Ek het ‘n fout gemaak (1)

No people can be safe, when they have provoked God to leave them” – Matthew Henry

Ek het ‘n fout gemaak (1)

Dit is baie maklik om ‘n fout te maak. Op Opstandingsondag het Maria Magdalena ‘n ongelooflike ondervinding gehad. Sy was die eerste persoon om die opgestane Jesus te sien; sy was die eerste persoon wat aangewys is om aan ander persone die Goeie Nuus te vertel. Maar sy het eers ‘n fout gemaak – sy het nie vir Jesus herken nie.

Hoekom het sy nie aanvanklik vir Jesus herken nie? Hoekom het sy later vir Jesus gesien vir wie Hy werklik is? Kan sy ons help om ons sintuie op te skerp sodat ons meer bewus  word van die teenwoordigheid van die lewende Jesus? Twee vrae kom na vore:

  • Hoekom het Maria Magdalena aanvanklik nie vir Jesus herken nie?
  • Hoekom het Maria Magdalena later die opgestane Jesus herken net om deur Hom aangestel te word om sy oorwinning oor die dood aan die apostels en ander aan te kondig?
  • Mislukking: Hoekom het Maria Magdalena aanvanklik nie vir Jesus herken nie?

Ons kan baie leer uit Maria se onvermoë om Jesus te herken. In Johannes 20:11 – 18 kry ons vier redes waarom sy Jesus nie herken het nie al staan Hy voor haar, al praat Hy met haar en al is Jesus op daardie oomblik al waaraan sy kan dink. Elke rede hou verband  met ‘n aspek van Maria se persoon – persoonlike aspekte wat ons almal met haar deel. Dit is aspekte van ons eie onvermoë om bewus te wees van Jesus se stem en teenwoordigheid.

Rede #1: Hart

Maria se hart is daarop gefokus om Jesus se lyk te kry. Sy soek beslis nie ‘n gesonde mens nie. Sy het pas in die graf ingekyk en gesien dat Jesus se lyk verdwyn het. Sy het self gesien hoe Josef van Arimatea en Nikodemus daardie Vrydag die lyk in die graf neergelê het. Nou is die lyk weg. Maria aanvaar dat iemand Jesus se lyk verskuif het. Daarom wil sy by die “vreemdeling” in die tuin weet of hy die lyk verwyder het en waar hy die lyk neergelê het. Sy bied selfs aan om die lyk weg te neem. Niks was vir haar op daardie oomblik belangriker as om Jesus te eer deur sy lyk te versorg nie. Daarom is sy tydelik blind om die opgestane Jesus wat  reg voor haar staan en met haar praat, te herken. Kan ons ook onbewus van sy stem en teenwoordigheid wees? Kan ons harte so gefokus wees op die stories van Jesus dat ons blind en doof is vir sy teenwoordigheid by ons nou? Kan Christelike tradisies ons aandag van die aktiewe en lewende bediening van die opgestane Jesus om ons aflei? Dit is steeds ‘n probleem vir Christene vandag.

Rede #2: Liggaam

Maria huil – sy huil toe sy buite die graf staan en toe sy in die leë graf kyk. Sy was baie hartseer. Sy was immers teenwoordig toe Hy aan die kruis gesterf het. Nou neem haar hartseer toe, want sy glo iemand het Jesus se lyk ontheilig. Haar oë was vol trane; sy kon nie ordentlik sien nie. Hartseer het haar hele denkproses ontwrig. Sy kon nie helder sien of hoor of dink nie. Gebeur dit nie ook met ons nie? Ons skuldgevoelens kan ons sien, hoor en dink verwring. Ons oordeel onsself en oorkompliseer ons persepsies van God se genade. Ons is bang vir sy oordeel en ignoreer sy oorvloedige goedheid en vergifnis.

Rede #3: Gees

Maria se gees is afgelei deur haar gesprek met twee engele by die leë graf. Daarom fokus sy nie op haar onmiddellike omstandighede toe die opgestane Jesus met haar gepraat het nie. Maak afleidings nie ook vir ons blind vir Jesus se teenwoordigheid nie? Almal van ons se lewens is vol afleidings. Daarom is om op Hom en wat Hy besig is om te doen, te fokus dikwels ‘n uitdaging.

