Author: Mitch Kalp

image_pdfimage_print

’n Spesiale salwing van die Gees?

’n Spesiale salwing van die Gees? – Jan van der Watt

Naomi vra: 

Hoe verklaar ons Handelinge 8:12-17; 9:17; 19:1-10. Ek weet sekere kerke verwys na hierdie as ‘n invulling met die Heilige Gees. Ek stem saam dat niemand tot bekering kan kom behalwe deur die werking van die Heilige Gees nie. Is hier nie tog ‘n verdere ‘verdieping of salwing’ waarvoor ‘n mens moet vra of wat jou toegebid moet word deur ander gelowiges nie? Dit wil vir my lyk of hier wel na iets verwys word wat meer is as bloot ‘n ‘tydperk wat ons nader aan God en die Heilige Gees voel’.

Onderrig deur ‘n vrou

Onderrig deur ‘n vrou – Jan van der Watt

Roenell vra:

Ek wil graag meer weet oor “teachings” onderrig deur ‘n vrou (met verwysing na die Bybel) en of daar ‘n verskil is tussen “teaching en preaching” onderrig en prediking. Veral onderrig deur ‘n vrou aan mans en dan veral oor dogmatiek en nie net daaglikse onderwerpe soos Christelike siening oor finansiële begroting of algemene onderwerpe nie.

Laat sy Liefde jou Lei: Hardloop struikelvry in die liefde

Laat sy Liefde jou Lei: Hardloop struikelvry in die liefde – Milanie Vosloo

Hardloop struikelvry in die liefde

“ … Om My te volg is nie altyd maklik nie.” Markus 8:34B

Die lewe is nie ’n oefenlopie nie! Ons is nie net hier vir een van vele oefensessies voordat ons eendag aan die finale wedloop gaan deelneem nie. Ons is rééds besig met ons laaste – en enigste – wedloop van die lewe. En die manier hoe ons hier en nou hardloop gaan bepaal watter kroon ons eendag ontvang.

Huisskoonmaak

Huisskoonmaak – Jan van der Watt

Lititia vra:

Ek verwys na die huisskoonmaak artikel.My dogter is nou 10 jaar oud. Sy het so twee jaar terug alleen begin slaap in haar eie kamer. Dit is nou twee jaar van hel. Sy slaap glad nie deur nie. Party aande slaap sy saam met my en my man op die bed. Partykeer op die grond langs ons bed of in ons badkamer op die vloer. Ek het haar al gevra wat fout is en dan praat sy net van die oom wat haar nie wil uitlos in haar kamer nie.

image_pdfimage_print