Author: Mitch Kalp

image_pdfimage_print

‘n Bedienaar van die nuwe verbond

Waiting for an answer to prayer is often part of the answer. —John Blanchard

‘n Bedienaar van die nuwe verbond

In 2 Korintiërs 4:1 – 6 verdedig Paulus homself as bedienaar van die nuwe verbond. Hy gee ook vir ons ‘n uiteensetting van hoe hierdie bediening gedoen moet word:

  • Paulus bedien met sy hart – hy word nie moedeloos nie. God het hom in sy genade op die pad na Damaskus ontmoet en hom geroep om die evangelie aan die heidene te verkondig. Die bediening van die nuwe verbond se heerlikheid oortref dié van die ou verbond in vryheid en transformasie. Dit gee aan hom energie en verhoed dat hy moedeloos word.

Hoe vermag jy so baie?

Reckless and incompetent expounders of Holy Scripture bring untold trouble and sorrow on their wiser brethren’ – Augustinus Hoe vermag jy so baie? Iemand vra vir Franciskus hoe dit moontlik was dat hy so baie vermag het. Hy antwoord: “Dit...

Gelowiges in ‘n kultuur wat toenemend vyandig gesind is

The place where God has supremely destroyed all human arrogance and pretension is the cross. —D.A. Carson

Gelowiges in ‘n kultuur wat toenemend vyandig gesind is

‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg (Johannes 15:20).

Volgelinge van Jesus moet ongeregtigheid verwag. Daar is organisasies wat werk vir die beskerming van die regte van Christene. Maar ons moenie onsself as ‘n spesiale belangegroep sien wat kla as mense nie van ons hou nie. God se mense het ‘n lang geskiedenis van mense wat nie van hulle hou nie.

Dit beteken nou nie ons moet daarna soek om gehaat te word nie. Dit is belangrik dat ons die evangelie reg verteenwoordig.

Terug na die Ou Testament: Die Christelike Doop (5)

Terug na die Ou Testament: Die Christelike Doop (5) – Adrio König

7.5 Los opmerkings

Daar is ‘n paar stellings aan die begin van die hoofstuk waaraan ons nog nie genoeg aandag gegee het nie.

Daar is twee groepe kerke.

  • Die een groep doop net mense wat self glo, en verwerp die kinderdoop.
  • Die ander groep doop ook mense wat self glo, maar dan ook hulle kinders.

Daar is geen kerk wat die doop van gelowiges verwerp nie. Dit sou onsinnig wees.

image_pdfimage_print