Verstaan vryspraak (3)
I consider the principal enemies of the Gospel to be, not the pontiff of Rome, nor heretics…nor tyrants, but bad Christians ~ John Calvin
Verstaan vryspraak (3)
As ons verstaan wat vryspraak is, het ons nie die einde van die pad bereik nie. Uit vryspraak vloei daar sekere dinge:
- Roeping. Ons was geestelik verlore en dan kom God en Hy roep ons: Kom. Roeping word dikwels in algemene en spesiale roeping verdeel. Algemene roeping kom van God na alle mense: Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie (Jesaja 45:22). Sommige mense ignoreer of weier hierdie roeping. Maar ons word nie aan onsself oorgelaat nie – God in sy genade trek ons na Jesus Christus toe: