Die Here se wil

Die Here se wil – Francois Malan

Jan vra:

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

 

Hoekom wonder jy waarom die Here die kind laat swaarkry? Is dit dan nie, soos jy sê, die ouers se nalatigheid wat die kind laat swaarkry nie? En die Here se genade dat die kind aan hulle teruggegee word nie? Hoekom blameer ons die Here as ons verkeerd optree? Hoekom loof en prys ons nie die Here oor sy wonderlike goedheid dat Hy hier ‘n besondere uitsondering gemaak het en die kind laat lewe het nie?

Die vier Evangelies meld slegs van drie persone wat Jesus uit die dood opgewek het: die 12-jarige dogtertjie van Jaïrus (Mk 5:22,42 en Lk 8:41,55), die jongman, die enigste seun van die weduwee van Naïn (Lk 7:11-15), en Jesus se vriend Lasarus (Joh 11). Terwyl die Evangelies van baie genesings vertel, is daar slegs die drie besondere uitsonderings.

 

Prof Francois Malan

 




Die Eerste Brief van Johannes: dinge van die wêreld Die derde vereiste om in die lig te kan lewe: verwerp wêreldsgesindheid en oorwin die bose (vervolg) (b) dinge van die wêreld (2:15-17)

In verse 12-14 was die werkwoorde in die voltooide tyd – wat God reeds aan die gelowiges gedoen het, en waarvolgens hulle nou lewe. In verse 15-17 is die werkwoorde waarskuwings wat in die teenwoordige tyd gegee word, waarvolgens hulle nie behoort  te lewe nie. Waar 12-14 telkens  in drie parallelle frases die nuwe orde bespreek, wat met Jesus se koms aangebreek het, verwys verse 15-17 in drie parallele frases  na die ou orde wat nog voortbestaan tot die wederkoms van Jesus, en die verhouding van die gelowige teenoor die voortgaande ou bedeling:

 

               ‘As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van (en vir) die Vader nie in hom nie.’ God se gawe van sy liefde en lewe moet reg gebruik word, deur Hom lief te hê, en in sy liefde te leef in hierdie wêreld. Dit beteken dat jy liefde vir die sondige wêreld verwerp, en selfsugtige begeertes weerstaan. Liefde is nie ‘n onbeheerbare emosie nie, maar konstante toewyding van jou wil. Die mens wat die dinge van die wêreld liefkry, gee homself daaraan oor en leef volgens die norme van die wêreld, wat nie met God rekening hou nie.

 

2:16 Johannes verduidelik wat ‘al die dinge wat in die wêreld’ is, wat teen God staan:

(i)  ‘die begeerte van die vlees’ – eintlik is dit ‘n opsomming van  alles wat deur die volgende twee dinge verder verduidelik word. Die woord ‘vlees’ (sarks) word gebruik vir die natuurlike swak liggaam, asook vir die sondige gees. So is daar  goeie begeertes en slegte begeertes. Hier gaan dit om die sondige begeertes van die sondige mens, wat uitinge van sy selfsug en hoogmoed is (vgl. die lys van Gal 9-21). ‘Begeerte’ (epithumia) verwys na ‘n sterk begeerte (neutraal), maar ook om te kry wat aan iemand anders behoort, ‘n lus daarna (negatiewe betekenis). Laasgenoemde  gaan om ‘n eiewillige selfbeskikking en selfgerigtheid, los van die wil van God.   

(iii) ‘praalsug’ of  ‘grootpratery /arrogansie van die lewe’ – (lewe, bios, verwys na jou daaglikse optrede of gedrag, of na jou besittings) die dinge in die wêreld maak dat ‘n mens daarop  roem en  daarop vertrou.. Die woord  arrogansie, of pretensie verwys na iets  wat spruit uit ‘n valse  waardering van wêreldse besittings, houdings en aktiwiteite. Daarmee wil ‘n mens wys dat hy beter is as ander, en versteur só juis sy verhouding met ander (vgl. Flp 2:3-5 vir egte nederigheid).

Bose begeertes (i), en valse waardes (ii), gaan oor onheilige begeertes na dinge en posisies wat ons nie het nie, en egoïsme (iii), gaan oor onheilige trots oor prestasies of dinge wat ons het.

Johannes het verduidelik wat al die dinge van die wêreld is wat die gelowige moet vermy en nie moet  liefhê nie: selfsugtige begeertes, wat gestimuleer word deur wat die oë sien en tot uiting kom in ‘n uiterlike vertoon.

 

2:17 Die wêreld met sy dinge wat begeer word, is aan die verbygaan. Dit is die tweede rede waarom ‘n Christen nie die wêreld moet liefhê nie (die eerste rede in 2:15-16: liefde vir die wêreld en liefde vir God sluit mekaar uit). Die dinge van die wêreld het egter nie permanente waarde nie, so ook nie die begeerte na die dinge van die wêreld nie (1 Kor 7:31 sê: ‘hierdie wêreld soos ons hom ken (letterlik: die huidige vorm of voorkoms van hierdie wêreld), is aan die verbygaan.’  Daarom het dit nie blywende waarde nie. Daarom moet die Christen sy liefde vir dinge van die wêreld en sy verlange na die eer van mense aflê. Dit is deel van sy selfverloëning.

