Waardes

 

Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds you plant. –Robert Louis Stevenson (1850-1894)

 

Waardes

Waardes is waarhede wat ons gedrag rig en dryf. Ons maak geen kompromieë oor waardes nie – dit is waarhede wat nie debatteer word nie. Waardes plaas grense om ons gedrag.

 

Die skrywer van Psalm 15 openbaar waardegedrewe gedrag. Die persoon wat die teenwoordigheid van God geniet en onberispelik wandel, is die persoon wat met sy hele hart die waarheid praat (vers 2). Omdat hy dit doen, praat hy nie kwaad nie, doen nie sy medemens kwaad aan nie en beledig niemand nie (vers 3). Omdat hy die waarheid liefhet, hou hy sy woord – selfs tot sy eie skade. Hy doen ook nie die onskuldige tekort aan nie.

 

Leiers wat waardegedrewe is, sal volgens die psalmis nooit wankel nie. Ten spyte van wat om hulle gebeur, leef hulle met vertroue, want die regte waardes het hulle besluite gedryf.

 

Watter waardes dryf jou gedrag? Die wêreld se waardes word op die fondament van selfbelang en die omstandighede gebou. Dit is gewoonlik vlak en subjektief. Die Bybelse waardes weerspieël God se onveranderbare karakter.

 

Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart oor wees (Matteus 6:19 – 21).

 

 




Die geheim van selfdissipline

 

What else does anxiety about the future bring you but sorrow upon sorrow?” ~ Thomas A. Kempis

 

Die geheim van selfdissipline

“To live by grace means to acknowledge my whole life story, the light side and the dark. In admitting my shadow side, I learn who I am and what God’s grace means.” —Brennan Manning

‘n Bekende akteur is gevra oor sy voorbereiding vir ‘n moeilike rol. Hy vertel van al die harde werk. Hy gaan verder en sê dat die werk vir hom goed is, want vryheid lê aan die anderkant van dissipline – eenvoudig en duidelik. Is dit waar? Dit hang af van na watter dissipline verwys word.

 

Mense sien dissipline dikwels as ‘n oorlog wat jy teen jouself voer. Daar is ‘n deel van jouself wat sleg en ongewens is en jy verklaar oorlog daarteen. Enige dissipline aangeblaas deur selfverwerping lei nie tot vryheid nie, want dit is op skaamte en vrees gebou. Dit het niks met vryheid te doen nie, maar met beheer.

 

Baie mense sê dat hulle so optree weens hulle begeerte om God tevrede te stel. Maar God hanteer ons nooit so nie. God se benadering is altyd een van deernis – deernis wat lei tot berou en bekering. God besef dat liefde, nie oordeel nie, die sleutel tot persoonlike transformasie is. Ons noem dit genade.

 

Die Heilige Gees kom om ons lief te hê juis daar waar ons onsself verwerp. Dit wat ons dink ons nie kan liefhê nie, is juis die ding wat Hy liefhet. Deur dit lief te hê, herstel Hy dit. Die dissipline van God is ‘n dissipline aangevuur deur liefde. Hy het ons te lief om dele van ons wese in die donker te los. God herstel enigiets na sy oorspronklike heerlikheid deur dit lief te hê. Jy kan nie enige deel van jouself verander as jy dit nie eers liefhet nie.

 

Enige dissipline aangedryf deur skaamte kan nooit tot vryheid lei nie. Dit los jouself verdeel – jy verklaar oorlog teen jouself. Jy is voortdurend in ‘n stryd, wat jy nooit kan wen, gewikkeld.

 

Wat dryf jou pogings tot selfdissipline?

 

 

 

 




‘n Teenmiddel teen apatie

 

It is better to preach five words of God’s Word than five million words of man’s wisdom. —C.H. Spurgeon

 

‘n Teenmiddel teen apatie

Wat is die rol van die leier om sy span te motiveer? Selfbewustheid dryf selfbestuur. Selfbewussyn dryf ook deernis. Hierdie vaardighede beteken dat ‘n leier mense kan beweeg met ‘n outentieke visie. ‘n Gedeelde doel maak werk opwindend.

 

Die mens is nie gemaak om in isolasie te lewe nie. Baie leiers is radeloos as hulle spanlede nie gemotiveer is nie Nou probeer hulle hulle op die verkeerde manier motiveer: deur hulle te straf of om meer eksterne belonings aan hulle te gee. Langtermyn motivering is intern – ‘n sin van “ons.” As jy deel van ‘n gemeenskap is, floreer jy. ‘n Leier wat bewus is van die belang van verhoudings sal ‘n omgewing skep  wat die werker betrokke is vir die beswil van almal. Jy besef dat jy saam met jou medewerkers by ‘n reis betrokke is.

 

Een manier om ‘n sin van gemeenskap te bewerkstellig is deur al die dele van die organisasie wat beweeg te integreer. Dan besef mense hulle is saam in dieselfde bootjie – nie in kompetisie nie. Dan moet ‘n leier besef dat elke spanlid iets na die tafel bring wat die hele organisasie baat. As jy die verskillende spanlede as dele van die geheel sien, is jy in staat om hulle te verbind.

 

 

 




Ek is besig om te verdrink

 

The child of God should not be overanxious to make new gains; what he essentially requires is to keep what he already has, for not losing is itself a gain. The way to retain what he possesses is to engage it.” ~ Watchman Nee

 

Ek is besig om te verdrink

Perry Noble vertel die volgende verhaal. ‘n Man is besig om te verdrink en kan homself nie red nie.

  • ‘n Bootjie kom verby vol mense wat debatteer of mense wat besig is om te verdrink, voortbestem was om te verdrink en of hulle besig is om te verdrink as gevolg van hulle eie keuses.
  • Nog ‘n bootjie kom verby. Hierdie bootjie was vol mense wat ‘n in-diepte studie doen oor hoe om mense wat besig is om te verdrink te help.
  • ‘n Derde bootjie kom verby vol mense wat met passie bid vir mense wat besig is om te verdrink.
  • Nog ‘n bootjie kom verby. Hulle sien die man wat besig is om te verdrink en sê: “Ons hou van ons bootjie net soos Hy is. As hierdie man in ons bootjie sou kom, gaan hy dinge verander en ons sal aanpassings moet maak. Hulle seil verder.
  • Die vyfde bootjie is vol mense wat vir die man wat besig is om te verdrink skreeu dat hy homself in so ‘n posisie gekry het.
  • Die mense van die sesde bootjie sê vir die man wat besig is om te verdrink dat hulle hom graag sou wou help, maar hy moet homself eers droogmaak en ophou raas, want dit sal die netheid van die boot versteur.
  • Die sewende bootjie kom, stop en red die man wat besig was om te verdrink.

 

Herken jy hierdie sewe bootjies? In watter bootjie is jy?