Die Josef-verhaal

Die Josef-verhaal

Meer tyd word in Genesis aan Josef afgestaan as aan enige van die ander karakters. Verbasend as ons aan die ander hoofkarakters in Genesis dink: Adam, Noag, en die aatsvaders; Abtaham, Isak en Jakob. Dit is nog meer verbasend as ons daarop let dat Josef in die res van die Skrif min aandag geniet.

Hoekom is die Josef-verhaal so prominent in Genesis? Predikers gebruik dikwels vir Josef net om te wys hoe God se oppermag en die mens se verantwoordelikheid verband hou met mekaar. Dan fokus hulle veral op Genesis 50:20: Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen.

Imaar dan sien ons nie die ryk bydrae van Josef se lewe raak nie. God se oppermag is belangrik in hierdie verhaal.. God wil hê dat ons moet sien dat Hy Hom in ‘n onmoontlike situasie plaas en tog hou Hy sy verbondsbeloftes. Josef beklemtoon hoe God se voorsienigheid sy beloftes verseker.

Nou kan ons Josef se uneike bydra tot die Skrif sien.

 

Bedreigings opgelos

Genesis vertel van ‘n aantal bedreigings wat die oorlewing en reinheid van die verbondslyn bedreig het. Lees net Hoofstuk 37 – 50:

  • Gesinsverskille en geweld, wat ons aan Kain en Abel herinner, bedreig die oorlewing (Genesis 37)
  • Ongeregtigheid en huwelike met vreemde nasies bedreig die reinheid van die saad (Genesis 38).
  • Globale hongersnood bedreig die hele verbondslyn 9Genesis 42)

 

God gebruik Josef om elkeen van hierdie bedreigings in Abraham se familie op te los:

  • In plaas van wraak verenig Josef die eenheid van die familie deur met vergifnis uit te reik (Genesis 45;1 – 15)
  • Josef vestig sy familie in Gosen. So beskerm hy hulle teen vreemde kultuurinvloede. Israel ontwikkel in ‘n nasie sonder die gevare van ondertrouery met vreemde mense (Genesis 46:33 – 34).
  • Josef red sy familie en die wêreld tydens ‘n ernstige hongersnood deur wysheid en administratiewe genialiteit (Genesis 41 en 47).

Beloftes vervul

Genesis 37 -50 vertel hoe God sy beloftes aan Abraham vervul. Deur Josef seën die Here die nasies. Potifar stel Josef aan as rentmeester van sy huis. God seën Potifar vir Josef se onthalwe (Genesis 39 4 – 5) Later word Josef aangestel as die hoof van die farao se paleis (41:40). Josef seën die nasies deur koring te voorsien aan al die nasies tydens die erge hongersnood. (41:56 – 57).

 

God gebruik Josef ook om sy belofte om Abraham se saad te vermenigvuldig te vervul. Israel en sy seuns het in die Gosenstreek gebly … hulle was vrugbaar en het baie geword (47:27). Hier is die vrugbaarheid nie meer ‘n‘ belofte nie, maar ‘n werklikheid.

 

Josef staan sentraal in Genesis 37 – 50, mar die hoof rolspeler is God self. Dit gaan nie net oor hoe Josef  die beloftes aan Abraham vervul nie., maar veral oor hoe die Here sy verbond hou en hoe die Here sy beloftes vervul deur Josef. Die verbond is seker in God s hande. God kan die optrede van bose mense orkestreer vir goeie doeleindes (50:20). Deur Josef keer die Here die verloop om n vervul Hy sy beloftes aan Abraham.

 

Hierdie waarnemings bring die volgende vraag na vore: Is Josef nie ‘n tipe (voorafskaduwing) van die Messias nie? Baie teoloë glo dat daar is baie ooreenkomste tussen Josef en Jesus. Josef is ‘n geliefde seun wat deur sy broers verwerp word. Maar deur trou en lyding beklee hy die hoogste troon in die land. Josef se lewe antisipeer dié van Jesus, want God gebruik hom om verbondsbeloftes te vervul.

In Jakob se seën van Josef lees ons: Juda, dit is jy vir wie jou broers sal eer, jy sal jou vyande onderwerp en jou broers sal voor jou buig (49:8).  Jakob skilder die koning wat kom met beelde wat feitlik ooreenstem met Josef se verhaal.

