Vergifnis: Wat beteken dit?
“A mere Sunday religion is not enough. A thing put on and off with our Sunday clothes is powerless” – J.C. Ryle
Vergifnis: Wat beteken dit?
Daar is sekere woorde wat mense as hulle dit hoor, dink hulle weet wat dit beteken. Vergifnis is een van daardie woorde. Mense in die samelewing dink nie in Bybelse terme aan vergifnis nie. Baie mense dink vergifnis en verskoning het dieselfde betekenis – of selfs nog erger vergifnis en ignoreer is dieselfde.
J. D. Greear sê dat Psalm 32 die toets vir vergifnis is. Die psalmis sê dat diegene wat vergifnis vind daardeur verander word. As ons waarlik vergewe is, begin ons liefde vir God en ons deernis vir ander groei.