Die Groot Geloofswoordeboek: Die Eindtyd (4)
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Eindtyd (4)
Die heidensending
Die kerk se taak om die evangelie aan alle mense te verkondig is een van die tekens van die nabye wederkoms van Christus. Jesus het self ‘n duidelike uitspraak: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom” (Matt 24:14).