Niemand besoek die gemeente nie
We belong to Jesus because He has purchased us by His blood. He will not return or exchange what He has bought. —Anthony Carter
Niemand besoek die gemeente nie
Dit is interessant dat sekere gemeentes gereeld besoekers kry terwyl ander (waarskynlik die meerderheid van gemeentes) feitlik nooit besoekers kry nie. Hoekom? Bill Tenny-Brittian noem vier redes waarom sekere gemeentes gereeld besoekers kry.
- Lewens word verander en mense weet dit
Die bestaansrede vir die gemeente is om dissipels van Jesus Christus te maak. As iemand besluit om Jesus te volg, verander sy lewe – radikaal. Sy gedrag verander; verslawings word oorwin; verhoudings word herstel – sy hele lewe word aangeraak. As ‘n lewe verander, hoor mense daarvan en as mense daarvan hoor, kom kyk hulle.