            ‘maar  hy wat God se wil doen, bly vir ewig’ – God se wil is boweal dat ons Hom sal liefhê, deur sy gebooie te gehoorsaam, en deur  steeds in liefde op te tree teenooor  alle mense met wie ek in aanraking kom (vgl. Rom 13:16 die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet). Liefde vir die wêreld kom uit die wêreld (2:16) wat aan verbygaan is. Liefde vir God kom uit God, en God is ewig, so ook die lewe wat Hy vir die gelowige gee. Omdat dit uit God is, is dit permanent, ewig. Dit behoort aan ‘n heeltemal ander dimensie as die wêreldlike lewe wat die Christen omring met verloklikhede om hom weg te lei van God se wil af, saam met eiewilligheid wat jou soos ‘n tipiese wêreldling laat optree. Daar is slegs een manier om afstand  te kan hou teenoor die wêreld se aansprake, naamlik om die wil van God te doen deur lief te hê – dit bly vir ewig en gee sin en rigting in die lewe.

Skrywer:  Prof Francois Malan




Eindkommer

Why do Christians demand so much from God and so little from themselves? – Jim West

 

Eindkommer

Ons hoef nie godsdienstig te wees om ‘n eindkommer te hê nie. Sommige mense se eindkommer is geld; vir anders is dit seks, dwelms, hulle gesin of werk. Vir ander is dit God soos in die Bybel geopenbaar. Mense se liefde vir hierdie dinge beteken dat hulle dinge van aanbidding is.

 

 

Wat is jou eindkommer en hoe weet jy dit? Dit is dit wat vir ons die meeste beteken – dit waarop ons die hoogste prys plaas. Jakobus se gehoor was nie gehoorsaam aan God nie. Hulle het aan die rykes voorkeurbehandeling gegee en die armes verag (Jakobus 2). Die ryk jongman hom na Jesus, want hy weet dat Jesus ‘n goeie leermeester is – Hy sou vir hom insig kon gee oor hoe om die ewige lewe te verkry. Hy onderhou die wet, maar kort een ding: hy moes sy besittings gaan verkoop en die opbrengs vir die armes gee en Jesus volg om die ewige lewe te kry. Sy belangstelling in die ewige lewe het net daar opgehou. Wat vir hom belangriker was, was sy rykdom (Matteus 19).

 

Johannes Calvyn was passievol vir die waarheid en kennis van God soos geopenbaar in Jesus Christus. In sy Institutes of the Christian Religion bespreek hy die kennis van God. Hy sê onder andere: “Die gevolg van ons kennis … moet wees om ons eerbied en vrees te leer; tweedens om Hom vir alle goeie dinge te vra en as ons dit kry te sê dat dit van Hom  af kom. Hoe kan die idee van God nie onmiddellik aanleiding gee tot die gedagte dat, aangesien Hy jou gemaak het, jy jou aan sy gesag moet onderwerp nie.”

 

Ongelukkig is ons lewens nie een van gehoorsaamheid aan Hom wat ons gemaak het nie.

 

Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig (Spreuke 9:10).

 

 




Maar God wat die neerslagtiges opbeur

The Church is the place where the Gospel is preached; Gospel is good news; good news makes people happy; happy people sing. But then, too, unhappy people may sing to cheer themselves up – Calvyn

 

Maar God wat die neerslagtiges opbeur

Maar God wat die neerslagtiges opbeur … (2 Korintiërs 7:6).

Hierdie idee van God wat opbeur is nie ‘n sprokie nie; dit is nie iets wat ons vir iemand sê omdat ons aan niks beter kan dink nie. Hierdie is ‘n waarheid wat ons uitdruklik in die Skrif kry. Maar hoe doen God dit? Om waarlik opbeur te wees, moet dit so tasbaar soos ons pyn wees. Teoretiese opbeur sal nie bevredig nie.

 

 

Die primêre manier waarop God die neerslagtiges opbeur, is deur dy lewegewende beloftes. Dit is die fondament waarop God se genade wat herstel en genees, gebou is. God beur sy mense op deur elke hindernis wat hulle verhinder om hulle vreugde in Hom te kry, verwyder. Hy beur hulle op deur hulle sonde te vergewe en hulle sy kinders te maak – mense wat vir altyd in sy teenwoordigheid sal woon.

 

Maar Paulus sê nie dit nie. Hy sê: Maar God wat die neerslagtiges opbeur, het ons ook opgebeur deur die koms van Titus. God beur Paulus op deur sy vriend Titus na hom toe te stuur. God beur mense op deur hulle verhoudings met ander mense. God is die bron van vertroosting, maar mense is die gesig van vertroosting. God staan agter alle vertroosting, maar Hy gebruik mense om dit te doen. God is in die besigheid van die bou van verhoudings. Ons vertrou volledig op God en Hy gebruik dikwels mense om ons op te beur.

 

Onthou altyd: Mense is belangrik in ons lewens. Soms bekommer hulle ons; soms beur hulle ons op. Maar hulle maak saak in ons lewens. Soos Paulus kan ons op een of ander stadium  sê wat hy gesê het: God het ons deur ‘n vriend opgebeur.