Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (7)
Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (7) – Adrio König
2.4 Kolossense 2:16
Tog is daar Christene wat oortuig is dat ons Kolossense 2:16 verkeerd verstaan. Hulle meen dit gaan daarin nie om die gewone weeklikse Sabbat nie. Daar word onder andere twee argumente aangebied.
- Dit gaan hier oor ander feesdae as die gewone Sabbat. Daar sou ook ander feesdae wees wat “Sabbat” genoem was.
- Die Griekse woord vir “Sabbat” is hier in die meervoud. Dit sou bevestig dis nie die gewone Sabbat waarna Paulus verwys nie.