God se woord is finaal
There is more to be learned at the foot of the cross than anywhere else in the world. —J.C. Ryle
God se woord is finaal
Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
In Handelinge 17:1 – 15 lees ons van Paulus se besoeke aan Tessalonika en Berea. Die twee episodes het baie in gemeen:
- In beide begin Paulus sy werk in die sinagoge.
- In beide word God se woord verkondig en daar word oor die Skrif geredeneer.
- Tweespalt ontstaan, want sommige word oortuig en sluit hulle by Paulus aan, terwyl ander sy boodskap verwerp.