Hoekom laat God tragedies en lyding toe?
“What comes into our minds when we think about God is the most important thing about us.” – A.W. Tozer
Hoekom laat God tragedies en lyding toe?
Hierdie vraag is aan Lee Strobel, bekende skrywer, gestuur. Ek het gehou van sy antwoord:
Kyk net na die nuus. Oral net tragedies en lyding: aardbewings, vloede, mishandeling, gebroke verhoudings, beserings, misdaad …. Oral om ons ly mense en vra: Hoekom laat God dit toe? Jesus het voorspel dat dit in ons sondige wêreld sal gebeur: In die wêreld sal julle dit moeilik hê (Johannes 16:33).
Ons kan nie ‘n volledige antwoord gee nie, want ons staan nie in God se skoene nie, maar daar is tog sekere dinge wat ons kan verstaan. Ons verstaan nie al die besonderhede van hoekom dit gebeur nie, maar daar is tog Bybelse waarhede wat sekere punte vir ons verlig. As ons hierdie ligpunte volg, lei dit ons tot gevolgtrekkings wat ons tog kan tevrede stel. Hy noem dan vyf ligpunte wat vir hom gehelp het.
- Eerste ligpunt: God is nie die skepper van die bose en lyding nie
Genesis 1:31 sê dat toe God gekyk het na wat Hy gemaak het, het Hy gesien dat dit baie goed was. Maar as God dan nie die oorsprong van die bose is nie, waar kom dit dan vandaan? God het die mens met ‘n vrye wil geskep sodat ons Hom kan liefhê – liefde sluit altyd die vermoë in om lief te hê of nie lief te hê nie. Ons het hierdie vryheid misbruik om God se liefde te verwerp. Die gevolg is dat daar boosheid in ons lewens en in die wêreld gekom het.
- Tweede ligpunt: Lyding is nie goed nie, maar God kan dit gebruik om iets goed mee te bereik
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28). Dit sê nie dat God die oorsprong van die bose en lyding is nie – net dat Hy dit ten goede kan gebruik. Dit sê ook nie dat Hy dit onmiddellik of selfs in hierdie lewe gaan bewerksteillig nie en ook nie hoe Hy dit gaan doen nie.
- Derde ligpunt: Die dag kom wanneer alle lyding verby sal wees en God die bose sal oordeel
Mense vra: “As God dan lyding en die bose kan oorwin, hoekom doen Hy dit nie.” Die feit dat Hy dit nog nie gedoen het nie, beteken nie dat Hy dit nie kan doen nie Die Bybel sê dat daar ‘n dag sal kom waar daar geen siekte of pyn meer sal wees nie. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie. Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer (2 Petrus 3:9).
- Vierde ligpunt: Die lyding wat ons nou verduur weeg nie op teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18). Hiermee word die werklikheid van pyn in ons lewens nie ontken nie. Maar eendag sal ons besef dat hierdie moeilike dae op aarde nie met die ewige seëninge een dag saam met Hom vergelyk kan word nie.
- Vyfde ligpunt: Ons besluit of ons verbitterd sal wees of ons na God vir vrede en moed sal wend
Ons het almal gesien hoe lyding sekere mense verbitterd maak en dat hulle dan God verwerp, terwyl ‘n ander persoon hom na God toe wend. Ons besluit of ons van God af wil weghardloop of na Hom toe wil hardloop.
As ons Hom vertrou, is Hy in ons. Dan word jou lyding sy lyding en jou hartseer sy hartseer. By Hom sal jy vrede kry om die huidige te hanteer.
(Johannes 16:33).
When we stare into the spotlight of success, sin sits comfortably in the front row cheering us on. —D.A. Horton Is Jesus werklik die enigste weg na God? Is dit nie bekrompe om te sê dat Jesus die enigste weg na God is nie? Nee, want hierdie idee het nie by een of ander teoloog ontstaan nie, maar by Jesus self: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6). Mense wat probleme het met hierdie idee argumenteer nie met Christene nie, maar met Jesus self. In die bergrede sê Jesus: Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min (Matteus 7:13 – 14). Ons soek benaderings wat nou is solank as wat hulle op die waarheid gebou en vir ons die rigting aandui wat vir ons die beste is. Ons kan glo dat Jesus die waarheid praat en dat Hy ons sal lei na vergifnis, die lewe en ‘n ewige lewe saam met Hom. Voor die Joodse Raad sê Petrus:Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gege waardeur God wil dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12). (C. S. Lewis). Is Jesus werklik die enigste weg na God?
Die tweede vereiste om in die lig te kan lewe: gehoorsaamheid (vervolg): (b) Bly in God en sy gebod (2:6-8)
2:6 Waar 2:4 gesê het dat ons weet dat ons God ken as ons sy gebooie gehoorsaam, en 2:5 dat ons weet dat ons in Hom is, sê 2:6 ‘wie sê dat hy in Hom bly…’ – dit bou op na die klimaks. ‘Bly’ veronderstel ‘n intieme persoonlike kennis van God, ‘n lewe waar ek, deur die Heilige Gees se inwoning in my, permanent en onafgebroke aan God toegewy leef, soos Jesus op aarde geleef het – ‘… behoort te leef (letterlik: ‘moet wandel’) soos Hy geleef het.’
