Is ons gelukkig?

The character of a life is not set in two or three dramatic moments, but in 10,000 little moments. —Paul Tripp

 

Is ons gelukkig?

As toekomstige geslagte sou terugkyk na ons geslag sal hulle sekerlik sê: “Hulle het so baie gehad, maar hoekom is hulle so dikwels ontevrede en ongelukkig?”

 Every metric of society is improving yet every metric of our well being is in steady retreat for the past two decades. Depression rates are up, stress levels are up, we feel less connected to one another and we feel less meaning in our lives.  

 

Hierdie kom uit ‘n verslag van navorsing wat deur die Universiteit van Harvard gedoen is. Talle navorsingsverslae – ook sekulêre navorsing – bevind ook dat mense wat godsdiens beoefen baie goed korreleer met die vlak van hulle gevoel van geluk.

 Spiritualiteit is soos fisiese fiksheid, emosionele welstand en sosiale bande – dit is noodsaaklik vir die welstand van mense. Een groot probleem: soos alle ander gebiede van fiksheid vereis dit toewyding en harde werk. Dit moet meer wees as net vae idees oor God. Ek kan tog nie fiks word deur mense wat fiks is te bewonder nie.

 Wetenskaplikes sê dat godsdiens beslis nie vir alle mense iets natuurlik is nie. Daarom moet sommige van ons harder werk as ander. Aanvanklik sal dit voel asof ons stroomop  swem. Maar hierdie harde werk is beslis die moeite werd.

 Word geestelik fiks in 2014.




Die kerk as familie

To be honest is to confront the truth. However unplesant and inconvenient the truth may be, I believe we must expose and face it – Martin Luther

 

Die kerk as familie

‘n Baie algemene beeld wat van die kerk in die Bybel gebruik word, is die van ‘n familie. Watter implikasies het dit? Kom ons kyk na ‘n paar:

  • Die lede versorg mekaar

In ‘n disfunksionele familie is die lede selfsugtig, onafhanklik en individualisties. Hulle probeer nie om mekaar beter te leer ken nie; hulle versorg nie mekaar nie. Maar wat help dit my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red? Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood (Jakobus 2:14 – 17).

Ware geloof word uitgedruk in liefde vir jou medegelowiges. Jakobus praat nie hier oor Bybelstudie nie, maar oor liefdesdae. Ons omgee vir medegelowiges is meer as net geestelik – ons moet ook in hulle fisiese behoeftes voorsien.

 

  • Die lede spandeer tyd saam

Lede van ‘n familie spandeer tyd saam – tyd om mekaar beter te leer ken. Dit beteken nie net tyd tydens die geskeduleerde byeenkomste nie, maar ook buite hierdie byeenkomste. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede … Hulle het elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in eenvoud geëet (Handelinge 2:42, 46). Die moderne mens is egter bang vir intimiteit – ons wil nie weet wat in mekaar se lewens aangaan nie.

 

  • Die lede het mekaar lief

Groet al die medegelowiges met ‘n soen van Christelike broederskap (1 Tessalonisense 5:26). Wat hierdie vers basies sê, is dat ons ons liefde vir medegelowiges sigbaar moet uitdruk.

 

  • Die familie groei

Die getalle neem toe of deur natuurlike aanwas (nuwe kinders) of deur die uitgebreide familie. Net so in die kerk. Daar moet gedurig nuwe bekeerlinge bygevoeg word, maar daar is ook gelowiges wat van ander kerke kom.

 

  • Die lede deel die verantwoordelikhede

Elke lid van die familie het ‘n spesifieke rol wat hy/sy moet vervul. In 1 Johannes 2:13 – 14 skryf Johannes aan die vaders, die jongmense en die kinders en wys elke groep op hulle verantwoordelikhede

 

  • Die lede weerspieël die drie-enige God in hulle verhoudings

In 1 Johannes 1:1 – 3 lees ons:

Van die begin af was Hy daar.  Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak.  Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom;  ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê.  En die gemeenskap waarvan ons deel het, is dié met die Vader en sy Seun, Jesus Christus.

Hierdie gemeenskap van gelowiges is die lewensbron van die kerk.

 

Kyk ons na hierdie implikasies is dit duidelik dat baie gemeentes maar disfunksionele families is.

 




Lyding en swaarkry: Opsomming

If we are not supposed to know for certain whether God does everything in salvation, then … I ask you, what is useful to be known – Martin Luther.

Lyding en swaarkry: Opsomming

Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.

