Die Groot Geloofswoordeboek: Kerk
Die Groot Geloofswoordeboek: Kerk
Kerk
(*Eienskappe van die kerk, *Kenmerke van die ware kerk)
- Denominasie Lidmaat Gemeente Selgemeente Gemeentestruktuur Bedienings Die basisstruktuur van die gemeente
Kerk
(*Eienskappe van die kerk, *Kenmerke van die ware kerk)
Kenmerke van die ware kerk
Daar word gewoonlik onderskei tussen kenmerke en eienskappe van die kerk. Die kenmerke is die suiwer verkondiging van die Woord, die suiwer bediening van die sakramente en die suiwer toepassing van die tug.
*Eienskappe van die kerk behels eenheid, heiligheid, Christelikheid of apostolisiteit, algemeenheid of katolisiteit. (*Kerk)
Katolieke Kerk • Pous • Ortodokse Kerke
Die eerste kerkskeuring
Vir omtrent 1 000 jaar was die kerk net “die kerk”, daar was geen besondere name vir bepaalde kerke nie omdat daar nie verskillende kerke was nie. Dit is uit hierdie tyd wat die *Apostoliese Geloofsbelydenis kom waarin ons oor die kerk bely: “Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Christelike kerk.” Dit beteken dat daar ‘n kerk is, net een, soos daar net een maan of een son is. Dit hoort so, en ons behoort vandag nog ons belydenis so te verstaan. Die Here het nooit in gedagte gehad dat daar ‘n klomp kerke sal wees wat mekaar ook nog opponeer nie.
Joodse feeste
Daar was baie Joodse feeste. Dit is nie korrek om te dink daar was net sewe nie. Maar dis wel waar dat die getal sewe heeltemal oorheersend is in die kalender van feeste.