Author: Mitch Kalp

image_pdfimage_print

Lilith

Lilith – Hennie Stander

Amelda vra:

Ek het baie interessante vraag. Ek het ‘n boek beet gekry “Kan jy glo dit is in die Bybel” geskryf deur Hennie Stander. Hy noem die naam Lilith (Jesaja 34:13) en noem dis enigste plek in Bybel waar dit voorkom. Wat weet julle van haar af? Volgens die boek is sy nes Adam uit stof geskep. Om hierdie rede het sy op absolute gelykheid met Adam aanspraak gemaak. Uiteindelik het sy van Adam weggevlug en in ‘n grot in die woestyn langs die Rooi See gaan woon waar sy met demone seks gehad het. Adam het soe sy lot by God bekla. So gaan die storie aan, en dan is Eva geskape. Hoe waar is dit of hoe waar kan dit wees.

Die doel van gebed

Die doel van gebed – Francois Malan

Alrine vra:

Ek wil graag weet wat is die doel om te bid en die Here se beskerming oor ons te vra? Hy sê Hy sal nie ‘n haar van ons hoof laat val sonder Sy wil nie. Dus het God reeds oor ons afsterwe besluit, hoekom vra ek dan elke dag dat God my gesin beskerm en bewaar.

Die Nikolaïete

Die Nikolaïete – Coen Slabber

Maar dit het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku (Openbaring 2:6 – Die boodskap aan Efese).

So is daar onder julle ook mense wat die leer van die Nikolaïete aanhang en dieselfde sondes doen (Openbaring 2:15 – Die boodskap aan Pergamum).

Wie was hierdie groep mense? Wat het hulle geleer?

ARGEOLOGIE: GOED OF KWAAD?

ARGEOLOGIE: GOED OF KWAAD? – Sonet Werner

Wanneer mens die konsep “Bybelse Argeologie” hoor, ontstaan‘n half onwillekeurige gedagte dat die Bybel waar of vals bewys gaan word.  Dit is ‘n skrikwekkende gedagte vir enige gelowige wat in enige fase van sekerheid beweeg.  ‘n Vraag waaroor elke gelowige geweldig mee kan sukkel:  as sekere gedeeltes in die Bybel vals is, hoe kan ons ons geestelike lewe daarop baseer en bou? 

image_pdfimage_print