Is Godsdiens gebou op geloof; sekularisme op bewyse?

 

Self-rejection is the greatest enemy of the spiritual life because it contradicts the sacred voice that calls us the ‘beloved’ – Henri Nouwen

 

Is Godsdiens gebou op geloof; sekularisme op bewyse?

Mense wat hulle geloof verloor, noem veral twee redes daarvoor:

  • ‘n Gebrek aan empiriese (proefondervindelike) bewyse vir die aansprake van godsdiens; en
  • Die probleem van goddeloosheid in ‘n wêreld wat deur ‘n goeie en almagtige God beheer word.

Hulle gevolgtrekking is dat mense nie ‘n God nodig het om ‘n goeie lewe te leef en ‘n goeie wêreld vir almal te bou nie. Hierdie is ongeloof as gevolg van ‘n soeke na die waarheid. Hulle voel ‘n verdraagsame oop samelewing is moontlik as ons nie aanhoudend die wêreld in gelowiges en heidene verdeel nie.

 

Daar is egter ‘n dieperliggende storie: godsdienstige mense leef met blinde geloof terwyl ongelowiges se siening berus op bewyse en rede. Hulle glo dat net die rede die waarheid kan vestig. Die wetenskap is die enigste arbiter op dit wat feitelik is; die dinge wat ons kan bewys is al wat ons waarheid kan noem. Godsdiens kan nie bewys dat daar ‘n God en ‘n bonatuurlike terrein is nie.

 

Hierdie sogenaamde “moderne” siening het probleme. Min van ons oortuigings van die waarheid kan wetenskaplik bewys word. Natuurlik is rede belangrik – hoe anders kan ons verskillende oortuigings teen mekaar opweeg? Maar almal van ons glo sekere dine wat ons nie kan bewys nie. Die wetenskap kan nie ondersoek instel of daar meer aan die werklikheid is as hierdie wêreld waarin ons nou lewe nie. Dit word aanvaar – nie bewys nie – dat ‘n God buite ons rede nie kan bestaan nie en daarom kom ons tot die gevolgtrekking dat Hy nie bestaan nie.

 

Die rede het nie die moderne mens se geloof ondermyn nie. Nee, ons ouer geloof is vervang deur ‘n nuwe soort geloof: ons glo nou in die krag van die menslike rede en die vermoë om die diepte van alle dinge te verstaan. Ons rasionele denke staan nie los van geloof nie.

 

Hoe weet ons wat ons dink die waarheid is? Sosiale wetenskaplikes sê deur ‘n kombinasie van onder andere analitiese denke, ondervinding, deernis en intuïsie. Augustinus het verstaan dat geloof en die rede saamwerk Hy sê dat die rede altyd onder die leiding van ‘n voorafgaande geloof werk. Die gelowige gebruik rede en geloof om tot sy oortuigings te kom net soos sy ongelowige buurman rede en geloof gebruik Beide kyk na dieselfde werklikhede in die natuur en die menslike lewe en beide probeer sin maak daaruit deur ‘n proses wat rasioneel, persoonlik, intuïtief en sosiaal is. Rede alleen kan nie werk nie.

 

Moderne sekularisme beteken nie die afwesigheid van geloof nie, maar berus op ‘n stel oortuigings. Dit sluit ‘n aantal aanvegbare aannames in. Om dus te sê dat godsdiens op geloof en sekularisme op bewyse berus, is net eenvoudig nie waar nie.

 

 




Dag 1: Daar is brood in die huis

Dag 1: Daar is brood in die huis

Die Billy Graham Center for Evangelism het ‘n aantal leraars gekry om vir 25-dae stukkies te skryf vir Advent. Ons gaan oor die volgende 25 dae elke dag een van hierdie stukkies plaas.

[Advent word gewoonlik toegepas op die vier weke voor Kersfees. Latyn: ad – na + venire – kom. Dit dui dus op die naderende koms van Christus – sy eerste en tweede koms.]

 

160 kilometer. Dit is die afstand wat Josef en die swanger Maria van Nasaret na Betlehem moes reis. Dit was sensustyd. As afstammeling van Dawid moes Josef na Betlehem gereis het om te registreer. Hulle was nie bewus dat hierdie reis die verloop van die wêreld onherroepelik sou verander nie. Betlehem beteken “huis van brood.”

