Die psalms en lofprysing

If knowing God is our greatest priviledge, then knowing his gospel – “Good News” – is our greatest joy – Michael Horton

Die psalms en lofprysing

Baie psalms verwys na die gebruik van die psalm in aanbidding. Daarom kry ons verwysings na aanbiddingsgeleenthede, tempelpriesters, kore, koorleiers – party verwys selfs na die manier van sing (Voorbeeld: Met snarespel; met basstem – Psalm 6) of na die wysie (Voorbeeld: Op die wysie van “By die dood van die seun – Psalm 9) of die instrument.

 In hulle aanbidding gee die skrywers uitdrukking aan hulle verhouding met God – daar ondervind hulle God wat na hulle uitreik. Hulle skryf wie God is en wat Hy alles gedoen het vir hulle. Hierdie danksegging is ‘n openbare oefening – dit getuig in die openbaar van wat God gedoen het.

 

 In die psalms kry ons gewoonlik twee formele eienskappe van lofprysing:

Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel (100:1 – 2. Ons kry dieselfde in Psalm 95).

  • Die rede vir die lofprysing

Want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm (95:3 – 5).

Die redes vir die lofprysing is meestal ook die inhoud van die lofprysing. Tipiese redes om God te prys is sy grootheid en goedheid; sy heerskappy oor die wêreld omdat Hy die Skepper van alles is; God se trou aan Israel.

 Ons kla so baie – die regering, my finansies, veiligheid … Kom ons gebruik in 2014 die psalms om weer in dankbaarheid vir God te loof.

 

 

 




Wat bestudeer jy?

 

Leadership is. It may be good or bad. It may be recognized and assented  to or not. But it always is – Hal Miller

Wat bestudeer jy?

Amptenare van die Tesourie in die VSA , wanneer hulle geleer word om vervalste geld op te spoor,  fokus feitlik uitsluitlik op die bestudering van egte, onvervalste geld. Die doel: Hulle moet so bekend met elke klein besonderheidjie wees dat hulle onmiddellik enige afwyking sal raaksien. In plaas van afwykings bestudeer hulle die ware ding sodat hulle waar en vals kan onderskei.

 Maar ons doen dit nie met Jesus nie. As ons wil weet wat vals leer is, moet ons by die primêre bron oor Jesus begin – die vier evangelies. Daar sien ons Jesus ongefiltreerd. As die evangelies al was wat ek gehad, sou ek nie dalk anders oor Jesus gedink het nie?

 




2013 – Slegte nuus

What life have you if you have not life together?  There is no life that is not in community, and no community not lived in praise of God – T. S. Elliot

 

2013 – Slegte nuus

This light from below, which I believe to be God’s light, exposes a society that seems only to know how to reward the wealthiest while ignoring the rest – David Dykes.

Godsdiens het in 2013 ‘n groot impak gemaak – die impak van dodelike stilte. Geloofsleiers was doodstil oor  die kern etiese sake van die dag. Ons word emosioneel oor die baba in die krip; ons sing graag oor die boodskap met goeie nuus wat die skaapwagter op die oop velde om Betlehem gehoor het. Maar vir baie mense in Suid-Afrika was die nuus in 2013 nie goed nie: die werkloses, vroue, armes, haweloses … Hulle bly steeds randfigure.

 

 

Daar is geen lig in 2014 vir mense wat nie ‘n werk het nie of vir vroue wat blootgestel is aan verkragting en mishandeling … Ja, daar sal goed wees in ons mandjies vir die armes. Om geld in daardie mandjies te sit, is ‘n goeie ding, maar ons moet dit nooit verwar met die doen van geregtigheid soos God vereis nie. Daar is niks verkeerd om goed te voel as jy goed vir mense gegee het nie, maar jy moet jouself afvra: Waarom het Suid-Afrika een van die ongelykste samelewings in die wêreld? Hoekom moet ons op welsyn vertrou om menslike lyding te verlig?

 

2014 – gaan ons probeer om dit vir ‘n paar mense ‘n beter jaar as 2013 te maak?

 

 

 




Ek lees graag

God made man in his image, and man returned the favour – Voltaire

Ek lees graag

My seun, wees versigtig!  Daar kom nie ‘n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam (Prediker 12:12)

Albert Mohler het ‘n interessante blog oor lees geskryf. Ons kan nie alles lees, maar alles is ook nie werd om gelees te word nie. Natuurlik moet ons lees by die lees van die Bybel begin. Hy gee raad oor hoe/wat ons moet lees:

  • Gereelde leesprojekte. Hy verdeel sy lees in ses kategorieë: Teologie, Bybelstudies, die lewe van die kerk, geskiedenis, kultuurstudies en literatuur. Hy versamel boeke in al die kategorieë en lees hulle oor ‘n bepaalde tydperk.
  • Werk deur belangrike dele van die Bybel. Lees boeke oor spesifieke Bybelboeke – ook oor die uitleg van die verse.
  • Lees alles wat sekere skrywers skryf. Identifiseer skrywers wie se boeke jou aandag nodig het.
  • Kry ‘n paar groot stelle en lees deur hulle. Belê byvoorbeeld in die werke van Martin Luther en lees deur die hele stel.
  • Lees boeke wat jy geniet. So kan jy byvoorbeeld geskiedkundige werke of biografieë kees. Moenie vergeet om gereeld fiksie te lees nie.
  • Skryf in jou boeke; merk hulle; maak hulle jou boeke. Boeke moet gelees en gebruik word – nie bymekaargemaak word nie.

 

Lekker lees in 2014