Josef en Juda word nou verbind in hierdie verhaal. Die skrywer stel hulle langs mekaar. Hulle domineer die drie kritiese oomblikke van die Josef-verhaal.: sy begin (Genesis 38 – 9); die klimaks (44 – 45) en Jakob se profesie (49). Josef en Juda se stories is inmekaar geweef. Jakob se profesie wys dat beide die koning van Israel voorafskadu. Deur ‘n tipologiese lyn van Josef na die Messias te trek, bind die skrywer eksplisiet Josef se verhaal in die groter verhaal van Israel wat uitloop op die Messias. Die skrywer maak dit duidelik dat die verhaal van Josef nie ‘n einde op sigself is nie – dit is ‘n patroon vir God se werk in die toekoms.

Genesis 37 – 50 gaan nie net oor God se voorsiening nie, maar ook oor sy beloftes. God gebruik Josef om die gevolge van die vloek om te keer. Hy demonstreer sy mag deur ‘n slaaf in die gevangenis te gebruik wat deur sy eie broers verwerp is Dalk spandeer die skrywer so baie tyd aan Josef om vir ons te wys dat God deur ‘n oënskynlik, onbelangrike Jood groot dinge kan vermag. Of sal sy mense ‘n Josef wat nog moet kom, verwag. Hierdie nuwe Josef – Jesus –  sal die voek finaal en volledig omkeer en die beloftes vervul.

Josef se verhaal is die storie van die hele Bybel. Dit is ‘n verhaal van heerlikheid deur lyding en verheerliking deur vernedering. Dit is die verhaal van die kruis en die kroon.




Wanner Christelike vertroosting meer seermaak as help

Wanner Christelike vertroosting meer seermaak as help

In tye van hartseer is Christene baie geneig om ‘n geestelike beoordeling eerder as deernis te gee. As iemand treur oor die dood van ‘n geliefde begin ons dikwels met Psalm 34;18: AS die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Miskien was dit ‘n reaksie op C. S. Lewis se The Problem of Pain waar hy skryf;

Pain insists upon being attended to. God whispers to us in our pleasures, speaks in our conscience, but shouts in our pain: it is his megaphone to rouse a deaf world.

Maar skreeu God vir ons geestelike insigte of roep Hy ons na Hom toe. Russ Ramsey (Sruck) skryf

Because the Lord often withholds explanation for our pain, we must not look at suffering as though it is some divine gimmick designed to teach us some important life lesson. That would make too little of the reality. God’s people do not walk through suffering toward the moral of the story. Rather, we walk toward the eternal presence of the Maker and Lover of our souls.

In ons erge pyn kry ons dikwels geen antwoord behalwe 2 Korintiërs 12;9 nie: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wannee jy swak is. Hierdie is moeilike konsepte om tydens lyding te artikuleer.

 

Ons vra dikwels vir mense wat ly: “Wat leer God jou?” Die vraag word dikwels gevra as mense nog nie rasioneel dink nie. Dan kan dit soos ‘n inkwisisie klink. Hoe moet ons reageer as ons vriende die verkeerde vrae vra as ons seer het. Ons kan dit net absorbeer en niks sê nie of ons kan sê sy woorde het ons seergemaak. Voor jy ‘n antwoord oorweeg hoe jou vriend se teenwoordigheid liefde gekommunikeer het al het sy woorde dit nie gedoen het nie.

 

Ons reaksie op hierdie vraag mag hierdie dinge oorweeg:

  1. Aanvaar altyd die beste. Dit is nie altyd maklik nie. Mense wat rou is dikwels stekelrig. Die vriendelikste woorde kan verkeerd opgeneem word. Besluit of die persoon naby jou wil kom al het jou ander vriende jou verlaat.
  1. Erken openlik jou broosheid. Ons kan kwesbaar wees met onvolmaakte mense, want ons geregtigheid is God se voltooide werk.
  2. Moenie gebed afskeep nie. Vra jou vriende om vir jou te bid. In die Here se teenwoordigheid verdwyn die spanning as ons saam bid, kom ons beide in God se teenwoordigheid.
  3. As jy besluit om te praat – liefde. As daar ‘n patroon van interaksies is wat seermaak, praat in liefde. Soms is trane genoeg en jou vriend sal besef hy was nie behulpsaam nie.
  4. As jy besluit om nie te praat nie – liefde. Liefde bedek baie sondes Jy mag besluit om die seerkry te absorbeer. Miskien het jy jou vriend misverstaan; miskien het jy nie die energie vir ‘n moeilike gesprek nie. Vra die Here om met jou vriend te praat

 

Sonder Christus kan ons nie vertroosting gee of ontvang nie. Sonder Christus kan vertroosters soos Job se vriende wees – hulle hoop net laag op laag seermaak by iemand wat reeds seer het. Sonder Christus kan ons die kwaadste bedoelings aan ‘n vriend se vertroosting toeskryf. Beide mense het ‘n Verlosser nodig: Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word (Hebreërs 4:16)

 

 




Hoe lees ek Openbaring?

