Die kerk se agterdeur

 

Party mense sê ons hoef ons nie oor die agterdeur te bekoomer nie-dit is God se probleem om die kerk vol te hou.Meeste mense glo dat as ons nie die agterdeur tomaak nie, gaan die keke leegloop. Ons bring mense deur die vooreur in die kerk in. Daar help ons hulle om betrokke te wees en te groei en verhoed so dat hulle weer deur die agterdeur uitgaan.

 

Dalende getalle by eredienste en dalende inkomste maak gemeentes bekommerd. Hoe kan ons die problem hanteer?

Jy kan nie die probleem hanteer as jy nie weet wie van die agterdeur gebruik maak nie.. Daeur fokudgroepe kan jy terugvoer uit die gemeente kry. Vra vrae soos:

  • Hoe lnk woon jy al eedienste in die gemeente by?
  • Waarvan hou jy in die gemeente?
  • Is daar iets wat verwarrend oor die gemeente is?
  • Is daar iets wa tjy hoop sal verander in die gemeente?
  • Enigiets wat jy wil byvoeg?

Jy soek vir temas en patrone uit die fokusgroepe. Jy kry gewoonlik unieke insigte uit hierdie groepe.

  1. Jy kan nie die probleem sonder meer aanspreeklikheid oplos nie.

Mense wil graag iewers in die gemeente verbind wees Hulle veklaar hulle bereidwilligheid om te help, mar nimand kontak hulle nie. Ons bestee baie tyd aan bemarking. Bedienings  advetrteer op die aankondigingsblaadjie, maar ons maak nie die verbinding tusen die persoon en die bediening waarin hy belsngstel nie.

 




Wat is AS-Woensdag?

blog

Let us not be satisfied with a mediocre life – Pous Franciskus

 

Wat is AS-Woensdag?

As-Woendag is die eerste dag van Lent in die Westerse Christendom. Dit is die begin van ‘n ses weke periode van boetedoening en geestelike vernuwing. Dit word deur die Rooms-Katolieke Kerk en baie Protestantse tradisies erken. In meeste Ortodokde traisies word die dag nie erken nie.

 

Hoekom die as?

In die antieke tyd is hartseer en beroudikwels visueel uitgedruk. Dikwels os sakklere, ‘n growwe mateiaal gedra en stof en as op hulle koppe gegooi. Die vroeë kerk het hierdie tradisies in gedagte gehad toe hulle ‘n geleentheid ir visuele berou oor ons sondes geskep het. Dit herinner ook aan die stof waaruit Adam gemaak is –die mens se streflikheid en aanspreeklikheid teenoor God.

 

Waar kom die as vandaan?

Na Palm-Sondag wat herinner aan Jesus se intog in Jerusalem is die takke verbrand. Ad die as is gehou vir die volgende jaar se AS-Woensdag.

 

Wat gebeur by due diens op AS-Woensdag?Dit nooi mense uit om boete te doen. Dit is ‘n dag van vas en nadenke. Die diens sluit gewoonlik in die voorlees van Psalm 51 en uit Jesus se bergrede oor gebed, vas en die gee van offers (Matteus 6:1-18) Op ‘n sekere punt in die diens kom die lidmte na vore die piester of pastor steek sy vinger in die bak met as en maak die teken van die kruis op die voorkop en sê: “Onthou dat jy stof is en dat jy na stof sal terugkee.” Die diens mag afsluit met die liturgie van die nagmaal.

 

Wat is Vaste aand?

Dit is die Dinsdag voor As-Woensdag.Dit beteken om te bely. Hier word ‘n oproep op gelowiges gedoen om hulle sondes teenoor die priester te bely. Omdat Lent ‘n seioen van onttrekking van sekere plesier insluit (vas en ander praktyke.) Die voorafgaande dae was dikwels vol allerhande toegewings teenoor dit wat die boetedoeners hulle gaan ontsê tydens Lent. Op die Dinsdag is dikwels pannekoek geëet. So is van die melk, botter eiers en olie op  gebruik, want hulle was tydens Lent verbode. MARDI Gras (letterlik Vet Dinsdag) het mense hulle te buite gegaan en hulle ooreet.

Wie kan die as ontvang?

Elkeen wat die diens bywoon Hierdie is nie ‘n sakrament nie en daaraom is almal welkom Mense word selfs in die strate geroep om aan die boetedoening deel te neem.

Wie onderhou AS-Woensdag?

