‘n Gewone lewe

 

Don’t excuse yourself by accusing Satan. —Thomas Brooks

 

‘n Gewone lewe

Is ‘n buitengewone lewe die norm? Waarvoor ons geroep is om elke dag op ‘n spesifieke plek te doen, is beloning genoeg. Maar gewoon is nou nie ‘n woord waarvan ons hou nie – ons wil nie gewone mense wees nie; ons wil nie lidmate van ‘n gewone gemeente wees nie; ons wil nie ‘n gewone werk hê nie. Ons glo dat ons lewe moet tel; ons moet ‘n verskil maak.

 

Maar daar is ‘n toenemende onrustigheid met hierdie siening. Ons is moeg vir die gereelde oproepe vir radikale verandering. Michael Horton hanteer hierdie probleem in sy nuutste boek: Ordinary.

 

Alledaagsheid is vervelig – en ons mense is baie bang vir verveeldheid. Ons groot idee “om die wêreld te verander,” beteken dikwels dat ons nie die geleenthede om ons raaksien nie – of hulle vermy. Waar is om ons? Daar waar God ons geplaas het om Hom te verheerlik en te geniet en diegene om ons se lewens te verryk. Soms is die beste manier om ‘n buitengewone lewe te leef juis om buitengewoon te leef in ‘n gewone lewe – om radikaal lief te hê en ander om ons te dien, maak nie saak waar ons is nie.

 

Die genesing vir selfsugtige ambisie en rustelose toewyding aan die “volgende groot ding” is tevredenheid. Maar tevredenheid het ‘n voorwerp nodig. Hierdie voorwerp is die evangelie. Die evangelie is radikaal: Dit is ‘n krag van God tot redding van van elkeen wat glo (Romene 1:16). Ons harte, gevul met blydskap, is gretig om God te dank, te groei en ander te dien.

 

God gee aan ons lewe; Hy voorsien vir ons; Hy maak beloftes wat Hy altyd vervul. Hy is altyd met ons – tot aan die einde. Dit is ons sekerheid. Uit ons tevredenheid kan ons ons gewone taak in die wêreld verrig asof ons dit vir die Here doen.

 




Hanteer twyfel

What I need first of all is not exhortation but the gospel, not directions for saving myself but knowledge of how God has saved me – Gresham Machen

 

Hanteer twyfel

Dit is tydens tye van swaarkry, twyfel en beproewing wat dit wat ons oor God glo, geopenbaar word. Hoe kan ‘n Christen geloof kry in tye van twyfel? Hoe kan hulle op God vertrou as dit lyk asof hulle lewens buite beheer is, as dit lyk asof ons gebede nie beantwoord word nie? Dan kom allerhande vrae na vore. Is God goed/oppermagtig: Gee Hy om? Randy Alcorn sê dat dit in tye soos hierdie is dat ons weer ons wêreldsiening in lyn met God se woord moet bring.

 

Die fondament waarop ons geloof gebou is, is die oppermag van God. Ons weet dat God alles laat meewerk vir dié wat Hom liefhet (Romeine 8:28). Alles staan onder God se beheer. Niks gebeur sonder sy leiding nie – ook lyding en swaarkry. Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit (Efesiërs 1:11). Alles is alles. ‘n Oppermagtige God bereik sy doel selfs te midde van pynlike en tragiese gebeure.

 

Lyding en swaarkry kan ons nader aan God trek of verder wegstoot. Just as the small fire is extinguished by the storm whereas a large fire is enhanced by it, likewise a weak faith is weakened by predicaments and catastrophes whereas a strong faith is strengthened by them (Viktor Frankl). Ware geloof in ‘n oppermagtige God, kan sterkte put uit swaarkry. Geloof beteken dat ek glo dat God goed is en al sien ons dit nie nou raak nie, sal ons eendag as ons terugkyk duidelik God se oppermag en goedheid sien.

 

As ons twyfel, belowe God om ons nooit te verlaat nie. Om God te vertrou, is ‘n geloofsaak. Geloof word net gevestig en onderhou deur gereelde blootstelling aan die waarheid en ons toepassing van daardie waarheid in ons lewens. Daarom is dit noodsaaklik om tyd in God se woord te spandeer en om deel van ‘n geloofsgemeenskap te wees. As ons geloof op die waarheid gebou is, sal ons staande bly – selfs in tye van twyfel.

