“Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.” – Winston Churchill
Moses ontmoet God in ‘n doringbos
Moses was besig om sy skoonpa se vee op te pas toe hy ‘n snaakse verskynsel sien (Eksodus 3). Hy sien ‘n doringbos wat aanhou brand, maar nie uitbrand nie. Hy stap nader om die verskynsel te ondersoek. Maar toe hy naderkom, roep God na hom uit die doringbos. God sê vir hom dat hy sy skoene moet uittrek, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond. God openbaar toe sy plan om sy volk uit Egipte te verlos.
Moses vra toe twee baie belangrike vrae:
- Wie is ek? Hoekom stuur U nou juis vir my.
- Wie is U? Wat moet ek vir die mense sê as hulle my vra wie my gestuur het.