Die is grootliks ‘n besluit van denominasies. Baie kerke erken nie die liturgiese seisoene nie. Rooms-Katolieke vier Lent en As-WoENSDAG. Ortodokse tradisies het ‘n ander benadering ot Lent . Die datums van hulle vierings verskil van dié die Westerse kerk. By die ORTODOKSE Kerk gaan ‘n vier Sondae voorbereidingsperiodelant vooraf. Tydens hierdie tyd word die vas meer intens Die laaste Sondag voor Lent is dn vergifnis Sondag

 




Neigings in die kerk in 2017

Blog17

Neigings in die kerk in 2017

Ons kultuur verander viiniger as ‘n jaar gelede en daarom is die behoefte aan verandering selfs dringender. Is jy as leier voorbereid op hierdie vinnige verandeing? Baie kerkleiers is volkome toegerus om ‘’n wêreld wat nie langer bestaan nie, te bereik.

Hier is ‘’n par negings wat die kek in 2017 mag ontwrig.

  1. Gbruikersgosdiens gaan vinniger sterf as vantevore.

.

Ons definieer vandag dissipelskap as d it wat ons van God of die kerk kan kry. Vrbruikersgodsiens vra basies: wat is daarin vir my? Christelike volwassenheid word nie deur hoeveel ek kan kry bepaal nie, maar deur hoeveel ons liefhet en hoveel ons gee op grond van al die liefde wat ons ontvang en hoeveel ons ontvang het.en nog het.Mense met ‘’n verbruikersmentaliteit verlaat die kerk, want geen kerk kan aan al hulle behoeftes voldoen nie.

Die evangelie roep ons om aan onsself te Sterf ter wille van Christus; ons geloof vra dat ons vir Christus lewe en uit te reik na die wêreld vir wie HY gesterf het. Soos die kerk hervorm en bely, hoe meer opreg en onselfsugtig word die kerk. As ons nie langer net op onsself en ons siening fokus nie, ontstaan daar ‘n nuwe gesindheid.

 

As jou kerk steeds gedefinieer word deur wat hy vi lidmate aabied om hulle tvrede te hou, is die einde in sig.

 

  1. “Cool” kerke gaan verander
  2. Baie kerkleiers probeer steeds “cool” kerke skep. Goeie prediking. ‘’n goeie orkes. Ligte en allerhande ander foefies is geen waarborg vir kerkgroei nie.

Hulle was aanvanklik gewild, want hulle het ‘n kulturele gaping oorbrug. Maar dinge verander voortdurend. “Cool” kerk is ‘n metode en nie die missie van die kerk nie. Kezklos mense stel toenemend meer belang in die missie as in die metode. Hulle wil vir Jesus ontmoet. Hulle het genoeg “coof” in hulle lewens, maar nie genoeg van Jesus nie. Ons sal begin besef dat “cool” nie genoeg is nie. ”cool”kerke sal in die toekoms moet verander: meer egtheid, dieper gemeenskap, diepe liefde en groter hoop

3.Predikers wat nie met die keklos mense kan praat nie se gehoor sal krimp.

As jou kerk groei beteken dit nie dat jy jou missie bereik nie tensy jou missie is om ongelukkige Christene uit ander gemeentes te trek nie. Alle kerke sl mettertyd moet leer om kerklos mense te bereik. Hierin speel prediking ‘’n groot rol. Deernis, feitlik mee as enigiets andes speel hier ‘’n belangrike rol.

 

  1. Prediking moet beide die verstand en hart aanraak

Sommige predikers preek uit die verstand en ander uit die hart. Inligting alleen lei nie tot transformasie nie. Dit mag tot veranderde denke lei, maar geen verandering in jou lewe nie. Prediking net uit die hart lei to emosionele volgelinge. Hulle geloof word deur hulle gevoelens bepaal.

 

  1. Anonimiteit gaan plek maak vir gemenskap

Anonimiteit in die kerk was eens as ‘’n deug gesien. Die dae van in die agterste ry sit – jy ken niemand nie; jy is nêrens betrokke nie, gaan verby. Kerke moet vinnig leer om mense vinniger in te skakel.

