Ons word oud – En nou?
Let those be thy choicest companions who have made Christ their chief companion. —Thomas Brooks
Ons word oud – En nou?
J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak
Wat het bejaarde kerkgebonde Christene oor as hulpbronne om aan te bied; skatte om met ander te deel; wysheid om op terug te val? Bring bejaardes iets uniek na die geloofsgemeenskap, die strategie om dissipels te maak en die visie van die koninkryk?
- Geleenthede. Vandag se gesondheidsdiens verleng mense se lewens. Dit is algemeen vir bejaardes om redelik te funksioneer al is hulle al 80 jaar en ouer. Meeste Christene wat vandag 70 jaar oud is, het nog ‘n dekade voor hulle waartydens hulle nog aktief vir Jesus Christus kan werk.