Ons word oud – Die verkeerde pad
We know nothing of humility by nature, for we are all born proud – J.C. Ryle
Ons word oud – Die verkeerde pad
J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak
Maar watter raad gee ons sekulêre wêreld aan ou mense? Ontspan. Doen net wat jy geniet. Stadiger. Wees gemaklik. Jy is nie veronderstel om nog kreatief te wees nie; jy moenie meer verantwoordelikheid aanvaar om doelgerigte instellings te lei nie. Jy is af van die trapmeule en uit uit die rotteresies. Uiteindelik kan jy nou daarop konsentreer om die lewe te geniet. Jy het jou pensioen en mediese skema; daar is klubs, kompetisies, speletjies, toere en vermaak wat help dat jy die tyd omkry.