Hate, it has caused a lot of problems in the world, but has not solved one yet – Maya Angelou
Ek het chronies pyn
Daar is baie mense wat oor ‘n lang tyd met chroniese pyn sukkel. Maar wat van mense wat saam met sulke mense moet leef? Hier is ‘n paar riglyne wat mag help.
- Daar is iets goeds in sug
Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee … Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry (Romeine 8:20, 22 – 23).
Ons sug omdat die wêreld nog aan verydeling onderwerp is – dinge is nie soos dit behoort te wees nie. Dit beteken:
Een: Om te sug is nie verkeerd nie.Ons leef in ‘n gebroke wêreld en pyn is ‘n produk van hierdie wêreld. God se oppermag in situasies soos hierdie beteken nie dat ons nie kan erken dat dit moeilik is nie. Ons kan soos Paulus pleit dat God die doring in ons vlees verwyder.
Twee: Die sug van Romeine 8 verwys na die sugte van ‘n vrou tydens geboorte Vrouens kan sug en kreun tydens kindergeboorte en so ook Christene wat chroniese pyn het. Christene besef dat iets beter vir hulle voorlê – om vir altyd saam met Jesus te wees sonder pyn. Ons sug in hoop wanneer die pyn verby sal wees.
Dit is bevrydend om in hoop te sug. Maar om te sug, is net deel van die antwoord op pyn. God belowe nie net dat Hy ons deur lyding gaan verlos nie, maar ook in lyding werk Hy vir ons beswil. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit vir ons gevoel asof die doodsvonnis klaar oor ons uitgespreek is (2 Korintiërs 1:8 – 9). Mense met chroniese pyn voel dikwels soos Paulus. Paulus se interpretasie van hierdie pyn is lewensveranderend: Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe (1:9).
Die doel van Paulus se pyn is om hom meer afhanklik van God te maak. Afhanklikheid van God is nie net die gevolg van lyding nie, maar ook die doel daarvan. God wil alle vertroue op onsself afstroop sodat ons meer op Hom kan vertrou. Meer as sug, is daar ‘n desperate afhanklikheid van God.
Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee … Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.. Sy antwoord was: “ My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie eerder oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees … want as ek swak is, is ek sterk (2 Korintiërs 12:7 – 10). Ons kan nie net oorleef nie, maar ons kan in ons swaarkry vir God aanbid – as ek my swakheid besef. Ons kan selfs in ons swakhede roem.
In werklikheid is dit nie my pyn nie maar ons – familie en geloofsgemeenskap – se pyn. Ons gaan saam daardeur. Dit is steeds moeilik, maar ons moet leer om aan Jesus Christus – ons enigste bron van ware troos vas te klou. Hy ken die diepte van ons swaarkry; Hy is ons genadige Hoëpriester.
Voldoen ons aan God se visie? Die mens skiet ver tekort by God se ideale visie van die skepping wat vernuwe is. Hierdie sonde is nie iets waarmee ons gebore is nie, maar is ‘n leefwyse wat ons aanleer. Maar, terselfdertyd, het die mens die vermoë om oneindig goed te doen. Die mens is nie net goed nie, maar beslis ook nie net sleg nie.
Sonde is nie die oortreding van ‘n morele kode nie – nee, dit is die geneigdheid tot selfsugtige optrede – optrede wat die verhoudings tussen mense en mens, mense en die skepping en mense en God, nie in ag neem nie. Maar die mens het die potensiaal vir grootheid: “The greatness of man is great in that he knows himself to be miserable. A tree does not know itself to be miserable. It is then being miserable to know oneself to be miserable; but it is also being great to know that one is miserable” (Blaise Pascal).
Jesus Christus dien as Middelaar tussen ‘n genadige God en ‘n sondige mensdom. Hierdie versoeningswerk van Jesus Christus behels die hele evangelieverhaal – van sy bediening, onderrig, opstanding en hemelvaart. Hans Küng sê dit sluit oordeel in. Ontkenning van hierdie element van oordeel lei tot ‘n godsdiens wat H. Richard Niebuhr so beskryf: “…a God without wrath brought people without sin into a kingdom without judgment through the ministrations of a Christ without a cross.” Om oordeel te ontken, beteken ‘n ontkenning dat daar iets met die mens verkeerd is wat oordeel mag vereis.