 

As jy deur die water  moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie (Jesaja 43:2). Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud (Job 23:10). In hierdie wêreld van swaarkry het ek hoop en geloof vir die toekoms, nie omdat ek ‘n stel reëls volg nie, maar omdat ek ‘n Persoon ken. Hy het my hele lewe getransformeer – Hy het my ‘n nuwe hart gegee.

 

 




Wanneer laas het jy iemand bemoedig?

 

Give yourself fully to God. He will use you to accomplish great things on the condition that you believe much more in His love than in your own weakness – Moeder Teresa

 

Wanneer laas het jy iemand bemoedig?

Een van die belangrikste komponente van leierskap en doeltreffende spanne is die ontwikkeling van ‘n kultuur van bemoediging. As ‘n leier hoe dikwels bemoedig jy diegene wat goeie werk verrig? In sommige omgewings hoor ons feitlik nooit woorde van bemoediging nie.

  • Doen dit

Vir baie leiers is bemoediging van spanlede wat goed presteer nie natuurlik nie. Hulle gebruik nie tyd om hulle te bemoedig nie. Moenie skuil agter “dit is nie my aard” nie. As jy nie gereeld die mense met wie jy saamwerk bemoedig nie, is jy nie ‘n ten volle doeltreffende leier nie.

 

  • Doen dit gereeld

Dit moet in werklikheid deel van jou leierskapstyl en die kultuur van die span word.  As jy nie jou spanlede aanmoedig nie, voel jou spanlede dat jy hulle nie waardeer nie – hulle voel onseker wat jy van hulle prestasies dink.

 

  • Doen dit wyslik

Sommige mense gaan heeltemal oorboord – hulle sê wonderlike dinge van almal en oor alles. In hierdie gevalle verloor bemoediging sy krag.

 

  • Doen dit met voorbeelde

Jy moet voorbeelde noem van dit wat hulle goed gedoen het – anders sal sommige spanlede dink jy is nie eg nie. Hulle wil kan sien waar hulle werklik goed doen.

 

  • Doen dit met gesproke en geskrewe woorde

Daar is baie krag in ‘n handgeskrewe nota waarin jy dank en waardering uitspreek. Daar is geen waarde om daaraan te dink om ander te bemoedig nie. As gedagtes nie in woorde omgesit word nie, is hulle van geen waarde nie.

 

  • Doen dit aan jou leiers

Mense is dikwels huiwerig om die leiers bokant hulle te bemoedig – dit lyk so asof hulle spesiale gunste soek. Leiers waardeer dit as hulle bemoedig word.

 

Wie kan jy vandag bemoedig?

 

 




Opnuut ontdek


Spread love everywhere you go; first of all in your house. Give love to your children, to your wife or husband, to a next door neighbor. Let no one ever come to you without leaving better and happier –
Moeder Teresa

 

Opnuut ontdek

Vir ‘n leier is dit ‘n belangrike konsep. Ken Blanchard verwys hier eintlik na drie komponente: jy moet jouself persoonlik weer ontdek, sisteme en prosesse moet weer ontdek word en strukture moet weer ontdek word.

  • Jy moet jouself persoonlik weer ontdek

Dit is noodsaaklik as jy ‘n doeltreffende leier wil wees. Omdat jy vandag weet hoe om die taak te verrig, beteken nie jy gaan môre ook suksesvol wees nie. Lees, luister, kry ‘n mentor, sluit aan by spesiale belangegroepe, ens. Jy moet bybly by die wêreld wat gedurig verander; jy moet met nuwe idees na vore kom om nuwe uitdagings te hanteer. As jy ophou om te leer, hou jy op om te lei.

 

  • Sisteme en prosesse moet weer herontdek word

Hoe kan jy dit wat jy doen, verbeter. Om dit te doen, moet jy voortdurend met jou mense praat. Hulle kom dikwels met idees na vore waaraan leiers nie dink nie. Om insette van jou mense te kry verseker ook dat hulle enige verandering makliker aanvaar.

 

  • Strukture moet aangepas word

Die huidige struktuur beteken nie noodwendig toekomstige sukses nie. Daarom moet leiers aanpasbaar wees as hulle spanne, bedienings, funksies herstruktureer.

 

Voortdurende aanpassing is ‘n langtermyn, maar noodsaaklike proses.