Dietrich Bonhoeffer se gedig

If you’re a beast in the pulpit but a coward in your neighborhood, something has gone wrong. —Matt Chandler

Dietrich Bonhoeffer se gedig

In April 1943 neem die Gestapo in Duitsland vir Dietrich Bonhoeffer gevange. Uit die tronk skryf hy Letters from a Prison wat na die oorlog ‘n topverkoper word. Daarin is ook ‘n gedig aan sy verloofde, Maria von Wedemeyer: “New Year 1945.” Die derde vers is bekend – eintlik beroemd

Should it be ours to drain the cup of grieving

Even to the dregs of pain,

At thy command, we will not falter,

Thankfully receiving all that is given

By thy loving hand.

 

Drie maande later word hy in Flossenbürg tronk tereggestel.

Agtien jaar later in die VSA treur ‘n ander bruid oor die dood van haar verloofde. Hierdie gedig vertroos haar. Sy gee die gedig aan haar vader, ‘n skrywer. Na nog 12 jaar – dertig jaar na Bonhoeffer se dood – kry hierdie vader ‘n brief van ‘n pastoor-vriend van hom. Die pastoor vertel vir die vader dat hy ‘n terminaal siek vrou besoek het. Hy gee die vader se boek vol gedigte aan die vrou. Hierdie gedig van Bonhoeffer is ook daarin. Sy lees die hele nag die boek. Sy vertel vir haar pastoor hoe hierdie gedigte haar vertroos het. ‘n Paar uur later sterf sy. Haar naam was Maria von Wedemeyer-Weller – Bonhoeffer se verloofde dertig jaar vantevore.




Terug na die Ou Testament: Die Christelike Doop (1)

Terug na die Ou Testament: Die Christelike Doop (1) – Adrio König

7 Die Christelike doop

Dis opvallend dat die doop dikwels ook ter sprake kom as mense wil terug na die Ou Testament. Dit lyk my nie of die regtig pas nie, want daar was nie doop in die Ou Testament nie. Dit sou eerder pas om die besnydenis te oorweeg. Ons het klaar daarna gekyk (6.3).

Gewoonlik begin mense huiwer oor die kinderdoop, maar ‘n mens kan nie die kinderdoop behandel sonder om na die doop as sodanig te kyk nie.

  • Enersyds kan ons nie met die kinderdoop voortgaan as dit nie inpas in die boodskap oor die doop in die Nuwe Testament nie.
  • Ons kan nie ander beginsels vir die kinderdoop aanvaar as vir die doop as sodanig nie.
  • En andersyds lyk dit my ‘n mens verstaan eers die kinderdoop as jy die doop as sodanig verstaan.

Abraham

Hierteenoor ‘n paar stellings wat vir my verkeerd lyk.

Die doop

Nou ‘n paar stellings oor die doop.

 

Skrywer: Prof Adrio König

 




Aan die duiwel oorgegee

Aan die duiwel oorgegee – Francois Malan

Jan vra:

‘n Vriend bel my eendag en vra wanneer kan ‘n mens iemand aan die duiwel oorgee? In 1 Kor 5: 1 tot 5 praat Paulus oor die sedeloosheid van die Korinthiërs. Daar is hoerery en in die opsig is daar selfs iemand wat sy vader se vrou het. Paulus sê dan in vers 5: om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus. Wat is hier aan die gang, asseblief?

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

Paulus se reaksie op die berig wat hom bereik het, is een van verontwaardiging, dat die gemeente oor so iets kan spog. As gesant van Jesus Christus, wat as die Here oor sy kerk regeer, spreek Paulus ‘n woord in die Naam van die Here. Die woord moet deel word van die gemeente se besluitneming, deurdat die Heilige Gees die gemeente lei om aan die woord wat van die Here deur Paulus kom, uitvoering te gee. Die gemeente moet oortuig word dat dit die pad is wat die Here vir hulle aanwys.

Om die lidmaat tot inkeer te bring, moet die hele gemeente eers tot inkeer kom en hulle siening van die seksuele lewe verander. Dit word in hoofstuk ses en sewe van 1 Korintiërs weer aangespreek. Dat hulle hulle liggame sal begin sien as ‘n tempel van God waarin die Heilige Gees woon , en dat die mens se liggaam nie vir seksuele losbandigheid bedoel is nie, maar vir diens aan die Here. Vir die verlossing van die seksuele lewe uit die kloue van die duiwel het Jesus sy lewe aan die kruis afgelê (1 Korintiërs 6:13,19-20).

