Geen jota of tittel
The law, in its majestic equality, forbids the rich as well as the poor to sleep under bridges, to beg in the streets, and to steal bread. -Anatole France, skrywer en Nobel pryswenner (1844-1924)
Geen jota of tittel
Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Jesus wys almal tereg wat God se opdragte ignoreer of afwater. Hy dink aan die volle woord van God: Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie (Matteus 5:18 – OAV). ‘n Jota is die kleinste letter in die Griekse alfabet; ‘n tittel is ‘n klein merk wat soortgelyke Hebreeuse woorde van mekaar skei. Jesus dink dus hier aan die geskrewe woord van God. Jesus het nooit God se woord verwerp nie – Hy het dit wel vervul en verduidelik sodat mense dit beter kan verstaan. Jesus interpreteer die woord reg en pas dit toe.