Die Groot Geloofswoordeboek: Calvyn
Die Groot Geloofswoordeboek: Calvyn
Calvyn
Johannes Calvyn (1509-1564) was saam met Martin Luther een van die bekendste Kerkhervormers. (*Hervorming) Hy was jonger as Luther. Hy was net ag jaar oud toe Luther in 1517 die 95 stellings teen die *Katolieke Kerk aan die deur van die katedraal in Wittenberg gespyker het. Hy het in Frankryk en Switserland opgetree, veral in Genève.