Is die Bybel nog relevant?

 

Once you label me you negate me. -Soren Kierkegaard, filosoof (1813-1855)

Is die Bybel nog relevant?

Dit word beweer dat meer mense ‘n Bybel besit as enige ander boek, maar min mense lees werklik hulle Bybels. Beteken dit dat die Bybel vandag nie meer relevant is vir mense nie? Nee, die Bybel is beslis nog relevant. Hier is ‘n paar redes daarvoor:

  • Die Bybel verduidelik hoe ons hier gekom het

Ons het nie sommer per ongeluk op die toneel verskyn nie. Ons het ‘n Skepper – die ewige God. Hy het die eerste mense gemaak en ons is afstammelinge van hulle.

 

  • Die Bybel verduidelik vir ons wat God gedoen het om ons te bereik selfs nadat die mense gesondig het en in opstand teen God gekom het

Ons was van God geskei. Hoekom? As gevolg van ons sonde. God kon toegelaat het dat ons vir ewig verlore gebly het. Maar Hy kom agter ons aan deur sy enigste Seun, Jesus Christus, te stuur om ons te red. Jesus se kruisdood het ons weer met God versoen.

  • Die Bybel verduidelik hoe ons ons Skepper tevrede kan stel en sy doel vir ons lewens bereik

Hoe moet ek optree sodat ek nie vir God teleurstel nie? Die antwoord op hierdie vraag kry ons in die Bybel. God wil hê dat ons sy wil vir ons lewens moet ken. Daarom het Hy vir ons die Bybel gegee. In die Bybel kry ons God se boodskap van genade en vergifnis vir sy mense. Daar lees ons ook dat God ons toerus om ander op allerhande praktiese maniere te dien.

  • Die Bybel vertel vir ons hoe God ons hart na teleurstelling kan genees

Op een of ander stadium sal almal van ons hartseer ondervind. En net ons Skepper kan ons weer genees. Berading kan nooit die genesing diep in ons bewerk wat God kan doen nie. As jou hart stukkend is, moet jy dit reg kry – God is die groot Geneser.

  • Die Bybel verduidelik hoe ek vervulling in verhoudings kan kry

Een van die groot uitdagings in die lewe is om sterk en gesonde verhoudings te handhaaf. Daar is baie redes waarom ons misluk – die grootste is waarskynlik ons eie selfsug. Dit maak dit soms vir ons baie moeilik om volledig met ander te verbind. Die Bybel leer vir God se mense hoe om hierdie verbintenisse te maak – op so ‘n manier dat dit liefde, vrede en eenheid bevorder. Die Bybel is die beste handboek oor verhoudings wat nog ooit geskryf is.

  • Die Bybel beskryf hoe ek krag kan kry as ek swak voel

Sommige mense glo dat as ek ‘n verhouding met God het ek nooit swaarkry sal ondervind nie. Dit is net eenvoudig nie die geval nie. Almal van ons gaan deur tye van ontmoediging, swakheid en moegheid. Die Bybel wys vir ons hoe God se krag ons bemagtig al voel ons ook hoe swak.

  • Die Bybel verduidelik hoe ons die ewige lewe kan kry

Meeste mense wil vir ewig in die hemel woon. Diegene wat nie in die hemel glo nie, wil iewers in ‘n gelukkige plek bly – vir ewig. Ons is geskep om vir ewig by God leef. Deur geloof in Jesus Christus kry ons hierdie gawe van die ewige lewe. Die Bybel wys vir ons duidelik die pad aan.

Hiermee kan ons begin insien dat niemand meer relevant as God is nie en geen boek meer relevant as die Bybel is nie. Miljoene boeke is al geskryf, maar net die Bybel gee vir ons die verklaring van ons lewe op aarde sowel as lewe aan die ander kant van die graf. Leer relevansie van Hom wat die boek daaroor geskryf het.




Gebed in die Bybel

In our day it’s worse to judge evil than to do evil. —Os Guinness

Gebed in die Bybel

So ‘n bietjie statistiek

  • Nie minder as 650 gebede kom in die Bybel voor nie.
  • Daar is ongeveer 450 antwoorde op gebede in die Bybel aangeteken.
  • Die eerste keer dat gebed in die Bybel vermeld word, is in Genesis 4:20. Vroeëre dialoë is deur God geïnisieer – Genesis 3:8 – 13 en Genesis 4:9.
  • In die Bybel lees ons dat Jesus 25 maal tydens sy bediening gebid het.
  • In die Bybel vermeld Paulus gebede – gebede, gebedsversoeke, oproepe om te bid – 41 keer.
  • Alhoewel gebede in verskillende posisies gedoen kan word, word vyf in die Bybel vermeld –  sit (2 Samuel 7:18), staan (Markus 11:25), kniel (Daniël 6:10 en ander),  met jou gesig na die grond (Matteus 26:39) en met hande opgelig (1 Timoteus 2:8).
  • In Jesus se modelgebed wat Hy aan sy dissipels gegee het, gee Hy vyf fokusareas:oDat God se naam geëer word – die fokus op sy ewige heerlikheid.
    • Dat God se koninkryk kom –  die fokus op sy ewige wil.
    • Dat God se voorsiening gegee word- die fokus op die huidige.
    • Dat God ons vergewe – die fokus op die verlede.
    • Dat God sy verlossing sal gee – fokus op ons toekoms.
  • Die Bybel noem verskillende tipes gebede:
  • Gebede van geloof (Jakobus 5:15)

Korporatiewe gebede ( Handelinge 2:42)

Gebede van versoeke of petisie (Filippense 4:6).

