Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (6)

Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (6) – Adrio König

 

2.3.4 Het die vroeë Christene die Sabbat gehou?

Dis eers gaandeweg dat daar ‘n afstand tussen hierdie twee groepe begin kom het. En skynbaar was die Sabbat deel van hierdie afstand.

Ná die opwekking van Jesus word daar nooit verwys na ‘n byeenkoms van Christene op ‘n Sabbat nie. Trouens behalwe vir die een negatiewe verwysing na die Sabbat (Kol 2:16), kom die woord Sabbat nooit in die Briewe of in Openbaring voor nie.

Dit is dus verstaanbaar waarom die Sabbat skynbaar eenvoudig verdwyn uit die lewe van die vroeë Christene. Trouens indien die Christene uit die heidene wel nog die Sabbat moes hou, sou dit ‘n geweldige probleem geword het. Baie van hulle was slawe wat vir heidense eienaars gewerk het. Hierdie eienaars sou hulle nooit toegelaat het om een dag in die week nie te werk nie. In die meeste gevalle sou hulle lewe op die spel gewees het. Dit beteken dat die apostels in die Briewe baie aandag hieraan sou moes gee. Maar ons kry nie eens ‘n spoor daarvan in die Briewe nie.

Selfs ook nie in Handelinge 15 nie. Dáár gaan dit oor die vraag of die heidene wat tot bekering kom, nog die wet moet hou (15:5). Dan is die konkrete voorbeeld uit die wet die besnydenis (Hand 15:1). En die Sabbat kom nie eens ter sprake nie terwyl dit ‘n veel dringender probleem sou gewees het.

 

Skrywer:  Prof Adrio König

 




Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (5)

Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (5) – Adrio König

2.3.3 Matteus 20:24

Maar wat dan van die beroemde uitspraak van Jesus in die profetiese rede dat sy volgelinge moet bid dat hulle nie in die winter of op die Sabbat sal moet vlug nie? (Matt 24:20). Beteken dit Hy het verwag sy volgelinge sal die Sabbat hou?

Waarom nie in die winter nie? Dit sal die vlug nog swaarder maak, want in die winter is daar in Palestina reën, koue, stormagtige weer en deurweekte paaie.

In dieselfde asem sê Jesus dat hulle moet bid dat hulle vlug nie op die Sabbat moet plaasvind nie. Waarom? Seker om dieselfde rede: dit sal hulle vlug bemoeilik.

Die ander een is dat Jesus bedoel dat die Jode dit vir hulle op die Sabbat nog moeiliker sal maak. Hulle sou byvoorbeeld nie voedsel kon koop nie, en voor allerlei ander beperkings staan. Fanatieke Jode sou dit as hulle plig beskou om hulle vlug te kortwiek.

Watter een van hierdie twee betekenisse is die waarskynlikste? Sit daar nie ‘n vreemde beeld van Jesus agter die eerste een nie? Al is hulle lewe in gevaar, sou hulle nogtans die gebod moes gehoorsaam en stilsit. Is dit die Jesus van die Evangelies, die Jesus wat sy dissipels verdedig as hulle op die Sabbat koringare pluk oor hulle honger is, en siekes op die Sabbat genees? Is Hy nie die Een wat gesê het die mens is nie vir die Sabbat gemaak nie, maar die Sabbat vir die mens? (Mark 2:27)

Dit is dus sinvoller om die tweede rede te aanvaar: Dat die Sabbat dieselfde probleme as die winter sal oplewer: Dit sal omstandighede meebring wat hulle vlug sal bemoeilik. Dit beteken dat ons nie uit hierdie woorde van Jesus kan aflei dat Hy oortuig was sy volgelinge sou na sy opwekking nog die Sabbat hou nie.

Jesaja 66:22-23 sal in hoofstuk 3 behandel word.

Maar intussen is dit in elk geval duidelik dat Jesus self die Sabbat gehou het netsoos Hy getrou was aan die ander aspekte van die Ou Testamentiese kultus: die tempel, die feeste, die priesterdiens, die offers.

