Fauna en flora in die Bybel (9)

Fauna en flora in die Bybel (9) – Jan van der Watt

Diere

ʼn Mens dink altyd dat die volk Israel deur die woestyn getrek het en dat Palestina dus ʼn droë land sonder baie diere was. Dit is nie waar nie. Hoe verder Noord ʼn mens beweeg, hoe mooier word die plantegroei. In die volgende lys kan ons die diere sien waaroor die Bybel praat.

Beer: In die gebied van Israel het die Siriese bruinbeer voorgekom wat gewoonlik in die heuwelagtige, beboste gedeeltes geleef het (1 Samuel 17:34-37; 2 Konings 2:24; Jesaja 11:7; Daniël 7:5; Openbaring 13:2).

Bees: Beeste is aangehou vir melk, vleis en velle (hoewel hulle nie te dikwels geslag is nie), maar het veral ook gehelp om waens en ploeë te trek. ʼn Boer se rykdom is gemeet aan die hoeveelheid beeste wat hy gehad het (Deuteronomium 14:4; Daniël 4:25, 32; Lukas 14:5).

Bok: Bokke was baie belangrik vir nomades. Hulle vleis is geëet, hulle velle vir alles en nog wat gebruik (van waterbottels tot klere en skoene) en hulle hare is gevleg om matte te maak (Genesis 15:9; 27:9; 30:35; 37:31; Deuteronomium 14:4; Daniël 8:5; Levitikus 16:5; Matteus 25:33).

Buffel: Numeri 23:22; Jesaja 34:7; Job 39:12-15.

Bobbejaan: 1 Konings 10:22.

Bul: Esegiël 1:10.

Dassie: Levitikus 11:5; Deuteronomium 14:7.

Donkie: Die donkie was die pakdier van daardie tyd en is uit Noord-Afrika afkomstig (2 Konings 6:25; Jesaja 1:3; 32:20; Matteus 21:2, 5; Johannes 12:14).

Eland: Deuteronomium 14:5

Gemsbok: Deuteronomium 14:5; 1 Konings 4:23.

Haai: Psalm 74:14.

Haan: Matteus 26:34.

Haas: Levitikus 11:6.

Volgende keer gaan ons verder met die diere in die Bybel

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




Fauna en flora in die Bybel (8)

Fauna en flora in die Bybel (8) – Jan van der Watt

Neuteboord: Hooglied 6:11.

Olyf: Die olyfboom was een van die mees veelsydige bome van die antieke tyd. Die boom kon etlike honderde jare oud word. Dit is gewoonlik net elke tweede jaar geoes. Daar is groot stukke lap onder die boom uitgesprei en dan is die boom met stokke geslaan sodat die olywe op die lappe val. Dit het die boom so beskadig dat dit net elke tweede jaar geoes is. Die hout is vir ʼn wye verskeidenheid funksies gebruik en die olywe self vir nog meer (Genesis 8:11; Rigters 9:8; 1 Konings 6:23, 31; Hosea 14:7).

Palmboom: Eksodus 15:27; Numeri 33:9; 2 Kronieke 28:15; Hooglied 7:8; Johannes 12:13.

Plataan: Genesis 30:37; Jesaja 41:19; 60:13; Esegiël 31:8.

Populier: Genesis 30:37.

Seder: Die houtsoort kom in Libanon voor. Dit het ʼn pragtige rooi kleur en is geskik om te kerf. Salomo het dit in sy paleis en tempel gebruik (Rigters 9:14-15; 1 Konings 4:33; 6:15; 2 Kronieke 2:8; Jesaja 37:24; Esegiël 31:8).

Sipres: 1 Konings 6:15; 2 Kronieke 2:8; Jesaja 41:19; 55:13; 60:13; Esegiël 31:8.

Tamarisk: Dit was ʼn boom met sagte hout (Genesis 21:33; 1 Samuel 22:6; 31:13).

Vyeboom: Rigters 9:10-11; Jesaja 38:21; Matteus 21:19.

Wildevy: Amos 7:14; Lukas 19:4.

Wilgerboom: Psalm 137:1-5; Jesaja 44:4.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




Fauna en flora in die Bybel (7)

Fauna en flora in die Bybel (7) – Jan van der Watt

Ons begin vandag kyk na bome. Ons lees ook van heelwat verskillende bome in die Bybel.

Akkerboom: 2 Samuel 18:9-10.

Amandel: Dit was die eerste boom wat in Israel gebloei het (Januarie). Die neute is geëet en daar is ook olie van die neute gemaak (Genesis 30:37; Numeri 17:8).

Appelboom: Hooglied 2:3, 5; Joël 1:12.

Besembos: 1 Konings 19:4

Denne: Hierdie hout is gebruik vir skepe, musiekinstrumente en bouwerk (Jesaja 41:19; 60:13).

Doringbos: Rigters 9:14-15.

Doringhout: Dit was waarskynlik ʼn soort akasia. Die ark van die Here was van hierdie hout gemaak en dit is van die min bome wat in die Sinaiwoestyn groei (Eksodus 25:5, 10; 26:26; Jesaja 41:19; 55:13).

Ebbehout: Esegiël 27:15.

Eikeboom/Grootboom: Die mense in die ou tyd het hierdie hout gebruik om beelde uit te kerf (Genesis 35:4).

Gofer: Genesis 6:14.

Granaat: Numeri 13:23; Joël 1:12.

