Jakob se leer
It is time for less dialogue and more monologue – with God doing the talking – Daniel Bloesch
Jakob se leer
In Genesis 28 lees ons van Jakob op pad na Haran. Hy kom by ‘n plek waar hy kon oornag. Met ‘n klip as kopkussing raak hy aan die slaap. Hy droom: ‘n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer. Al die aksie kom van God se kant af. Jakob slaap en God maak sekere beloftes aan hom: Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee. Hulle sal so baie wees soos die stof van die aarde … Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al mag gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie.
Daarna skrik Jakob wakker en sê: Die Here is op hierdie plek … Jakob het bang geword … Dit is niks anders as die huis van God; dit is die poort van die hemel.