Gebede van danksegging (Psalm 95:2 – 3).

Gebede van aanbidding (Matteus 26:30).

Gebede van intrede (1 Timoteus 2:1).

Gebede van afsmeking (Psalms 69).

Bid in die Gees (1 Korintiërs 14:14 – 15).

  • Die woord Amen word vir die eerste keer in Numeri 5:22 gebruik.



Hoe kry God jou aandag?

A hypocrite fools others while he lives, but he fools himself when he dies.” Thomas Watson

Hoe kry God jou aandag?

Mense verheerlik God deur heiligheid (R. C. Sproul). Die probleem is dat niemand God se heiligheid volmaak kan weerspieël nie. Basies beteken dit dat God praat en optree deur mense uit hulle opstandigheid wakker te maak. Hoe doen Hy dit? Hoe trek Hy ons aandag? Mense en omstandighede verskil en daarom gebruik God verskillende metodes.

Toe Dawid deur die profeet Natan gekonfronteer word, vertel die profeet vir hom ‘n verhaal en trek vir Dawid in die verhaal in (2 Samuel 12:1 – 15). Toe God die wet aan sy volk gegee het, het die berg gebewe en was dit in rook gehul (Eksodus 20). Ons kry ook die grond wat mense insluk (Numeri 26:10); kos wat uit die lug val (Eksodus 16); Elia wat God se stem in ‘n sagte fluistering hoor (1 Konings 19:2); ‘n donkie wat praat (Numeri 22:8); ens.

Ons kry ook stellings oor God se karakter wat heiligheid moet bevorder. Dit is God se goedheid en geduld wat ons tot belydenis lei. Dan het ons ook waarskuwings (Hebreërs 2, 4, 6, 10, 12). In Openbaring lees ons hoe dinge gaan eindig – Jesus oorwin en sy mense woon saam met Hom.

Dit is ‘n paar maniere van hoe God sonde konfronteer en heiligheid bevorder. Al hierdie los drade kom saam in een plek – die kruis van Jesus Christus. Die laaste Adam wen alles, en nog meer, terug wat die eerste Adam verloor het. Aan die kruis voltooi Jesus Christus die werk waarvoor Hy gestuur is: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees (2 Korintiërs 5:21).

Die hele Bybel wys vooruit na Jesus Christus (Lukas 24:27). Watter metode God ook al gebruik, verbind dit aan Golgota Daar word vir ons “onheiligheid” versoen en word ons ewige heiligheid verseker.




Ek het ‘n fout gemaak (2)

 It is folly to think the Lord provides grace for every trouble but the one you are in today. —C.H. Spurgeon

Ek het ‘n fout gemaak (2)

In die vorige blog het ons gekyk na hoekom Maria Magdalena oorspronklik nie vir Jesus Christus kort na sy opstanding herken het nie. Nou kyk ons na die tweede vraag:

  • Sukses: Hoekom het Maria Magdalena later die opgestane Jesus herken net om deur Hom aangestel te word om sy oorwinning oor die dood aan die apostels en ander aan te kondig?

Toe Jesus haar naam noem, word al haar sintuie weer “wakker.” Sy sien en hoor Jesus se teenwoordigheid en stem. Wat oënskynlik die Vrydag in ‘n tragedie geëindig het, is nou die begin van ‘n buitengewone bediening van Jesus, sy volgelinge en sy kerk.

Hoekom was Maria die eerste persoon om die opgestane Jesus te sien? Hoekom het sy die opdrag gekry om die Goeie Nuus aan die apostels en aan ander oor te dra?

Rede #1: Hart

Maria se hart fokus op Jesus; sy wil Jesus, haar Verlosser en Here, se lyk kry. Vandag fokus baie gelowiges daarop om die verlede terug te wen en hoor glad nie Jesus se stem nie – hulle voel nie sy teenwoordigheid nie. Kan ons wandelende harte nie maar net op Jesus fokus nie.

Rede #2: Liggaam

Maria is hartseer. Sy is alleen. Maria weet uit persoonlike ondervinding dat Jesus haar persoonlike Verlosser is en al haar seerkry kan genees. Sy wat eerlik in haar seerkry was, was die eerste wat die Goeie Nuus wat genees, ontvang het. Dit is steeds moontlik om die Goeie Nuus van God se genade in tye van fisiese hartseer te ontvang. God gebruik steeds hartseer en siekte om ons sintuie “wakker” te maak.

Rede #3: Gees

Maria se aandag word deur haar gesprek met die engele afgetrek. Daar is niks mee verkeerd om aandag aan so ‘n ondervinding te gee nie. Vir Maria was dit ‘n tydelike onderbreking – soos dit vir ons ook moet wees. Ons aandag word so maklik deur ‘n betekenisvolle “aanbiddingsgeleentheid” vasgevang dat ons nie die lewende Here self ondervind nie. Soms is ons so vol van eerlike danksegging aan God vir ‘n wonderlike geleentheid of groot oomblik dat ons daardie kosbare persoonlike ontmoeting met die opgestane Jesus misloop.

Rede #4: Verstand/denke

Maria is stadig om Jesus te herken, want Hy lyk anders. Maar sy verstaan iets van verandering, want sy is self deur Jesus Christus se genade getransformeer. Ons moet ook oop denke hê – gelei deur die lig van die Skrif en die ware getuienis van die Heilige Gees. Dan sal ons Hom sien en hoor.

Ons kan baie uit Maria se mislukking en sukses leer. Laat ons Hom soek. Hy het immers belowe om elke dag by ons te wees tot aan die einde van die wêreld.