 

Eeue voor Jesus se geboorte was daar ‘n hongersnood in Betlehem. ‘n Man (Elimelek) met sy vrou en twee seuns trek weg na Moab (Rut 1:1 – 3). Hierdie reis het hom sy lewe gekos – net omdat daar geen brood in die huis van brood was nie. Meer as ‘n duisend jaar later onderneem ‘n ander man ‘n reis wat ook sy lewe sou kos. Hy vlug nie uit Betlehem nie – Hy is daar gebore. Dieselfde dorpie waaruit Elimelek moes vlug, huisves nou die kosbaarste gawe in die geskiedenis van die mensdom. In ‘n krip in Betlehem keer die “brood” terug in die persoon van Jesus Christus.

 

Tot op daardie stadium was daar ‘n geestelike hongersnood in die land. By sy geboorte begin Jesus ‘n reis wat by die kruis sou eindig. As die die brood wat uit die hemel gekom het (Johannes 6:41) sou Hy later aan die kruis gebreek word. Hy het dit gedoen om ons geestelike honger te stil en ons met God te versoen. Dit is waarlik goeie nuus. Almal moet dit hoor. As Christene is dit ons plig om hierdie nuus aan ‘n honger wêreld te vertel. Ons moet na die geestelike hongersnood om ons kyk en sê: “Daar is Brood in die huis”. Ek is die brood wat lewe gee (Johannes 6:48).

Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie (Lukas 2:6 – 7

 




Die sleutels vir die skep van goeie verhoudings

 

Your money flows most effortlessly toward your heart’s greatest love. —Tim Keller

 

Die sleutels vir die skep van goeie verhoudings

Goeie verhoudings weerstaan die toets van die tye – hulle verkrummel nie sommer in tye van pyn en onsekerheid nie. Ons sien dat Jesus verhoudings met verskillende tipes mense en mense van verskillende agtergronde gebou het. Hy doen dit deur vier dinge goed te doen. Hy is dié model vir maak van groot verhoudings. Ons kan ook groot verhoudings skep as ons hierdie vier sleutels gebruik. Kom ons kyk na Jesus se sleutels.

 

  1. Luister

Daar is ‘n groot verskil tussen iemand hoor en na iemand luister. As ons luister gee ons aandag aan die woorde – ons voel die emosie agter elke woord en ons probeer die “hoekom” agter die emosie hoor. Ons fokus op die hart van die individu in plaas van wonder wanneer hierde gesprek gaan klaarkry. Om goed te luister laat enige gesprek floreer. Moenie toelaat dat die afleidings om jou verhoed dat jy goed luister nie. Jy kan nie goeie verhoudings bou met halfhartige luistervaardighede nie. Gee aan die persoon voor jou die nodige antwoord. Jou verhouding hang daarvan af.

Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie (Jakobus 1:19).

 

  1. Liefde

Almal praat oor liefde, maar min mense doen dit. As ons na Jesus kyk, sien ons dat liefde geen grense het nie. Hy het mense liefgehad op ‘n radikale en skandalige manier. As jy mense liefhet, sal jy uit jou pad gaan om hulle dit te laat weet. Jy sal ook nie liefde van iemand weerhou net omdat jy nie met sy optrede of lewenswyse saamstem nie. Ware liefde het geen beperkings nie. Om goed lief te hê, beteken dat elke deel van jou lewe die liefde van Jesus sal uitstraal.

Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Geen ander gebod is groter as dié twee nie (Markus 12:31).

 

  1. Diens

Diens kom in verskillende vorme. Dié voorbeeld van diens was Jesus wat die voete van sy dissipels gewas het. Jesus het uit sy pad gegaan om sy dissipels te help, om hulle in tye van nood te dien – daar was niks te groot of te klein vir Hom om vir hulle te doen nie. Groot verhoudings floreer as mense voortdurend probeer om mekaar te dien.

Ons dien nie om erkenning te kry nie, maar omdat Jesus eerste gedien het. Ons word opgeroep om elke dag mense te dien.

Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges (Galasiërs 6:10).

 

  1. Vergifnis

As ons mense vergewe bevry ons onsself net so veel as die een aan wie ons genade bewys. Vergifnis is ‘n noodsaaklike deel van enige groeiende verhouding. Ons moet dit doen, want Jesus het my vergewe terwyl ek nog ‘n sondaar was. Ons het dit nie verdien, maar dit was ‘n gawe wat ons verhouding met Hom op ‘n ander vlak gebring het. As vergifnis deel van ons verhouding is, sal so ‘n verhouding ‘n sukses wees. Elke keer as ons vergewe, bou ons vertroue. Vergifnis is nie altyd maklik nie, maar op die langtermyn is dit altyd die moeite werd.

Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe (Kolossense 3:13).

 

 

 

 




Is godsdiens besig om uit te sterf?

 

The main question is not ‘How can we hide our wounds?’ so we don’t have to be embarrassed but ‘How can we put our woundedness in the service of others?’ When our wounds cease to be a source of shame and become a source of healing, we have become wounded healers – Henri Nouwen

 

Is godsdiens besig om uit te sterf?

Is godsdiens, en die Christelike geloof in die besonder, nie besig om agteruit te gaan nie? Is dit nie so dat veral jongmense nie meer ‘n behoefte aan God en geloof in hulle lewens het nie?

 

Dit is so dat veral in die Weste die persentasie mense met ‘n godsdienstige affiliasie besig is om af te neem en nog verder sal afneem. In die wêreld daarenteen groei godsdiens sterk. Sosioloë glo dat solank die opvoedkundige vlakke styg en modenisasie toeneem, moet Godsdiens uitsterf. Mense wat godsdiens nodig het, is diegene wat nie wetenskap of logiese denke nodig het nie. Is dit korrek?

 

Die Pew Research Center sê dit is nie korrek nie. Die toename in die sogenaamde “nones” was veral onder diegene wat slegs nominale (slegs in naam) gelowiges was. [Die woord “none” is afgelei van die sensusvorm waarop mense hulle godsdiens moet aandui. Een van die keuses is “none of the above” – nones] Die toegewyde gelowiges daarenteen is besig om toe te neem en dit sal nie in die nabye toekoms enigsins verander nie.

 

Dit bring ons by ‘n baie belangrike vraag: Hoekom is godsdiens steeds besig om groei te midde van soveel sekulêre weerstand? Sommige sal sê dat meeste mense in die wêreld eenvoudig nie opgevoed genoeg is om hulle dwaling raak te sien nie. Ander is selfs meer uitgesproke: “Want meeste mense is idiote!” Daar is egter ‘n meer deurdagte antwoord. Daar is twee goeie redes waarom godsdiens aanhou groei.

  • Baie mense vind dat die sekulêre rede iets kortkom wat noodsaaklik is om goed te lewe. Mense vind dat die wetenskap nie kan sê of nuwe tegnologiese uitvindings goed of sleg vir mense is nie. Natuurlik is die wetenskap verantwoordelik vir baie goeie dinge in die samelewing. Maar wetenskap alleen kan nie dien as gids vir die samelewing nie. Die probleem is dat wetenskaplike kennis ontoepaslik is vir van die sentrale aspekte van die lewe van die mens. Dit sluit in dinge soos hoop, liefde, eer, lyding en deudsaamheid. Sekulêre rede alleen kan nie vir ons ‘n basis gee vir opoffering, vergifnis en verlossing nie
  • Baie mense voel intuïtief aan dat daar ‘n bosinnelike terrein bo die natuurlike wêreld is. Dit is ‘n gevoel dat ons as mense en die wêreld meer is as dit wat ons kan sien. Mense besef dat daar oneindig meer aan die wêreld is as net fisiese gesondheid, rykdom en vryheid. Daar is ‘n diepte en ‘n Teenwoordigheid bo die gewone lewe.

 

Geen wonder dat geloof hom weer en weer verklaar, selfs in die sekulêre Weste, nie. Mense glo in God nie net weens ‘n emosionele behoefte wat hulle voel nie, maar omdat dit sin maak van wat hulle sien en hoor.