Prof Dionne Craffort
Prof Dionne is ‘n Emeritus professor in Teologie aan die Universiteit van Pretoria.
Prof Dionne is ‘n Emeritus professor in Teologie aan die Universiteit van Pretoria.
Lodewyk Sutton is gebore op 5 Januarie 1982 in Pretoria, Suid-Afrika. Hy matrikuleer gedurende die jaar 2000 aan die Hoërskool Eldoraigne. In 2006 voltooi hy ʼn LLB-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) en word as advokaat toegelaat van die Hoëhof in 2009. Hy begin sy teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria (UP) in 2007 en voltooi die grade BTh, Ba Honneurs in Antieke Tale en Kulture en M-Div, almal met lof. In 2015 voltooi hy sy PhD in Ou Testament studies by UP, met ʼn tesis getiteld: “A trilogy of war and renewed honour? Psalms 108, 109 and 110 as a literary composition.” In 2016 voltooi hy ʼn Post-dok by UP, waar hy ook gewerk het as deeltydse lektor in Ou Testament. Sedert 2018 is hy ʼn Senior Lektor in Ou Testament, by die departement Ou- en Nuwe Testament Studies, by die fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat (UVS). In 2019 voltooi hy ʼn Meesters in Semitiese tale by UP. Lodewyk dien ook as ʼn predikant in die Nederduitse Geformeerde Kerk (NGK).
Ek is ‘n Landdros in Greytown KZN en het die skripsie(geloof-Ateisme) gedoen as deel van my M-Phil (Toegepaste Teologie) wat ek in 2008 by UP verwerf het. Ek het ook ‘n Bphil (Bybelinterpretasie) by Stellenbosch behaal in 2001. Ek is op die oomblik besig met ‘n MA Teologie by UP onder Prof. Etiene De Villiers. Ek het ook ‘n LLM by Unisa behaal in 1999 en is al die afgelope 28 jaar ‘n Landdros waarvan 17 jaar op Greytown. Ek is ook die samesteller van ‘n maandelikse e-pos nuusbrief wat aan Landdroste reggor die land versprei word. Ek is getroud met Ansie en het 3 seuns. Vereers is dit seker genoeg behalwe dat ek probeer om Jesus te volg in my elke dag se lewe.
Jammer vir die ongerief. Die artikel is nie nou beskikbaar nie. Probeer gerus weer oor ‘n rukkie.