Waardes en die kerk vandag

He is a wise man who does not grieve for the things het has not, but rejoices for those which he has – Epictetus, filosoof 2de eeu

Waardes en die kerk vandag

In Filippense 4:8 kry ons ‘n lys van waardes: waarheid, edelheid, regverdigheid, reinheid, ens. Hierdie gee aan ons die geleentheid om na te dink oor die kerk se verhouding met die kultuur daar buite in die wêreld. Ons het twee basiese keuses:

  • Ons kan die huidige kultuur as Godgegewe sien; of
  • Ons kan teen die huidige wêreldse kultuur standpunt inneem en die status quo verwerp.

Paulus nooi die Filippense uit om bewus te wees van die idees en waardes in die markplein en dan te dink oor wat deur die wêreld as korrek aanvaar word. Ondersoek dan alles in die lig van Jesus Christus. Vandag sou Paulus gesê het dat ons die aanspraak van die wêreld dat alle waarheid net relatief is, moet evalueer of die stelling dat dat ons die waarheid slegs kan ken uit persoonlike ondervindings evalueer. Paulus sou wil hê dat ons weer na die wêreld se siening van verdraagsaamheid moet kyk en dit evalueer. Beteken verdraagsaamheid dat ek nie met ander oor hulle persoonlike gedrag, al sluit dit sonde in, mag praat nie? Ons mag dit nie doen nie, want ons self is nie volmaak nie. Verkeerd.

Hoe ver het ons afgedwaal van Paulus se visie van ‘n eensgesinde en suiwer gemeente?

 




Gebed bring vrede

He is no fool who gives up what he cannot keep to gain that which he cannot lose – Jim Elliot, sendeling in Suid-Ameria wat deur die mense wat hy probeer bereik het, doodgemaak is.

 Gebed bring vrede

Maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Filippense 4:6 – 7)

Die resultaat van gebed is nie ‘n groter huis of ‘n bevordering of meer geld in die bank nie. Die resultaat van gebed is die vrede van God. Hierdie vrede het geen aardse parallel nie; hierdie vrede kan nie verduidelik word nie, want dit hou geen verband met ons eksterne omstandighede nie. Dit is ‘n gawe van God.

 

Maar hierdie vrede geld nie net vir die individu nie, maar vir die gemeenskap: Christus is ons vrede, Hy sal dié twee, Jode en nie-Jode, een maak … Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring (Efesiërs 2:14 – 18). Deur God se vrede word ons een liggaam.

Paulus sê hierdie vrede sal die wag hou. Filippi was sterk onder die invloed van Rome. Daar was ‘n Romeinse wag in die stad gestasioneer. Die inwoners het die presisie van hulle tegniek, hulle dissipline, hulle meedoënloosheid raakgesien.

Paulus was ook baie bekommerd – die Filippense moes hulle gedagtes orden. Gedagtes is dit wat oorweeg word. Daarna word dienooreenkomstig opgetree. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak (2 Korintiërs 10:5). Die wêreld stop nooi sy onverbiddelike pogings om die gelowiges se fokus te skuif van God se koninkryk na sy eie waardes en ideale waarin die ek eerste geplaas word. Die hart in die antieke tyd is gesien as die setel van die mens se persoonlikheid.`

Paulus praat hier van ‘n wil wat oorgegee is aan Jesus Christus en van ‘n stukkende hart. Die gebed van so ‘n gelowige verander die wêreld.

 ons groot euwels kan vermy deur persoonlike herlewing. Toe die mense sien hy is eg en aanspreeklik, word sy toewyding aansteeklik.

 

My hart is ‘n fabriek vir afgode

 My hart is ‘n fabriek vir afgode

As ons aan afgode dink, dink ons aan beelde soos die goue kalf. Ons kry nog in sekere wêrelddele die tradisionele aanbidding van afgode. In die Westerse wêreld is afgode van die hart baie algemeen. Die hart neem goeie dinge soos my beroep, liefde, besittings, selfs familie en verander dit in finale dinge. Ons hart aanbid dan hierdie dinge asof hulle nou die middelpunt van ons lewens is. Nou glo ons hierdie dinge leer ons wat die betekenis van die lewe is – hulle word ons sekuriteit en vervulling.

 

Al hierdie dinge – nie net geld en seks – kan ‘n afgod word. Hulle word ‘n alternatief vir God. Ongelukkig gaan hierdie vals gode ons elke keer teleurstel en selfs vernietig.




‘n Deurbraak leier

It is virtue, virtue which both creates and preserves friendship – Cicero, bekende orator, 1ste eeu vC

 Jy kan dit nie doen nie! Al ooit hierdie woorde gehoor? Ek is seker Josia het dit gehoor toe hy alle afgode uit die land wou verwyder het. Josia besluit God se woord kom eerste en die wêreld tweede. Hy besluit dat onder sy koningskap sal afgodery stop. Die stappe wat hy geneem het om dit reg te kry klink bekend.

 

Die afvaardiging het so aan die koning gerapporteer, en hy het al die leiers van Juda en Jerusalem by hom laat bymekaarkom. 2Daarna is die koning na die huis van die Here toe met al die mense van Juda by hom en ook die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete, al die mense, groot en klein. Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het wat in die huis van die Here gekry is. 3Toe het die koning op sy plek gaan staan en ’n verbond met die Here gesluit en beloof om die Here te volg en sy gebooie, verordeninge en voorskrifte met sy hele hart en siel te gehoorsaam en om die bepalings van die verbond soos dit in hierdie boek vasgelê is, na te kom. Die hele volk het die verbond aanvaar.

4Koning Josia het aan die hoëpriester Gilkija, aan die priesters net onder hom en aan die drumpelwagte opdrag gegee om uit die tempel van die Here al die goed te bring wat vir Baäl en Asjera en al die hemelliggame gemaak is. Hulle moes dit verbrand buite Jerusalem op die gelyktes langs die Kedron en die as na Bet-El toe vat (2 Konings 23:1 – 4)

  • Hy roep sy kernspan bymekaar: al die leiers van Juda en Jerusalem
  • Hy vra die mense om te volg
  • Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het.
  • Hy hernuwe die verbond met sy mense in God se teenwoordigheid.
  • Hy pas dit wat hy gelees het onmiddellik toe.
  • Hy gee sy mense opdrag om die afgode te verwyder – geen uitsonderings nie.

Wat kan ons by Josia leer? Sterk persoonlike optrede vir God trek sterk mense na God toe. Hoekom was Josia so suksesvol? Die mense het op hom gereageer. Hy het duidelik tyd en energie ingespan in sy verhouding met sy leiers. Hy het sy mense doelgerig gelei en kon groot dinge vermag. Hy wys vir ons dat ons groot euwels kan vermy deur persoonlike herlewing. Toe die mense sien hy is eg en aanspreeklik, word sy toewyding aansteeklik.