In Matteus 18:15-20 word ‘n prosedure voorgestel in ‘n ander verband, wat ‘n aanduiding kan gee hoe opgetree moet word.

In Job 2:8 gee die Here Job oor in die mag van die Satan, met ‘n enkele beperking. Maar dit is ook weer ‘n ander situasie, want Job het nie in sonde verval nie.

Die pad wat Galasiërs 5:24-5 en Romeine 7:5-6 vir die gelowige aanwys, is om jou sondige natuur te kruisig deur ons aan die beheer van die Gees oor te gee. Dit sou die aangewese weg wees vir die man wat in bloedskande leef, om weer in die gemeente opgeneem te word. Maar as hy sou volhard op die pad van die sondige natuur, is hy op die pad na die ewige dood (vgl. 1 Korintiërs 6:9-11).

‘Wanneer kan ‘n mens iemand aan die duiwel oorgee?’ – ek sal versigtig wees om dit te doen. Gewoonlik gee mense hulle self aan die duiwel oor deur Jesus te verlaat. Paulus sê dat die toorn van God kom oor mense wat Hom nie eer en dank nie, en sy toorn is dat Hy hulle oorgee aan hulle eie begeertes om hulle eie lewe daardeur te verwoes (vgl. Romeine 1:18,24-32 se lys sondes). 1 Johannes 5:16-17 onderskei tussen sonde wat nie tot die dood lei nie en dat ons vir so iemand moet bid, en sonde wat tot die dood lei, waarvoor hy nie sê dat ons vir so ‘n persoon moet bid nie – al verbied hy nie sulke voorbidding nie – die sonde tot die dood gaan oor mense wat die geloof in Jesus as Seun van God wat mens geword het, verwerp, en God se gebod van onderlinge liefde versaak (2 Johannes 7-9).

 

Prof Francois Malan

 




Om ‘n oordeel oor jouself te drink met die nagmaal

Om ‘n oordeel oor jouself te drink met die nagmaal – Kobus Kok

Karen vra:

Antwoord

Prof Kobus Kok antwoord:

Karen verstaan die nagmaal reg. Die doel van die nagmaal is dat dit ‘n teken is wat ons herinner aan die lewe van Jesus en ‘n sakrament wat ons verbind aan die Christus-gebeure en God se beloftes. In die nagmaal dink ons aan, en herdenk die lewe van Jesus, en probeer ons opnuut om onsself te verbind aan ‘n lewe wat wesenlik daarvan getuig dat ons kinders van God is. Kinders van God vat God se Woord ernstig. In God se woord word ons aangemoedig, soos ons in die Bergrede (Matt 5-7) lees, om ander te vergewe en nog vele meer. Die oproep tydens die nagmaal moet eerder gekommunikeer word as ‘n belyning as ‘n oordeel. Die nagmaal belyn ons opnuut in ‘n feesmaal om ons identiteit te omhels. Dit is waar ons God se gasvryheid beleef en waar ons dan graag gasvryheid en vergifnis na buite wil straal. God se eerste tree is om ons tydens die nagmaal by die hand te vat, en nie om ons te straf nie. Daarom is die eerste ding wat met jou moet gebeur by die nagmaalstafel nie om skuldig te voel nie, maar dankbaar en ingenooi te voel. Tydens die hele proses beleef ons nuutskepping. Vrees vir oordeel wat tot “korrekte” optrede lei, klop nie die ritme van God se hart  nie. Dankbaarheid wat tot geestelike vrug lei, klop ritmies die evangelie se hart – ‘n goeie-nuus boodskap wat mense belyn om op nuut in lyn met God se wil te leef. Juis om hierdie rede moet ons versigtig wees om te maklik te dink ons drink onsself in oordeel in. As ons die nagmaal reg gebruik nooi dit ons eerder in die dampkring van God se genade, as die oordeel-kring in. Tog kan/mag niemand onaangeraak by die nagmaal verbystap nie, net soos ons ook nie onaangeraak by die voete van die Here in gebed mag wegstap nie. Ons geloofspad behels konstante groei, verdieping en vernuwing.

 

Skrywer: Prof Kobus Kok