is nie geoefen nie. Kinders en nie volwassenes nie, sing. As ek dus so sing dat ander my kan hoor, moet ek my trots vergeet.

 

Kom ons sing; kom ons sing hardop; kom ons sing tot eer van God.

 

 

 




Die kerk is te “weerstaanbaar”

 

When God Commands, we are to obey. When he asserts, we are to believe him. When he promises, we are to embrace and trust those promises. Thus, we respond to the sheer authority of God’s word – John Frame

 

Die kerk is te “weerstaanbaar”

Andy Stanley sê dat die kerk onnodig “weerstaanbaar” geword het. Hy glo dat die hardkoppige tempel model verander moet word. Hy spreek sy waardering uit oor veranderings wat wel gemaak is – torings, pakke en kore is iets van die verlede.. Die kerk is nou meer toeganklik vir mense wat nou nie juis kerkmense is nie.

 

Die probleem is dat die kerk steeds vashou aan die tempelmodel wat hy beskryf as die toesê van buitengewone mag aan “heilige mense in heilige plekke wat die betekenis van heilige tekste bepaal.” Die koms van Jesus was die einde van hierdie model. Die kerk is nou ‘n gemeenskap van mense wat onderrig word deur ‘n man deur God gestuur om God te verduidelik en die pad vir God oop te maak.

 

Hoekom is die kerk so “weerstaanbaar”? Jesus se drie belangrikste opdragte – liefde vir God, liefde vir mekaar, liefde vir jou vyande – is tog nie iets wat ons kan weerstaan nie.

 

Dit is noodsaaklik dat die kerk vasstel wat die probleem is en dit regstel. Ons moet alles stroop wat die kerk van Jesus Christus onnodig “weerstaanbaar” maak.