Rede #4: Verstand/denke

In Markus 16:12 lees ons dat Jesus anders gelyk het na sy opstanding. Jesus is bly, want sy verlossingswerk is afgehandel. Sy onlangse pyn en vreugde mag almal op sy gesig gewys het. Vir diegene wat nie in terme van hoop en verandering gedink het nie, was dit waarskynlik ‘n uitdaging om Hom te herken. Ons persepsies van Jesus se voorkoms kan ons steeds verwar. Jesus self het gesê dat Hy aan ons as die geringste sal verskyn. Kan ons visualiseer wat hierdie aanspraak alles behels?

Volgende keer gaan ons na die tweede vraag kyk: Hoekom het Maria Magdalena later die opgestane Jesus herken net om deur Hom aangestel te word om sy oorwinning oor die dood aan die apostels en ander aan te kondig?




Ek is nie trots op alles uit my verlede nie

God is awesome; he doesn’t need you to be awesome. He wants you to be obedient. —Matt Chandler

Ek is nie trots op alles uit my verlede nie

Almal van ons het dinge uit ons verlede waarop ons nie trots is nie. Daarom het almal genade en vergifnis nodig – dit sluit my in. Ons moet die verlede toelaat om te sterf en waarlik lewe. Jesus Christus wil hê dat ons ‘n lewe van blydskap moet leef – Hy het ons gemaak; Hy het ons lief; Hy soek ons; Hy red ons.

As jy voel jou verlede oorweldig jou, dink aan hierdie dinge:

  • Romeine 8:1: Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Geen beteken geen.
  • 2 Korintiërs 5:17: Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
  • Jesaja 1:18:  Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. Nie gedeeltelik nie, maar volledig ontslae van sonde.
  • Romeine 5:6 – 8: Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir die goddeloses gesterwe … Maar God bewys  sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
  • Psalm 103:9: Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie.
  • Efesiërs 2:4 – 9: Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.
  • Handelinge 9:1 – 6:  “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.” God kan enigiets te enige tyd verander en mense gebruik vir iets waaroor hulle hulle nooit kon indink nie.

Daar is net een manier om ons gebrokenheid van die verlede te hanteer – aanvaar die vergifnis wat Jesus Christus aanbied. As ons ons lewens aan Jesus Christus oorgee, word ons identiteit nie meer bepaal deur wat ons gedoen het nie, maar eerder deur wat Jesus Christus vir my gedoen het. Net omdat dit soms voel dat ons nie vergewe is nie, beteken dit nie dat Christus nie al my sonde vergewe het nie. Vir ons verlede het Hy ten volle betaal.

As dit vir my voel asof my verlede my wil oorweldig, moet ek altyd onthou: God word nie deur my verlede of my huidige omstandighede oorweldig nie.




Oppas vir jou tong

Fear not because your prayer is stammering, your words feeble, and your language poor. Jesus can understand you. —J.C. Ryle

 

Oppas vir jou tong

 

Selfs in ons kerke hoor ons soms beledigende woorde. Mense kry seer in ons kerke oor ander mense wat nie versigtig is met die woorde wat hulle gebruik nie. As so iets gebeur, is die eerste ding wat ons moet oorweeg: wie is die bron? Moenie sommer alles glo nie. Dikwels is ‘n onnadenkende opmerking net dit – ‘n opmerking gemaak deur iemand wat nie vooraf gedink het nie. Maar woorde het mag – ten goede en ten kwade.

Beide in Spreuke en Jakobus word daar gewaarsku dat die tong groot krag het en daarom versigtig gebruik moet word. Jesus self het gesê dat waarvan die hart vol is die mond oorloop. Maar Jesus Christus kan en is gewillig om ons harte te genees.

Wees baie versigtig om te kritiseer, te veroordeel of te kla. Ons sien so gou dit wat verkeerd is raak, maar sukkel maar om die goeie in ander raak te sien.  “You do not lead by hitting people over the head—that’s assault, not leadership” (Eisenhower). Om te dink voor jy praat, is selfs belangriker in ons tyd van Twitter, Facebook, e-posse en die sosiale media – niks kan teruggetrek word nie.

Plaas ‘n wag voor jou mond – vir jou en ander se beswil. Daar is ‘n ou gesegde: “It is better to be thought a fool than open your mouth and remove all doubt.”




Dood in die veld

Dood in die veld – Marius Nel

Jan Smith vra:

Antwoord:

Prof Marius Nel antwoord:

 

Skrywer: Prof Marius Nel