Maar het die vroeë Christene die Sabbat gehou?

 

Prof Adrio König

 




Die Oorsprong van sonde

Die Oorsprong van sonde – Francois Malan

Piet vra:

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Genesis 1:10,17,21,25,31 sê dat alles wat God gemaak het, goed is, dat dit baie goed is.

Van ‘n vrou wat heeltemal verswak en krom getrek was het Jesus gesê dat sy deur die Satan gebind is, en Hy het haar van haar gebrek verlos met ‘n woord (Lukas 13:12,16). Petrus vertel vir Kornelius en die gemeente in sy huis dat Jesus in die Joodse land rondgegaan het en almal gesond gemaak het wat in die mag van die duiwel was (Hand. 10:38). Jesus sê die duiwel was van die begin af ‘n moordenaar (Joh 8:44).

 “”Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n?” Hierdie vraag is dus presies die regte vraag wat ‘n goeie Jood sou vra. Die verband tussen siekte en sonde was noodwendig.

status quo van die dag deurbreek en net daar gaan die hemel bo die blinde man en die geestelik blinde dissipels oop as Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.” Hier deurbreek Jesus die logiese verband tussen siekte en sonde. Kort daarna smeer Jesus klei aan sy oog, wat volgens die Kerkvader Irenaeus herinner aan die skepping van Adam, en net daar word die man se oë herskep tot lewe.

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (4)

Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (4) – Adrio König

2.3.2 Jesus het self die Sabbat gehou

Ons het alreeds daarna gekyk. Jesus het inderdaad self die Sabbat gehou. Hierdie Christene is nou oortuig dat ons moet aanvaar sy volgelinge het ná sy opwekking daarmee voortgegaan.

Dit gaan hier oor twee sake: Oor Jesus, en dan oor die eerste Christene.

Moet ons Hom dan nie hierin navolg nie? Hy is tog ons voorbeeld.

As ons na die lewe van Jesus kyk, is dit gou duidelik dat Jesus ook baie ander dinge gedoen het wat ons as Christene nie meer doen nie.

  • Hy is besny (Luk 2:21)
  • Hy is in die tempel aan die Here gewy (Luk 2:21, 22).
  • Hy het gereeld die sinagoge en die tempel besoek.
  • Hy het die feeste van die Ou Testament gevier.
  • Hy het onreines wat Hy genees, beveel om hulle by die tempel aan die priesters te gaan wys (Luk 17:14).
  • Hy het aanvaar sy volgelinge neem hulle offers in die tempel na die altaar toe (Matt 5:23, 24).

Daar is regtig baie min Christene wat Jesus nog in al hierdie gebruike navolg! Kies ons nou eenvoudig watter, en los die ander? Kom ons kyk mooi hierna.

Jesus was nie ‘n Christen nie. Hy was ‘n Jood. Sy volgelinge is later eers Christene genoem. Selfs die dissipels en die eerste bekeerlinge was nog Jode. Die verskil met die ander Jode was net dat hulle geglo het die Messias het al gekom.

Natuurlik is Jesus ons voorbeeld (1 Pet 2:21). Natuurlik moet ons Hom navolg. Maar waarin? In sy besnydenis? In sy sinagoge-besoeke? In sy Joodse kleredrag? In die feit dat Hy nie ‘n vaste werk of ‘n vaste adres of vaste eiendom gehad het nie?

Waarin is ons geroepe om Jesus na te volg? In sy kruisdra, in sy diens aan mense in nood, in sy nederigheid, in sy reinheid, en noem maar op. Dit beteken tog nie in die formele dinge nie, maar in die geestelike dinge.

Volgende keer kyk ons na Matteus 20:24 waar Jesus sê dat sy volgelinge moet bid dat hulle nie in die winter of op die Sabbat moet vlug nie.

 

Skrywer: Prof Adrio König