Die gelowige se lewe is een van toewyding aan God, soos Jesus ons voorgelewe het op aarde. Sy lewe het gedraai om die doen van sy Vader se wil (Jn 4:34; 5:30). Vir die lesers van 1 Johannes beteken dit dat hulle sal lewe soos die lewe van Jesus beskryf is in die Evangelie volgens Johannes, wat aan hulle bekend is. Daarvolgens het Jesus reeds gesê: julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet (13:34; 15:12). Om in die lig te lewe vereis gehoorsaamheid aan God, soos Jesus.
2:7 Waar Johannes in 2:1 die gemeentes in en om Efese aanspreek as ‘my liewe kindertjies’, noem hy hulle hier ‘geliefdes.’ Hierdie gedeelte gaan voort met gehoorsaamheid as vereiste, met klem op die praktiese implikasies van die wet van Christus. Voor hy daarmee begin, beoefen Johannes reeds die liefdesgebod, deur hulle sy geliefdes te noem. Dit is ook ‘n sinspeling op 2:5a dat die liefde van God in ons volkome gemaak word deurdat God die Heilige Gees, die Gees van die liefde, in elke gelowige woon.
Vir dié gemeentes van tweede geslag Christene is Jesus se nuwe wet ‘Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het,’ nie ‘n nuwe gebod nie, maar ‘n ou gebod waarmee hulle grootgeword het, en wat hulle goed behoort te ken. Maar by die uitvoering daarvan skiet hulle, of party van hulle, skynbaar te kort. Daarom herhaal Johannes die ou bekende liefdesgebod, want dit is die toets vir Christelike toewyding aan God, en ‘n opsomming van die gehoorsaamheid wat van die gelowige volgeling van God, wat in sy lig leef, vereis word. Dit is ook die grondbestanddeel van die evangelie van Jesus, en die primêre verpligting wat van sy volgerlinge vereis word. Dat die liefdeswet ‘n ou wet is, is moontlik ook ‘n teregwysing aan die valse leraars, wat met nuwighede kom, wat op kennis van God en belewenis van God die klem lê, maar by die liefdesgebod verby kyk en verby leef.
2:8 Tog skryf Johannes vir hulle ‘n nuwe gebod – paradoksaal: oud omdat hulle dit ken, nuut omdat die ou wet nuut bly en nie verstar nie – soos die Jode daarvan iets wetties, los van God as persoon, gemaak het (vgl. Mat 5-7 julle het gehoor dat daar vir mense van die ou tyd gesê is….maar Ek sê vir julle, en dan brei Jesus die ou wette uit en wys wat God se doel daarmee is). Jesus het ook ‘n nuwe maatstaf gebring (julle moet mekaar liefhê ‘soos Ek julle liefhet’).
Die Jode het gepraat van die huidige bedeling en die toekomstige bedeling. Met Jesus se koms het die toekomstige bedeling aangebreek. Ons lewe nou reeds in die eindtyd saam met God, al gaan die ou bedeling nog voort. Daarom bly die manier van lewe in liefde vir ander, in die huidige tyd, nuut in ‘n wêreld waar almal vir hulleself lewe. Maar daarvan sê 1 Johannes dat die duisternis aan die verbygaan is, en die ware lig is reeds aan die skyn. Jesus is die ware lig (Jn 3:19) wat alreeds skyn, en besig is om die duisternis te verdryf, veral in ons lewe (die werkwoord ‘aan die verbygaan’ is in die teenwoordige tyd en passief om aan te dui dat God besig is om die duisternis te laat verbygaan, veral in die lewe van elke gelowige).
Johannes sê dat hierdie wet nuut is. Dit is uit sy liefde dat Jesus mens geword het om vir ons te kom sterwe en te wys hoe God wil hê dat ons moet lewe. Ons is geroep om in dié liefde te leef, wat God die Heilige Gees in ons bewerk deur sy inwoning in ons. So sit Jesus sy liefdeswerk in die wêreld voort deur ons woorde en optrede en gesindhede. Dit vra van ons om al meer liefde aan ander te bewys in ons daaglikse omgang met mense by die huis en by die werk en in ons samelewing om die Bose te oorwin met ons liefde, die liefdesmag van Jesus wat almal na Hom toe trek (Jn 12:32-33). .
Skrywer: Prof Francois Malan
Ons eie Areopagus
“…when there’s something in the Word of God that I don’t like, the problem is not with the Word of God, it’s with me.” — R.C. Sproul
Ons eie Areopagus
Paul Copan en Kenneth D. Lidwak ( The Gospel in the Marketplace of Ideas) gebruik Paulus se besoek aan Atene (Handelinge 17) om gelowiges te help om in so ‘n multikulturele wêreld die evangelie te verkondig. Hulle vergelyk Atene in Paulus se tyd met ons eie wêreld en vind heelwat ooreenkomste. Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.