  1. Betrokkenheid is die nuwe bywoning

Kerkleiers gebruik al dekades lank bywoning van eredinste as ’n maatstaf om die doeltreffendhei van die bediening te meet. Die probleem is dst gtroue gelowiges minder ereienste bywoon. Betrokkenheid gaan die nuwe groeienjin van die kek word. Leiers gaan toenemend betrokkenheid en nie bywoning meet nie. Hoeveel mense dien? Hoeveel mense gee? Hoeveel nooi hulle kerklos vriende om eredienste by te oon Hoveel mense is in die gemeenskap betrokke?

If

In die toekoms sal net die lidmate wat betrokke is die eredinste bywoon. In ‘n veranderde kultuur.

 

 

 




Psalm 35(5)

 

In the Western world, the suffering that seems to be the most painful is that of feeling rejected, ignored, despised and left alone – Henri Nouwen

Psalm 35(5)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese Implikasies

Die psalm fokus veral op die gebed teen die psalmis se aanvallers. Dit begin deur die Here te vra om te veg vir diegene wat nie self kan veg nie. Daarna word vir ’n rampspoedige omkeer vir die aanvallers gevra. Die psalmis kyk vooruit om die Here daarvoor te dank. Dit stel ook die psalmis se gedrag in die verlede teenoor dié van die aanvallers tans. Die psalmis maak ‘n oproep vir redding en sien uit om van hierdie redding te getuig. Hy vra die Here om wakker te word en so op te tree dat sy aanvallers beskaamd sal staan.` Daarna sal hy die Here loof.

 

Baie van die psalm se motiewe kry ons ook in Jeremia. Dit wys hoe die psalms Jeremia se geestelikheid en teologie gevorm het. Jesus gebruik eksplisiet hierdie psalm om te wys dat Hy met die posisie van die psalmis identifiseer: Hulle het My sonder rede gehaat (Johannes 15:25).

 

Moderne mense is ongemaklik met hierdie psalm. Hulle glo dat die psalmis se gesindheid verskil van Jesus se ideale. Hulle skerm dan deur te sê dat ons moet onthou dat die psalmis in die tyd voor Christus geleef het. Maar Jesus is nie verleë oor hierdie psalm nie. Hy wil dit nie vervang of verplaas nie. Hierdie psalm word gereeld in genesingsrituele in Kenia gebruik.

 

Ons moenie die aanmoediging wat die psalm gee aan mense om hulle begeertes om aanvallers te beskaam reduseer nie. Hierdie psalm is ’n uitdrukking van vrees en woede wat God aanmoedig om die oorsake van hierdie vrees en woede te verwyder. Ons is meer geneë om die Here te vra om die vrees en woede uit ons harte weg te neem. Ons moenie hierdie vrees en woede probeer ontwyk nie, maar ons moet dit hanteer. Dit beteken nie dat die mense wat aangeval word tot optrede gedryf moet word nie, maar wel tot gebed.

 

Psal 35 verplig ons om na twee stelle feite te kyk:

  • Gewelddadige aanvalle en ernstige gevaar
  • Die Here is ‘n magtige God wat verlos. Hy sal optree teen die aanvallers.

Daar is geen teken van wanhoop in hierdie psalm nie. Die oomblik om God te loof lê in die toekoms. Lof is ‘n aanduiding dat die Here opgetree het. Op die huidige het die Here nog nie opgetree nie Die huidige is ‘n tyd vir protes – die tyd vir lof sal kom.

 

Ons moenie hierdie vorm van gebed verwerp nie. Daar is baie mense in die wêreld wat in ‘n baie ongunstige posisie verkeer. Ons word nie aangeval nie en daarom moedig hierdie psalm ons aan om onsself in die posisie van diegene wat aangeval word, te plaas. Die psalm impliseer dat as ons nie kwaad word vir vervolging en onderdrukking nie en nie vir God wil aanmoedig om met die aanvallers af te reken nie, is daar fout met ons.

 

Psalm 35 beklemtoon twee sake:

  1. Ek kan na God gaan met al my nood. Hy verduur nie onreg nie; Hy hoor en help as sy kinders na Hom roep.
  2. Ek moet gedurig my lewe krities ondersoek. Watter invloed het ek op die lewe van ander? Ervaar my geloofsgenote nie dat ek ‘n vyand is wat hulle ondergang soek nie? Is ek deel van die kring geloofsgenote wat die geledere sluit om ‘n gelowige wat swaarkry en so help om hom regop te hou? Of praat ek maar saam met ander wat hom onskuldig belaster.

 

Dwarsdeur hierdie psalm hoor ek ‘n lied van hoop, want die digter glo in God al het Hy hom nog nie gered nie.