Wie is God werklik?

Wie is God werklik?

In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

In die heel eerste vers van die Bybel ontmoet ons vir God – Hy word aan ons as die belangrikste persoon in die verhaal van die Bybel bekendgestel. Die skrywer praat nie filosofies of teologies oor God nie. Hy sê glad nie vir ons waar God vandaan kom of hoekom Hy die hemel en die aarde geskep het nie – daardie vrae wat ons so besig hou. Wat sê die skrywer vir ons van God? Hy vertel vir ons wat Hy gedoen het. Hy wys vir ons God se absolute mag en sy heerlikheid. As die verhaal begin, is Hy reeds daar. Daarom kan niks of niemand met Hom vergelyk word nie. Hy praat net en dinge gebeur. Alles is daar as gevolg van sy bevele.

 

Dit is hierdie absolute verskil tussen God en die mens wat die engele in die hemel laat uitroep: Heilig! Heilig! Heilig! As ons Genesis 1 en 2 lees, besef ons dat hierdie wêreld aan God behoort. Geen persoon of ding het ‘n plek in hierdie heelal as God dit nie daar geplaas het nie. Hy is die alleeneienaar van alle dinge.

Ons as mense moet nederig wees oor ons plek in die wêreld. Ons is nie die middelpunt van alles nie. God het ons hier geplaas; God delegeer wel ‘n sekere gesag aan die mens. Dit is afgeleide gesag wat God aan ons gee om op ‘n spesifieke manier te gebruik. Om dit baie duidelik te maak, gebruik die Bybel op ‘n paar plekke die beeld van die pottebakker en sy klei. Julle is agterstevoor met alles asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie van sy maker sê: “Hy het my nie gemaak nie”; die kleipot kan mos nie vir die pottebakker sê: “Hy weet nie wat hy doen nie” (Jesaja 29:15 – 16); Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders en iets alledaags te maak nie? (Romeine 9:19 – 24).




Hoekom moet ek die Bybel bestudeer?

“Live each day as if it is the last day, for one day, it will be.” – Anoniem

 

Hoekom moet ek die Bybel bestudeer?

Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matteus 28:20). Dit is deel van Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels. As ons dit wil doen, moet ons Jesus se onderrig en beloftes ken. Maar waar kry ons dit? In die Bybel.  Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry (1 Petrus 2:2). Dit is duidelik dat gelowiges op die Skrif moet vertrou vir geestelike oorlewing en groei.

 

Die Bybel is die woord van God. Wat beteken dit? Dit is iets wat God vir ons geskryf het. Ons kan dit sien as ‘n stem uit die hemel wat met ons praat. As die Bybel dan die woord van God is, moet dit tog elke aspek van my lewe vorm en elke besluit rig. Alles goed en wel, maar ek moet steeds weet hoe om die Bybel te hanteer – op die regte manier en vir die regte motiewe.

Hoekom lees ek die Bybel? Kom ons begin met drie verkeerde redes om die Bybel te lees.

  • Ek voel skuldig. Ek weet ek is veronderstel om die Bybel te lees en daarom doen ek dit. Dit is ook hoekom sommige mense eredienste bywoon. Hierdie skuldgevoelens gaan dikwels met wettisisme gepaard. Ons lees elke dag soveel hoofstukke en hou by die plan. Ons vergeet dat hierdie plan nie God se plan is nie. Binnekort verwag ons ander mense moet ook hierdie plan volg.
  • Status. Mense respekteer mense wat die Bybel goed ken. Natuurlik moet ons die Bybel goed ken, maar hoekom is dit nodig? Om slim te lyk? Om as die mees geestelike persoon in die kamer erken te word? Ek lees die Bybel, want ek het ‘n begeerte om God beter te leer ken; om deur sy Woord verander te word; om mense om ons lief te hê en te dien. Om die Bybel te wees om “beter” as iemand anders te wees, is verregaande.
  • Die Bybel is ‘n bron van leermateriaal. Hierdie is ‘n baie subtiele wangebruik van die Bybel. Natuurlik is dit noodsaaklik om die Bybel hiervoor te gebruik – die voorbereiding van preke, voorbereiding vir Bybelstudie … Die probleem is as ons die Bybel slegs as ‘n bron van studiemateriaal sien. Ons lees die Bybel om te luister wat God vir ons wil sê en leer. Daarom moet ons toelaat dat die Bybel ons op allerhande onverwagse maniere verander.

Volgende keer gaan ons na ‘n paar goeie redes om die Bybel te lees, kyk.




Hoe verander ons ‘n persoon se hart?

Norman Schwarzkopf


Hoe verander ons ‘n persoon se hart?

Dit is onmoontlik. Net God kan dit as deel van sy verlossingsplan doen. Die evangelie gaan nie net oor hoe om gered te word nie. Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee. Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en vir julle ‘n hart van vlees gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom (Esegiël 36:26 – 27). Dit gaan nie net oor ‘n gebed bid nie en dan te leef asof niks gebeur het nie. As God in ons lewens kom, verander ons van binne.

As God in ons lewens kom, word ons van binne verander; deur die lewe, dood en opstanding van Jesus word ons van binne nuut gemaak. God verander ons harte – Hy plaas letterlik sy Gees in ons harte. As ons iemand wat swaarkry sien, moet ons altyd onthou waarvandaan ons krag kom. God het alles wat ons nodig het om ons roeping te vervul, voorsien.

God gee krag om die harte van mense te verander: Dit is die Gees wat iemand lewend maak, die mens self kan dit nie doen nie (Johannes 6:63). Hoe doen God dit? Deur sy woord: Die hele Skrif is deur God geïnՙspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk (2 Timoteus 3:16 – 17). Hy doen dit ook deur gebed. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bis vir mekaar sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jakobus 5:16 – 17). Ons kan dit so opsom: As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe (Romeine 8:13).

Om mekaar se laste te dra is moeilik, maar dit is nie opsioneel nie. Daarvoor is die kerk daar. God se bedoeling is egter dat die kerk een liggaam moet wees en nie ‘n klomp individue nie. Hy bemagtig ons om die waarheid en transformasie in mense se lewens te bring – nie deur vir hulle traktaatjies te gee en goeie wense toe te wens nie. As ons God se roeping in die kerk wil uitleef, moet ons ons verantwoordelikheid vir mekaar baie ernstig opneem.




Dra mekaar se laste

Who you hang out with determines what you dream about and what you collide with.

And the collisions and the dreams lead to your changes.

And the changes are what you become.

Change the outcome by changing your circle.

Seth Godin

Dra mekaar se laste

Leraars rus toe. Hulle doen nie al die werk in die gemeente nie. Maar as ons ander moet dien, vra ons dadelik: Wie? En Hoe?  Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp … Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus  (Galasiërs 6:1 – 2).

 

Bediening klink intimiderend totdat ons ‘n realistiese siening van wat bediening werklik is, ontwikkel het.  Ken jy mense wat ‘n stryd het met sonde of wat swaar laste dra? Stap 1: Help hulle. Ons hou nie daarvan om by ander mense se probleme betrokke te raak nie. Maar God roep ons om ander te bemoedig, te help, uit te daag. Jy kan nie wag totdat jy eers al jou eie probleme opgelos het voor jy ander help nie.

In die moderne wêreld soek ons vinnige en maklike antwoorde vir probleme. Ons gaan selde na die hart van ‘n probleem. Is ons bereid om in ander mense se laste te belê? So dikwels sê ons net vinnig: “Ek dink aan jou. Ek bid vir jou.” Dit help hulle nie in die moeilike tyd wat vir hulle voorlê nie. Ons sien dikwels nie die werklike probleem raak nie.