There is a big difference between an eager man who wants to read a book and a tired man who wants a book to read – G. K. Chesterton
Die geduldige mense van God in die wêreld
C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Ek is die weg en die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Wat beteken dit as ek sê dat Jesus die weg is?
– Ons gemeentes moet die beliggaming van Jesus Christus wees en is noodsaaklik vir God se werk in hierdie wêreld. Gemeentes is die primêre weg waardeeur Christus se volgelinge in hierdie wêreld moet werk. Kloostergemeenskappe beskou die uitdaging om die weg van Christus te beliggaam ernstig op – op hulle besondere plekke. Om die lewe saam as gemeenskap te leef en nie die gemeente as ‘n weeklikse bymekaarkomplek vir individue te beskou nie, moet elke faset van die lewe – huis, werk, aanbidding, ens – ondersoek word om seker te maak dit voldoen aan die versoenende weg van Jesus Christus. Ons moet Jesus Christus saam op ‘n spesifieke plek beliggaam.