Die Groot Geloofswoordeboek: Vervulling met die Gees
Die Groot Geloofswoordeboek: Vervulling met die Gees
Vervulling met die Gees • In Christus • Algehele oorgawe • Tweede genadewerk
(*Doop met die Heilige Gees)
Ons lees omtrent ses keer van die vervulling met die Heilige Gees. Dit staan teenoor die *doop met die Heilige Gees wat na die Pinkstergebeure verwys en onherhaalbaar is. Die vervulling met die Gees is duidelik herhaalbaar en selfs ‘n staande opdrag aan die gemeente (Hand 2:4; 4:8, 31; 9:17; 13:9; Ef 5:18).