Watter lesse kan ons uit Paulus se toespraak leer? Hoe kan ons ons eie Ateners bereik? Ons kan ook filosofiese en wetenskaplike hulpbronne gebruik wat uit God se algemene openbaring voortspruit. Daar is egter ‘n paar ander oorwegings gebou op Paulus se benadering.
- Onderskei tussen persone en geloof
Toe Paulus al die afgodsbeelde in Atene sien, was hy baie verontwaardig. Hy val nie sommer weg deur die Ateners te kritiseer nie. Hy was afgemete, vol respek en innemend. Sy hele toespraak was respekvol al het hy die filosowe gekritiseer. Paulus kon tussen persone gemaak na die beeld van God en dit wat hulle geglo het, onderskei. Baie mense glo as jy nie dit wat hulle glo aanvaar nie, aanvaar jy hulle ook nie. Ons moet leer om welwillend saam te stem en te verskil. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly (Efesiërs 4:15).
- Hoe beskryf ons God
Op die Areopagus was daar gereeld advokate wat die saak van spesifieke gode gestel het. Paulus bied nie ‘n nuwe God aan nie. Hy gebruik die “onbekende god” en bou daarop uit. Ons moet ook leer om oor die “onbekende God” in ons hedendaagse kultuur te praat. Baie mense is tot ‘n mindere of meerdere mate aan die Christelike geloof blootgestel. Maar hulle is doodtevrede met ‘n godsdiens wat geen persoonlike aansprake op hulle maak nie. Ons kan iets van hierdie God bevestig in die lig van die heelal wat Hy gemaak het. Die boosheid in die wêreld herinner ons dat alles nie reg is nie en dat ons bystand van buite nodig het om dit reg te stel. In Atene wys Paulus na Christus as God se agent in hierdie wêreld om die orde te herstel; om vergifnis aan te bied as ons berou het; om hoop te gee selfs anderkant die graf.
- Tekens van oortreffing/Transendensie
Paulus leer ons om alle tekens of indikatore van transendensie te gebruik. Hy praat van mense wat rondtas om God te vind. Intellektuele en teologiese argumente is belangrik, maar ook sekere praktiese oorwegings soos diep menslike behoeftes en verlangens: die soeke na sekuriteit en betekenis, die vrees vir die dood, die verlange na geregtigheid, ens. Hierdie eienskappe van ons lewe laat ons na iets meer verlang – iets wat geen aardse ding kan bevredig nie.
- Evangelisasie en apologetiek as ‘n proses
Ons dink dikwels aan evangelisasie as ‘n gebeurtenis. Daarom gebruik ons dikwels ‘n een-grootte-pas-almal. Dit skep dikwels hindernisse in plaas van brûe bou. Ons moet baie versigtig dink oor die toegangspunte vir die evangelie. Dit kan ons net doen as ons ons gehoor beter verstaan. Kyk net hoe verskil Paulus se toesprake aan Jode en dié aan heidene. Dikwels word ‘n hele reeks van klein treetjies benodig. ‘n Kort gesprek of preek is nie genoeg om ongeloof te verdryf nie. Waar ons begin, hang af van waar die persoon is.
Afgesien van die proses moet Christene geloofwaardigheid en vertroue bou. Paulus het begin deur eers rond te loop en te luister om sy feite bymekaar te kry. Dit is noodsaaklik om die boodskap wat jy wil oordra in konteks te plaas. Gelowiges moet ‘n veilige plek vir skeptici en ongelowiges wat die waarheid ontken, wees. Geloofwaardigheid is die gevolg van goeie waarneming en luister. Christene praat dikwels te gou en luister maar sleg. Ons is gereed met ons antwoorde voor ons weet wat die persoon se spesifieke vraag is. As ons goed luister verdien ons die voorreg om na geluister te word. Om goed te luister beteken nie dat ons op elke punt moet antwoord nie.
- Daag die afgode van ons dag uit
Paulus was bewus van die Jode se sterk afkeer van afgode en heidense invloede. Paulus was nie bang om die Ateners se afgode en vals teologie uit te daag nie. Om na Jesus Christus se opstanding te verwys, het hy besef hy gaan geen simpatie kry nie. Hy het nie gehuiwer om die tekortkominge van hulle gode uit te wys nie. Hy bevestig ook dat Jesus Christus en nie die keiser God se agent op aarde is nie. Afgodery is as ons van God se goeie gawes God se plaasvervangers maak. Vandag se afgode sluit in seksuele vryheid, politiek, geld, tegnologie, verhoudings waarop ons al ons hoop plaas, ens.
- Jesus: Die hoogtepunt van die geskiedenis en die vervulling van ons hoogste ideale
Paulus sluit sy toespraak af deur na Jesus te verwys as God se agent in die wêreld. Hy beklemtoon dag die historiese, opgestane Jesus die hoogtepunt van God se openbaring aan die mens is.
Paulus se toespraak in Atene is ‘n ryk hulpbron wanneer ons met hedendaagse Ateners praat. Pauks se toespraak se kern is die evangelie; hy plaas die toespraak in die konteks van die Ateners.