Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (2)
No other God have I but Thee,
Born in a manger, died on a tree.
Martin Luther
Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (2)
[Ek maak onder andere van Timothy Keller se boek Encounters with Jesus gebruik.]
In die Johannes-evangelie lees ons van ‘n hele aantal ontmoetings wat Jesus met individue gehad het. In hulle antwoord Hy van die groot lewensvrae. Hier gaan dit oor Jesus se ontmoeting met Marta en Maria. Die vraag wat ons uit hierdie ontmoeting gaan antwoord, is: Wie of wat kan die wêreld weer regstel?
Mense sukkel om te glo dat Jesus waarlik God is. Hulle erken dat Jesus uniek was, dat Hy ‘n uitsonderlike Leermeester was, dat Hy ‘n wysheidsleraar was, ens. Maar Jesus eis van elkeen ‘n radikale reaksie. Moontlikhede is:
- Hy was ‘n bedrieër. Al Jesus se vroeë volgelinge was Jode. Die Jode se siening van God was so verhewe dat hulle nie eers sy Naam wou sê of skryf nie. Enige voorstel dat God swak vlees en bloed kon wees, sou hulle onmiddellik verwerp het. Die idees van God-mens het nooit by die Jode opgekom nie.