Hoe lees ek Openbaring?

Openbaring is ‘’n moeilike boek om te lees. Dit is vol vreemde beelde en verwarrende getalle en nog meer. Michael Horton gee vyf riglyne om die boek beter te verstaan.

 

  1. Die boek is ‘’n visuele profesie

In Hoofstuk 1 sê Johannes dat wat hy geskryf het ‘’n profesie van Jesus is – wat hy skyf is deur Jesus Christus geopenbaar. Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby (1:3)

 

  1. Die profesie is aan Johannes in ‘’n reeks visioene gegee

Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my ‘’n stem so hard soos die geluid van ‘’n trompet hoor sê: “Skrywe wat jy sien in ‘’n boek op en stuur dit aan die sewe gemeentes (1:10 – 11). Johannes skryf dus ‘’n direkte openbaring van God gekommunikeer in visioene soos ander visioene (byvoorbeeld dié van Josef (Genesis 37:1 – 11) neer. Maar soos Josef se drome moet Johannes se visioene geïnterpreteer word.

 

  1. Openbaring is vol simboliek

In Openbaring kry ons dikwels die simboliek van ander profesieë en visioene, soos die visioene in Daniël en Esegiël. Sommige simboliese dinge word in die visioen self geïnterpreteer – soos die sewe goue lampe wat die sewe gemeentes is (1:20). Sekere dinge in ‘’n visioen is net bykomstighede. Om te verstaan wat simbolies is, is om te kyk wat dit aan die visioen doen. As dit iets bereik simboliseer dit gewoonlik iets wat met die werklike lewe verband hou. Soms interpreteer die teks die simbolisme vir jou en soms verwys dit na iets in die Ou Testament. Meeste van die karakters in Openbaring doen iets. So weet jy hulle is belangrik.

 

  1. Getalle is simbolies

Die getal sewe verteenwoordig heelheid en volledigheid. Dit is God se volmaakte getal. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom en van die sewe Geeste voor sy troon en van Jesus Christus (1:4 – 5). Sewe simboliseer hier die volledigheid van die Heilige Gees dit verwys na Sagaria 4:10. Later verwys Johannes na die Heilige Gees in die enkelvoud (1:10; 2;7, 11 EN 17). Die getal 12 en enigiets wat deur 12 verdeel kan word, verwys na die mense van God. Twaalf was nog altyd ‘’n belangrike getal in die Bybel, want daar was 12 stamme van Israel en 12 apostels. Veelvoude van 10 beskryf ‘’n onbepaalbare, maar groot aantal daarvan wat beskryf word.

 

  1. Tyd is vloeibaar

Omdat dit ‘’n visioen is, is tyd nie streng chronologies nie. Openbaring is ‘’n visuele prentjie van dinge – sommige is al verby, sommige is tans teenwoordig en sommige kom nog in die toekoms. Openbaring is nie een lang chronologiese verhaal nie.

 

  1. ‘’n Gebeurtenis word dikwels vanuit verskillende hoeke geskilder.

Openbaring bestaan uit ‘’n reeks visioene. Hulle verteenwoordig nie dieselfde ding nie; hulle is ook nie in streng chronologiese volgorde nie. Daar is ‘’n klomp herhaling. Een hoofstuk mag ‘’n gebeurtenis uit die perspektief van een of twee karakters beskryf en ‘’n ander hoofstuk beskryf dieselfde gebeurtenis maar vanuit ‘’n ander perspektief. Dit mag ook verskillende dele van die gebeurtenis beskryf.

 

Met hierdie leidrade kan ons meer van die moeilike dele van die boek makliker verstaan. Hierdie is Jesus se laaste profesie aan ons: Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien (1:3) Die boek sluit af met: Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, die Nakomeling van Dawid, Ek is die helder Môrester. Die Geese en die bruid sê: “ Kom!’ en elkeen wat die hoor moet sê: “Kom!’ En elkeen wat dors het, moet kom, elkeen wat die water van die lewe wil hê, mot dit kom kry, verniet!” (Openbaring 22:16 – 17).