Hisop: 1 Konings 4:33.

Kaneel: Eksodus 30:23; Spreuke 7:17; Openbaring 18:13.

Jenewerhout: 1 Konings 10:11-12; 2 Kronieke 2:8.

Melkbosse: 2 Samuel 5:23-24.

Mirteboom: Jesaja 55:13; Nehemia 8:16; Sagaria 1:8.

Moerbei: Lukas 17:6.

Mosterd: Lukas 17:6

 

Skrywer: Jan van der Watt

 




Hoe om kop bo water te hou

Hoe om kop bo water te hou – Kobus Kok

Willie vra:

Filippense 4:6 – “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God terwyl julle Hom dank vir alles wat Hy doen. Dan vers 7 ” As julle so bid sal julle God se vrede beleef. ” My vraag is wat presies beteken die vrede waarvan hier gepraat word , hoe ervaar ons dit of hoe moet ons dit reg verstaan?  Vers 7 sê ons sal die vrede beleef- dit klink vir my ons sal dit fisies ervaar? Kan dit wees dat ek my minder sal bekommer en dat ek dan sal kan glo God het die probleem oorgeneem, in plaas daarvan dat ek my tot stilstand bekommer en so op die probleem fokus dat , al bid ek ,my fokus net op myself en die probleem is ?

Antwoord:

Dr Kobus Kok antwoord:

Hoe om kop bo water te hou volgens Paulus

Hoe hou mens kop bo water wanneer probleme so groot word dat dit vir jou voel of jy daarin gaan verdrink? Dit is die vraag wat Paulus ook op ʼn goeie dag gevra het. Paulus skryf sy brief aan die Filippense terwyl hy in die tronk is. Hy het op verskeie plekke geskryf hoe hy vervolg is, hoe dinge nie volgens menslike planne gegaan het nie, en hoe hy ontsettend moes ly. Tog sien ons by Paulus iets merkwaardigs. Paulus illustreer die vermoë om bo sy slegte omstandighede uit te styg en nie in die see van sy probleme te verdrink nie. Sy geheim? Dankbaarheid en blydskap! In Filippense 4:4 doen Paulus die oproep op sy gelowige vriende dat hulle altyd bly en dankbaar moet wees. Blydskap en dankbaarheid loop hand aan hand. In jou moeilike omstandighede sê jy dankie vir alles wat God jou skenk en vir die gawes wat jy wel het. Dit gee weer dou-druppel energie om vorentoe te beweeg in die woestyn van moeilike omstandighede. Dikwels raak ons so toegegooi en deurdrenk deur alles wat nie reg gaan in ons lewe nie, dat ons heeltemal vergeet wat wel reg gaan. Paulus se geheim is om bekommernisse in gebed te omskep – dan sien mens skielik ook anders. Ek het eenmaal gehoor hoe iemand verduidelik dat wanneer hulle bid, dit vir hulle voel of hulle arendsvlerke kry en so effens buite hulle eie omstandighede kan uitkom en daar van bo af beter sin kan maak van die chaos daar onder. Gebed gee perspektief – God se perspektief op ons lewe. Dikwels praat ons te veel as ons bid en luister te min. Indien ons luister, sal ons spoedig Sy stem hoor wat vir ons ʼn alternatiewe prentjie kom gee in die konteks van ons vrees, stres,  ongelukkigheid en kommer. In gebed kom die geskenk van vrede na ons. God se vrede wat alle rasionele verstand te bowe gaan. Die woord vir vrede in die Hebreeuse taal dui op heelwording en die belofte van vrede, herstel en restourasie. God is in beheer van ons lewe. Al gaan dinge nie altyd soos ons dit beplan nie, kan ons weet dat God weet waar Hy met ons op weg is. Ons moet op Hom vertrou. Indien ons terugdink aan ons lewens, weet ons dat God getrou is. Die digter in Psalm 77 kla aanvanklik baie en betoon sy ongeloof terwyl hy wonder waar God is en uiteindelik sê dat God van hom vergeet het. Maar dan draai die psalm se klaaglied skielik om in ʼn loflied waar die digter terugdink aan God se groot verlossingsdade in die verlede – en dit gee hom hoop dat God hom ook uit hierdie moeilike tyd sal uittrek en na veilige waters sal lei.

Uiteindelik kom dit dus neer op ons gedagtes en manier van dink. In Filippense 4:8-9 gee Paulus die voorskrif aan sy gemeente dat hulle getrou moet bly aan God en dat hulle vas moet staan in hulle vertroue op God en in hulle geloof. Dit gaan dus ten diepste daarom dat mens reg moet dink en reg moet handel. Die woorde en gedagtes wat ons in ons koppe laat ingaan en huisves, bepaal ons hele lewe en bepaal hoe jy gaan reageer. Indien jy klaar hoop opgegee het sal jy passief word en die vrees sal jou verlam en jy sal jou tot stilstand bekommer. As jy positief en hoopvol is, en weet dat God in beheer is dan sal jy geënergeer word en nie vaskyk in jou probleme nie, maar God se wysheid ontvang en antwoorde kry op die pad vorentoe. So fokus mens nie op jouself nie, maar op God.

Lees gerus Prof Stephan Joubert se boek Beheer God Jou Denke?: Die Sleutel Tot ‘n Suksesvolle Geloofslewe is Binne Jou Bereik!

 

Skrywer: Dr Kobus Kok