Fauna en flora in die Bybel (6)
Fauna en flora in die Bybel (6) – Jan van der Watt
Vlas met sy pragtige blou blommetjies se stingel is vir ʼn verskeidenheid dinge gebruik. Dit is gebruik om materiaal vir linne vir klere of skeepseile te maak.
Vlas met sy pragtige blou blommetjies se stingel is vir ʼn verskeidenheid dinge gebruik. Dit is gebruik om materiaal vir linne vir klere of skeepseile te maak.
Papirusplant: Dit is veral gebruik om papier van te maak. Die stingel van die plant is driehoekig en kon tot drie meter lank wees.
Liefdesappels: ʼn Blaaragtige plant (Genesis 30:14-16).
Kaneel kom van die bas van die kaneelboom af. Dikwels is dit tot ‘n olie gedistilleer en dan vir geursel in kos gebruik (Spreuke 7:17; Esegiël 27:19).