Author: Mitch Kalp

image_pdfimage_print

Prof Hermie van Zyl

Lewensloop: Hermie van Zyl Hermias Cornelius van Zyl (geb 6 Junie 1947) matrikuleer in 1965 aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria. Hy studeer daarna aan die Universiteit van Pretoria en behaal die grade BA, BD en DD. Hy dien vir...

Hoekom misluk ons?

 

When you go through a trial, the sovereignty of God is the pillow upon which you lay your head. —C.H. Spurgeon

Hoekom misluk ons?

Mislukking hoef nie finaal te wees nie. Almal ondervind mislukkings in hulle lewe. God laat dikwels ons mislukkings vir ons werk. Volgens Spreuke is daar vyf dinge wat mislukking in ons lewens veroorsaak.

  • Ons misluk, want ons beplan nie vooruit nie

‘n Verstandige mens sien onheil kom en sorg dat dit hom nie tref nie, onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor (27:12). Sommige van ons is geneig om impulsief te wees, maar die verstandige man beplan vooruit. Die impulsiewe mens kyk nie vooruit nie en moet dan die gevolge hanteer.

Hoe definieer jy sukses?

God doesn’t need our consent in order to govern us. He made us. —RC Sproul

Hoe definieer jy sukses?

As jy op Amazon soek vir “hoe om te slaag” gaan jy meer as 27000 antwoorde kry. Daar word baie oor sukses geskryf, maar dikwels help dit ons nie. Baie mense sukkel met wat sukses werklik is. In die kerk meet ons ongelukkig sukses dikwels aan getalle: erediensbywoning, begroting, ens. Die vraag wat ons moet vra, is: Hoe definieer God sukses?

  • Vir God is sukses getoue gehoorsaamheid

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(5)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(5) – Hennie Stander

Die reël van huwelike
Jongmense het gewoonlik nie self besluit met wie hulle sou trou nie. Dit was dikwels ‘n geval van eers trou en later liefhê. Nogtans het dit tot redelike stabiele huwelike gelei (sien byvoorbeeld Genesis 24:67). Die jongman kon wel ook sy voorkeure bekend maak (Genesis 34:4; Rigters 14:2), maar by kon ook self die besluit neem, selfs teen die wense van sy ouers (Genesis 26:34-35). Die praktyk om huwelike te reël het nie beteken dat die gevoel van die partye wat daarby betrokke was heeltemal misken is nie (Genesis 24:58), of dat daar nooit liefde voor die troue bestaan het nie (Genesis 29:10-20).

image_pdfimage_print