As ek die Bybelse teologie van lyding verstaan, sal ek nie verbaas wees as hartseer, pyn en verlies kom nie. Ek sal dan in staat wees om te reageer op die verskillende maniere waarvan die Skrif praat. Hier is tien riglyne:

  1. .Lyding is nie uniform nie. Daar is verskillende tipes lyding wat verskillend hanteer moet word. Die vier belangrikste groepe is:
  • Lyding as gevolg van verkeerde gedrag. My gevoelens is dié van skuld en skande.
  • Lyding as gevolg van aanvalle van ander mense. Ek is kwaad en in opstand.
  • ’n Meer universele lyding wat alle mense kan tref, maak nie saak hoe hulle leef nie – dood van ’n geliefde, siekte, finansiële terugslae, ens. My gevoelens is dié van hartseer en selfs vrees.
  • Lyding wat aaklig is – iemand stap by ‘n skool in en skiet ‘n klomp kinders dood. My reaksie is om kwaad te word … selfs vir God.

Elke vorm van lyding deel sekere algemene tekens en word basies op dieselfde manier hanteer, behalwe dat vir elke groep daar spesifieke hantering moet bykom.

4.Vertrou op God se wysheid en sy liefde. Hy is soewerein. God is deur die lyding waardeur ek nou gaan. Jesus het self gevra dat die beker by Hom verby moes gaan, voordat Hy gesê dat God se wil en nie syne nie, moet geskied. Ek moet stry totdat ek ook kan sê: Here nie my wil nie, maar u wil.

5.Bid. Job het gekla en selfs sy geboortedag vervloek, maar hy kla by God, hy stry met sy lyding voor God. As ek ly, moet ek my Bybel lees, bid, deel bly van die geloofsgemeenskap al is dit soms pynlik. Ek moet vra dat God my help om Hom lief te hê ten spyte van my swaarkry.

6.Ek moet in my denke gedissiplineerd wees. My perspektief moet bepaal word deur te onthou wat God alles in die verlede vir my gedoen het … en nog vir my gaan doen. Ek moet na my hart luister, maar ook met my hart praat en redeneer. Dit het natuurlik met my Christelike hoop te doen.

7.Ek moet selfondersoek doen. Dit beteken nie dat my lyding altyd die gevolg van my sonde is nie – soos Job se vriende geglo het. Job het in sy lyding gegroei. Ek moet elke keer as ek ly, vra hoe ek kan groei.

8.Herprioritiseer my liefdes. Lyding wys vir my dat daar dinge is wat ek te liefgekry het – liewer as vir God. Lyding vererger as ek goeie dinge in finale dinge verander. Lyding is positief as dit my leer om God liewer te hê as vantevore. Dit gebeur as ek God se lyding in Jesus Christus vir my as ‘n feit erken.

9.Ek moet my nie afsonder nie – ek moet deel van die geloofsgemeenskap bly. Ek moet vir my ’n gemeente kry waar hulle mense wat swaarkry liefhet en ondersteun. Afsondering sal net my lyding vererger,

10.Ek moet genade en vergifnis wat God aan my gee, aanvaar – en dieselfde aan ander doen. As lyding my sondes openbaar, moet ek leer om berou te hê, my te bekeer en om by God versoening te soek. Ek moet leer om te vergewe as ek ly as gevolg van ander mense se ongeregtighede.

 




Hoop as ek swaarkry

The purpose of life is the quest for truth – Daniel Thrapp

Hoop as ek swaarkry

Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.

1Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie. 2Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het. 3Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees. 4As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.”

 

5Die oomblik as ek my hoop verloor, word my lyding ondraaglik. Hier, reg aan die einde van die Bybel, kry ons dié finale hoop. Johannes skryf hier vir mense wat huil, hartseer is en pyn ondervind – wat slegte dinge ondervind. Ons weet dat toe Johannes Openbaring geskryf het aan die einde van die eerste eeu is die Christene erg vervolg. Johannes gee aan hulle nuwe hoop – ‘n splinternuwe hemel en aarde. Daarom kon die Christene die vervolging en lyding aanvaar en hanteer. Dit was so opmerklik dat die mense wat die Christene sien ly en sterf het, besef het hierdie mense het iets wat hulle nie gehad het nie – lewende hoop.

Hoe ek nou leef, word bepaal deur wat ek oor die toekoms glo. Glo ek dat hierdie lewe wat ek nou leef al vreugde is wat ek gaan beleef? Dit is een manier om oor die toekoms te dink. Daar is egter ook ‘n tweede manier. Glo en aan die splinternuwe hemel en aarde? Glo ek dat by die oordeelsdag elke bose daad en elke ongeregtigheid reggestel sal word?4As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.” Glo ek in ‘n toekoms van eindelose vreugde? Wat ek oor die toekoms glo, bepaal hoe ek my lyding vandag gaan hanteer.

In die VSA het die slawe die sogenaamde spirituals gebruik om hulle swaarkry te hanteer. Geen onderdrukking kon hulle hoop blus nie. Hulle hoop het vasgestaan, want hulle het geglo dat God se beloftes nie net simbolies is nie – dit is ‘n werklikheid.

Ek het ook dinge wat my soms plat druk. Die groot waarheid van die vroeë Christene se hoop is steeds daar – dit is ook my hoop. Hoe weet ek hierdie toekoms is ook vir my? Ek kan seker daarvan wees as ek in Jesus Christus glo.