Die Groot Geloofswoordeboek: Historiese Jesus
Die Groot Geloofswoordeboek: Historiese Jesus
Uit die Duitse teologie kry ons die teenstelling: die historiese Jesus en die verkondigde Christus. Onder “die historiese Jesus” is bedoel Jesus soos Hy regtig was en geleef het, terwyl onder “die verkondigde Christus” bedoel is die boodskap wat die vroeë Christene oor Hom verkondig het.