 

Ons moenie die boek afskryf nie. Die Here het aan ons alles gegee om dit te verstaan, want dit is vir ons – vir ons bemoediging, volharding en wysheid.

 

 




Wanbegrippe Oor die Nuwe Testament

Wanbegrippe Oor die Nuwe Testament

  1. Die evangeliste gee verskillende weergawes van Jeus se lewe, dood en opstanding

Oogetuie verslae verskil. Dieslefde gebeurtenis is selde presies dieselfde. In die evangelies is daar meer oorvleueling as verskille. As daar verskille is, is hulle gering en verander nie di basiese verslag nie. Om die warheid te sê ons moet meer suspisieus wees as hulle presies dieslfe sê.. Dit ou lyk dan asof hulle vooraf ooreengekom het om saam te werk.

 

  1. Paulus en Jesus leer verskillende dinge

Mense sê die evangelies is vol van Jesus se onderrig oor die koninkryk van God terwyl Paulus se fokus meer op regverdigmsking is. Daarom glo sommige mense dat Paulus iets onderrig wat Jesus nooit onderrig het nie. Openbaring in die Bybel ontvou op ‘’n organiese stap-vir-stap wyse eerder as ‘’n alles tegelyk manier. Jesus het begin dit waarop die apostels onder die inspirasie van die Heilige Gees gebou het. Ons moet ook onthou dat ‘’n konsep teenwoordig mag wees sonder dat di spesifieke woorde gebruik word. Christus het die baie duidelik gemaak dat verlossing net deur Hom kan kom (Johannes 3:16 – 17 en Johannes 14:6) al gebruik Hy nooit die woord versoening nie. Paulus het ook geleer dat Christene wat op Christus vertrou ‘’n ewige erfenis het, dat hulle seuns van God genoem sal word en dat hulle sal opstaan as Jesus weer terugkeer – almal elemente van die koninkryk van God wat Jesus verkondig het.

 

  1. Jakobus en Paulus verkondig twee verskillende verlossings

Dwarsdeur sy briewe beklemtoon Paulus dat regverdigmaking net deur geloof moontlik is. Ons kry dit baie duidelik in Romeine en Galasiërs dit lyk asof Jakobus iets anders leer: geloof plus werke (Jakobus 2;14 – 17). Jakobus ontken nooit die belang van geloof vir verlossing nie. Hy fokus op werke om te wys dat lewende geloof, soos ‘’n lewende boom, vrugte moet dra. Geloof wat dood is, dra nie vrugte nie en is daarom nutteloos. Dit wys vir ons regverdigmaking en heiligmaking is aan mekaar verbind. Regverdigmaking kom altyd eerste.

 

  1. Die Christelike godsdiens is ‘’n primitiewe godsdiens wat die apostels opgemaak het om die behoeftes van die gemeenskap te pas

Die argument is dat die Christelike geloof nie by de moderne wêreld pas nie. Hulle glo dat die apostels  Jesus geredigeer, aangepas en verander het om by die gemeenskap aan te pas. Die apostels het hulle evangelies en briewe nie lank na Jesus s hemelvaart geskryf nie. Daar was nog baie mense wat deur Jesus genees is en sy prediking gehoor het. Lukas verwys na Kleopas wat kan getuig dat hy korrek verslag lewer (Lukas 24). Dit is baie onwaarskynlik dat die apostels Jesus se onderrig sou verander terwyl baie nog geleef het wat kon getuig dat hulle gejok het.

 

  1. die Bybel het foute as gevolg van die verskille tussen die manuskripte

Die ooreenkomste tussen die kernonderrig van die Nuwe Testament is veel meer as die verskille. Die verskille is so minimaal dat hulle nie die betekenis van die kernonderig beïnvloed nie. Dit is merkwaardig as ons onthou dat die manuskripte met die hand oorgeskryf is. Baie van die verskille is kopiëerfoute – ‘’n woord wat uitgelaat is.

 

  1.  Dit is onmoontlik om te weet wat die oorspronklike manuskripte geleer het.

Dit is onwaarskynlik, want ons het so baie kopieë.. Ons het meer as 6000 manuskripte wat almal basies dieselfde ding sê.