Spreek in Tale
Spreek in Tale – Jan van der Watt
Zelda vra:
Ek het al verskeie kerke besoek en wat gebeur is ‘n lidmaat van die kerk sal kliphard begin bid en dan kan ek nie die “taal” verstaan en dan sal ‘n ander persoon daarna ook praat, en dit is blykbaar ‘n uitlegging van die vorige? My dogter en haar vriend besoek nou dikwels die kerk. Dit pla my en ek weet ons gaan altyd in iets probeer fout vind, maar hoe ek verstaan is dat daar wel tale is maar wat verskillende nasies praat en verstaan bv. Engels. Ek sê nie dit is verkeerd nie ek bevraagteken dit omdat ek nie verstaan nie.
Ek hoop jy kan my gemoedsrus gee.